Quantcast
Channel: Hygliteratuur – LitNet
Viewing all 43 articles
Browse latest View live

Droom van jou #2

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek het gedroom dat ek en jy movies gelê en kyk het. Lekker onder ’n fleece kombers snoesig voor die grootskerm-TV met die surround sound wat blêr soos die skote klap in die aksiefliek.

Dit is donker in die TV-kamer en die enigste lig in die vertrek kom van die TV af. Die mure is ’n donker pastelbruin wat geen lig reflekteer nie.

Ek lê op my rug met my kop op ’n kussing en jy lê met jou kop op my bors en jou hand streel rustig en liggies my bors. Ek ruik die sjampoe in jou hare en die reuk van jasmyn vul my neus. My arm omvou jou en rus op jou skouer. My vingers streel op jou skouer en ek gly dit af oor jou skouer na jou elmboog. Ek voel hoe jy in hoendervleis uitslaan en ek kry ’n stil smile op my gesig. Ek dink myself in as jy so in hoendervleis uitslaan of dit dieselfde effek op jou borste sal hê. Ek gee jou ’n ligte soen op jou kroontjie en toe ek my lippe wegneem, kyk jy op na my. Die lig van die skerm maak blink beelde in my oë. Jy glimlag vir my en ek glimlag terug. Ek gee jou ’n stywe druk terwyl ek voel hoe jou oë intens na my staar. Meteens weet ek dat fliek kyk nou iets van die verlede is.

Ek begin van my rug af draai en jy draai instinktief op jou rug. Ons kyk vir mekaar in die oë en ek beweeg nader en gee jou ’n sagte soen en beweeg weer terug en kyk jou stip in die oë. Jy kyk intens in myne. Die volgende oomblik gryp ons mekaar. Jou hande weerskante van my borskas. Langs jou kop my regterhand waarmee ek my gewig oor jou stut. My linkerhand onder jou kop met my vingers in jou hare. Ons lippe styf en sappig teen mekaar. Ons tonge wat speels ontmoet soos ’n oerdans tussen twee lovers. ’n Dans wat albei weet waar dit gaan eindig, maar nog steeds as ritueel gedoen word.

Die geraas van die surround sound en die oorlog op die skerm is al lank vergete en heeltemal uitgesny van die heelal wat net uit ons twee bestaan vir die oomblik. My lyf begin reageer op die passievolle gevry en ek kan voel dat ek styf is soos ek lank laas was. Ek weet jy kan dit ook voel soos my liggaam gestut oor jou gestrek is. Ek weet dat jy my teen jou lies kan voel. Ek kan jou vol borste teen my voel en ek kan ook jou tepels teen my voel, klein getrek van opwinding, en dit druk trots teen my om te verklaar dat jy nou myne is, al is dit net vir vanaand.

Ek skep asem en ons albei se asems is hygend van opwinding en ’n dringendheid van lus en passie. Ek draai terug op my rug en voel hoe my hart intens klop. Ek voel hoe hy ook in my broek klop en dat dit ’n klop is wat verlos wil word. Jy draai op jou sy en dan verder tot bo-op my. Jy sit oor my en rus nou vol met jou sagte vroulikheid bo op my. Ek sê vir jou dat ek jou nou definitief van jou en my klere sal moet verlos. Jy trek jou top uit en jou borste groet my met glorie. Vol borste met klein donkerbruin tepels staan trots en soebat vir aandag. Aandag wat ek dadelik gee, want ek sit regop en dadelik met my lippe eers op jou linkertepel terwyl my hande sagkens jou borste brei. Jou asem hyg van die aandag. Jou liggaam geniet my aanraking, jou vroulikheid straal hitte uit op my manlikheid. Jou heupe begin stadig vorentoe en agtertoe maal op my, ritmies en intens. Ek kan die warm klammigheid van jou begin voel. My hande sak af en ek begin jou broek se knoop loswoel. Die ritssluiter gly af en my vinger voel die sagte kant wat jou vroulikheid toeskerm. Ons is terug in die vurige gesoen van vroeër. Jy skuif effens terug en begin my broeksknoop losmaak. Ek voel die verligting soos my manlikheid bevry word.

Ek lig jou van my af en skuif af na jou voete. Ek neem jou broek langs jou heupbeen sommer saam met jou kantbroekie en begin jou ontklee. Nie eers met grasieuse beweging nie, ons is al lank verby daardie tyd. Ek sien jou skoongeskeerde skaamlippe en ek kan die geklop voel in my manlikheid. Ek ruk dadelik my broek af tot op my enkels en trap ongeduldig uit hom uit. Jou hand gaan instinktief na jou skaamlippe toe met die sien van my stywe voël wat penorent staan, soos ’n spies wat gemaak is om oorlog te voer. Met dié dat ek sien hoe jy jouself aanraak, gaan my hand instinktief na my voël en gee hom ’n harde druk en trek my voorvel terug sodat die kop nou heeltemal ontbloot is. Ek kan sien hoe jou natheid blink in die TV-skerm se lig en kyk dan af en merk op dat ek self natheid afskei wat glinster in die dansende ligweerkaatsing in die vertrek. Ek sak af op jou en moet soos ’n oermens eers proe aan geskenk wat hier voor my pronk. Ek proe jou en kan die frank smaak inleef. Die muskusreuk in my neus vul die vertrek. My tong dans en terg jou klit. My duime vlek jou oop en ek liefkoos jou totdat ek die ritmiese beweging in jou heupe op my nek en kakebeen kan voel. My tong terg jou nou meer intens en ek voel jou asemhaling raak meer ongereeld en vlak. Jy kreun liggies en meteens vloei die orgasme oor jou en jy kom met ’n harde kreet. Ek skuif op en ontmoet jou gesig soos my kop tussendeur jou borste gly. Toe my lippe joune raak, voel ek terselfdertyd hoe my voël se punt jou nattigheid bereik. Ek beweeg my heupe effens en jy kan voel hoe my voëlkop jou binnedring. Ek penetreer jou met my spies, ’n spies wat nou in seremonie gaan oorlog maak.

Ek begin my nou al hoe dieper in jou instoot, sonder om op te hou om jou vurig te soen. Ek stoot jou stadig met diep hale wat ek later met korter hale begin afwissel. Jou liggaam reageer goed op die korter hale en ek kan voel hoe jou heupe weer begin deelneem in hierde oorlogsdans. Ek voel self hoe my liggaam begin reageer en voel hoe my balsak begin saamtrek, deel van die oorlog. Hierdie oorlog gaan gewen word. Die volgende oomblik breek ek ons soen en sak my mond na jou oor. Ek voel hoe jou liggaam verstyf en jou heupe ruk. Jy voel hoe ek binne jou begin klop. Ek roep uit dat ek gaan kom. Ek voel hoe jy ook saamtrek. Jy roep ook in ’n kreet uit dat jy kom. Ek voel die oorlogshale oor my rug soos jou naels die eerste bloed trek van die oorlog. Jy voel hoe jy gevul word met my buit van die oorlog. Meteens sak ek neer op jou. Uitasem. Ons albei hyg en giggel soos twee tieners en ek weet dat die glimlag op my gesig slegs deur slaap vanaand sal afwas.

The post Droom van jou #2 appeared first on LitNet.


LêNet: Aanpassessie

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

My goeie vriendin wat ek so een maal ’n maand sien, vertel my dat sy sukkel om wit jeans te kry wat sy van hou, en wat mooi pas. So loop ek in ’n bekende winkelsentrum in Pretoria in en sien wit jeans wat nou net uitgepak is, en besluit om haar te verras.

Opgewonde stap ek die winkel uit met die pakkie en bel haar. Sy is vreeslik nuuskierig, en al wat ek sê is dat ek ’n verrassing het vir haar. Sommer dadelik maak ons ’n plan om mekaar te ontmoet, en sy besluit dat sy na werk gou ’n draai sal kom maak.

Toe ek by die huis kom, besluit ek om gou te stort voor my gas aankom. Terwyl ek stort, daag sy al op en stap deur die huis na die badkamer, en loer by die stortgordyn in om hallo te sê. Sjoe, wat ’n verrassing. Ek het nie geweet sy gaan vroeg wees nie.

Ek klim toe net so uit die stort uit en vra haar om vir my ’n handdoek aan te gee. Sy vat haar tyd en kyk my eers van bo tot onder waar ek kaal en nat voor haar staan. Onmiddellik voel ek daar is ’n klopping in my voël, en ek sien hoe hy stywer word. Gelukkig draai ek gou die handdoek om my lyf en stap saam met haar terug kamer toe.

Ek het haar pakkie onder die kopkussing weggesteek, en sê toe sy moet hom soek. Dit vat haar nie lank om die pakkie te kry nie, en vinnig haal sy haar wit jeans uit. Met ’n groot glimlag spring sy op en val my om die nek, en soen my dat my ore tuit. Wow, ek het dit nie verwag nie en net daai soen was betaling genoeg.

Speels sê ek vir haar om hom aan te pas, want ek wil sien hoe lyk daai lang bene in so ’n stywe wit jean. Ek snak na my asem toe sy haar langbroek losmaak en vinnig uit haar klere spring. Sy het nie ’n pantie aan nie, en ek voel hoe die bloed uit my hoof afsak na my voël toe. Stadig trek sy die klein jean aan wat nou lyk of dit aan haar lyf geverf is en sy zip die broek baie stadig en sensueel toe. Ek sien net hoe daardie klein “landing strip” agter die klere verdwyn. My voël staan nou bultend teen die handdoek en sy sien dit en kom nader om my dankie te sê. Shit, sy is evil, want haar een hand streel my kloppende paal terwyl sy my oopmond met ’n warm tong soen.

My hande gly nou oor haar sexy boudjies wat nou so ferm onder die stywe wit broek lyk, en ek voel hoe sy nader druk teen my nat liggaam. Ek voel haar mooi borsies teen my kaal bolyf druk. Nou weet ek wat ek wil hê, en dit is om daardie stywe wit broekie van haar lyf af te skil en haar liggaam te penetreer met my klipharde voël wat nou stokstyf orent staan. Die tyd is teen ons, sê sy saggies, want sy moet huis toe gaan ... terwyl ek haar broekie oopzip en haar op die bed laat lê om die stywe broekspype af te trek. Sy glimlag stout en los my om haar uit te trek. Hierdie sal ’n “quickie” moet wees, sê sy saggies in my oor terwyl ek die handdoek om my lyf losmaak en sy my harde paal in haar hande vat. Haar hande is altyd so sag en warm, en ek kan myself nie verder keer nie. Ek druk haar neer op die bed terwyl sy haar lang bene oopmaak en ek ’n pragtige “view” kry van haar mooi-versorgde poesie. Die lippies blink van die nattigheid en ek weet sy is ook lus vir ’n vinnige sessie. Vandag gaan daar nie voorspel wees nie, dink ek terwyl ek myself bo-op haar laat neersak.

Sy vat my harde kloppende piel in haar sagte handjies en druk hom stadig tussen haar nat lippe in. Sonder moeite gly ek tot diep binne-in haar, en ek hoor ’n sagte kreun. Onmiddellik begin ek haar doelgerig stamp, en met elke stoot sak ek dieper in haar sagte binneste weg. Sy ontvang my ritmies met haar rollende heupe en die mooiste sagte kreune wat my net aanmoedig om harder te stoot. Haar asemhaling is kort en vinnig en haar oë is toe. Sy is in ’n “trance” en geniet elke oomblik van ons liefdemaaksessie. Skielik voel ek hoe haar lyfie hier onder my saamtrek, en sy gryp my styf vas terwyl ’n onderdrukte gil uit haar keel ontsnap. Ek voel haar klimaks teen my lyf en ek besef ek is ook naby. Met die volgende harde stoot voel ek die golf van ekstase opbou in my, en dan bars ’n dam binne-in my los toe ek kom. Vir ’n oomblik sien ek swart kolle voor my, so intens is die klimaks. Onophoudelik spuit ek haar koekie vol kom, terwyl ons styf in mekaar se arms vasgeklem is.

My asemhaling bedaar en ek kyk diep in daardie mooi groen oë van haar. Met ’n tevrede glimlaggie op haar gesig soen sy my weer intens, en ek besef dat sy ’n baie spesiale persoon is wat ek hopelik vir altyd in my lewe gaan hê.

Vyf minute later is sy aangetrek en haastig op pad terug huis toe. Skielik voel dit so stil hier waar ek nog kaal staan en droom van die ongelooflike onbeplande middag wat ons gehad het. Nou dink ek so in die stilligheid: ek is mos môre-oggend af. Ek wonder of sy nie weer sal oorkom vir ’n “second helping” nie ...

(Word vervolg)

The post LêNet: Aanpassessie appeared first on LitNet.

My beste naweek ooit

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek en my kollegas en vennote het besluit om ’n naweek af te vat om ’n strategiese werkswinkel te hou oor die besigheid. Die see was die antwoord en ons is Vrydag vroeg oggend op pad. Daar aangekom het ons vinnig uitgepak en ek was aangenaam verras toe ek sien ek deel nie ’n kamer met iemand nie. Ons is af strand toe om iets te kry om te eet – en drink – toe ons later ’n bussie opmerk wat in ons oord stop met ’n klomp vrouens in.

Dadelik stap ons terug, elk met ’n bier in die hand om te gaan kyk of ons kan help met die bagasie. Hulle is hier op ’n ladies’ weekend. Ek kon my oë nie glo toe daar ’n lang brunet uitklim wat ek dadelik erken as ’n vriend van my se vrou nie. Sy groet ook vriendelik en die girls bestel cocktails toe hulle terugkom van hulle chalets af. Intussen het ons ’n tafel nader getrek en nooi hulle om saam te kuier. Die brunet – kom ons noem haar M – kom sit oorkant my en almal kuier lekker saam. Ek en M chat oor ons vorige vakansies saam, en ek sê ons sal maar die beste van die naweek moet maak sonder ons gades. Sy knik net vir my en smile, en ek kry sommer vlinders op my maag. Nie lank nie of ons voete raak aan mekaar onder die tafel. Ek wou my voete wegvat, maar sy kyk my stip in die oë en gee my ’n ondeunde laggie. Ek weet toe sy wil speel en knik net terug. Dadelik begin haar voet teen my been op beweeg en ek voel hoe ek ’n horing kry. Sy hou nie op nie en stop met haar voet tussen my bene. Haar mooi glimlag verbreed toe sy voel ek is hard. Ek laat sak my hand ongemerk onder die tafel in en speel met haar voete. Hulle is so mooi versorg en die toonnaels bloedrooi geverf.

Sy het ’n blou skouerlose rokkie aan en ek kan sien aan haar bewegings dat daardie groot volronde borsies nie vasgevang is in ’n bra nie. Hulle spring so saggies op en af as sy lag, en ek verbeel my ek sien haar tepeltjies harder word deur die sagte materiaal. Ek wens ek kan met daardie mooi borsies speel, en my gedagtes laat my nog ’n harder horing kry.

Dit is volmaan, en na ete die aand stap ek af strand toe om te gaan foto’s neem. Nie lank nie of ek hoor iets agter my, en toe ek omdraai staan sy daar. Kaalvoet op die strand en kamera in die hand. Sonder om te dink stap ek nader en vou my arms om haar. Sy druk haar hele lyf teen my en ek voel hoe warm haar borste teen my druk. Ek het net ’n dun swembroek aan en sy kan voel hoe ek styf word teen haar. My hande begin bewe van opgewondenheid, en ek soen haar liggies sonder om ’n woord te sê. Sy soen harder terug en maak haar mond oop. Ons tonge raak aan mekaar en ons lywe vryf teen mekaar. Sy geniet die stywe paal in my swembroek en ek laat sak my hande oor haar rug en vat haar stewige boudjies wat ek altyd bewonder het, styf vas. Sy druk haar onderlyf stywer teen my, en ek voel die knop van haar koekie teen my druk. Sy sug saggies, en ek vra haar waar haar kamer is. Sy sê nommer 8. Ek glo dit nie, ek is nommer 9 reg langs haar. Die enigste probleem is sy deel ’n kamer met haar vriendin.

Ons stap in stilte terug na die kompleks en sien die meeste mense het gaan slaap. Half teleurgesteld groet ons en ek gaan kamer toe. Nie lank nie of ek hoor ’n sagte klop aan die deur. My hart spring amper uit my keel toe ek die deur oopmaak. Daar staan M in die maanlig met net ’n stywe toppie aan en ’n lang pajamabroek. Sonder woorde trek ek haar in en maak die deur toe. Dadelik sê sy haar vriendin slaap, en ons het nie baie tyd nie.

Ek vat haar weer styf in my arms en ons soen hartstogtelik. Ek kan voel hoe haar warm liggaam teen my druk en my hande gly bewerig van opwinding oor haar stywe toppie. Haar borste voel so sag onder die materiaal en ek knyp haar nippels met my vingers. Sy kreun saggies, en toe weet ek sy geniet dit, en druk haar op die bed neer.

Haar hande streel oor my dun slaapbroekie wat ek aan het, en sy vat my harde paal stewig vas. “Mmmm,” sê sy saggies en trek my broek uit. My voël spring uit die broek en staan regop toe sy hom met haar sagte hande masseer. Intussen het ek haar toppie opgelig, en sy help gewillig om hom oor haar kop te trek. Haar volronde borsies is mooier as wat ek gedroom het en haar nippeltjies staan styf in die donker vertrek, met net die maanlig wat deur die gordyn skyn. Ek soen haar in die nek en gaan stadig oor haar borste na haar plat magie toe. Daar huiwer ek by die naeltjiering en druk my tong in haar naeltjie. Sy kreun weer saggies en sê sy hou daarvan, ek moet aangaan. Hier vlak voor my oë sien ek die knop wat weerbarstig teen die pajamabroek druk, en ek laat gly my een hand onder die rek in terwyl ek met my mond volg. Nou begin sy harder asem haal, en sy lig haar heupe op sodat ek die broekie kan aftrek.

Wat ’n wonderlike gesig is dit nie. Die ronde opgeswelde lippies wat glinster van die nattigheid in die maanlig, en ’n netjiese dun ry haartjies wat onlangs kort geknip is. Ek kan nie langer wag nie en druk my mond op haar heuweltjie en begin stadig met my tong haar lippies oopmaak. Sy haal nou vinnig asem en ek glip een vinger in die nat slootjie af tot by die warm tonnel, wat nou papnat is. Ongeduldig sê sy vir my om op te klim en ek laat my nie twee keer nooi nie. Sy maak haar bene wyd oop om my paal te verwelkom en ek sak stadig op haar af. My klipharde voël gly gemaklik tot in haar diepste binneste, en sy steun ’n bietjie harder toe haar heupe ritmies begin beweeg. Haar dosie voel so sag en warm soos marshmallows wat in koffie gedip is, en ek begin al hoe harder en dieper my paal in haar lyf instamp.

Geleidelik hoor ek hoe sy al harder kreun en ek voel haar liggaam sidder met sametrekking, en toe ontplof sy styf in my arms. ’n Harde gil ontsnap diep uit haar keel en ek voel hoe die spasmas diep uit haar ingewande na die oppervlak kom. Ek is net so naby aan ’n orgasme en besluit om nie terug te hou nie. My rug trek krom en ek voel ’n geweldige orgasme opbou. Met die volgende stoot diep in haar gladde koekie spuit ek my saad met sarsies wat nie wil ophou nie. Sy kreun en lag en druk haar hele lyf nog stywer teen my, en so lê ons in mekaar se arms totdat ons asemhaling weer normaal is.

Rustig raak ons so aan die slaap.

Die volgende oggend toe ek wakker word, is sy weg. Sy moes in die nag teruggesluip het na haar kamer toe voordat haar vriendin wakker word.

Na ’n lekker stort sien ons die klomp dames afstap strand toe na waar die bote launch. Heelwat later toe hulle terugkom, hoor ons hulle het gaan snorkel en dolfyne kyk, en ook op ’n walvis en haar kalfie afgekom, terwyl ons gaan duik het.

Die atmosfeer by die ontbyttafel was luidrugtig tussen die meisies oor die opgewondenheid van die oggend se bootrit. Ek en M het net so vlugtig oogkontak gemaak, en kon sweer sy het gebloos. Later verdwyn hulle weer strand toe en ons sien hulle stap in die rigting van die beach bar so 500 meter weg.

Ons het begin volleyball speel op die strand met ’n cooler box naby. Nie lank nie of almal is vol sand, en ons maak die laaste paar biere klaar, en besluit om sommer die sand af te spoel in die branders. Ek maak toe ’n voorstel dat ons na die strandkroegie toe stap, aangesien ons biere klaar is, en almal stem saam, want hulle is dors na die volleyball.

Daar aangekom, tref ons die dames aan wat agter ’n groot tafel vol cocktails sit. Hulle nooi ons luidkeels om nader te kom, maar slegs as ons vir hulle nog ’n ronde cocktails sal koop. Gretig bestel ons die drankies en die kuier tel spoed op. Later word strafdoppe uitgedeel aan enigiemand wat iets verkeerd doen. M het al ’n paar strafdoppe in en sy is die luidste van almal. Toe ek langs haar gaan sit, voel ek dadelik haar been teen myne skuur, en haar hand so vlugtig oor my bobeen vryf. Onmiddellik begin my voël in my swembroek klop, en ek gaan staan eenkant by die kroeg waar dit minder opsigtelik is. Met die volgende ronde drankies kom staan M weer teen my, en vra wat is ons planne vir vanaand. Met ’n klomp mans bymekaar is daar mos nie planne nie, sê ek. “Mooi,” was al wat sy sê, en draai om en stap terug na haar maatjies toe. Die vlinders baljaar weer op my maag oor die onsekerheid van wat voorlê.

Na aandete het die meisies na hulle kamers gegaan, en ek het half teleurgesteld by my kollegas gesit en kuier tot die kroegman laat weet dis die laaste ronde. Ek het my drankie kamer toe gevat, en gemerk dat die meeste van die kamers donker is. So … almal het vroeg gaan slaap na die lang dag in die son en op die strand. Ek het gaan stort en net toe ek uit die badkamer kom is daar weer ’n ligte klop aan my deur.

Daar staan M toe in haar wit ski-pants en rooi toppie wat sy vroeër aangehad het, en ’n koppie in haar hand … verruklik mooi. Sy moes die frons op my gesig gesien het, en verduidelik dat sy nou moet koffie drink na al die alkohol van vandag. Vinnig maak ek vir ons koffie terwyl ons die dag se gebeure bespreek. M het intussen op die bed gaan sit, en toe ek nader kom met die koffie, trek sy my aan die handdoek nader wat nog om my lyf gedraai is. “Ek het ’n verrassing vir jou as jy belangstel,” sê sy saggies, met ’n stoute glimlag. “Wat is dit?” vra ek onseker, en sy sê sy kan ’n spesiale bj doen met koffie. Sonder om verder te praat maak sy die handdoek los om my lyf, en my harde paal spring weer orent, hier reg voor haar gesig. Sy vat ’n slukkie koffie, hou dit so ’n oomblik in haar mond voor sy sluk, en begin met ’n asemrowende bj. Daardie warm gevoel kan jy aan niemand beskryf nie. Ek gaan lê langs haar op die bed terwyl sy weer ’n slukkie koffie vat, en dan aangaan om my voël te suig. Haar warm asem, nat mond en sagte tong en lippe laat my kloppende paal enorm lyk in haar klein handjies. Terwyl sy besig is, trek ek haar klere uit. Sy het die mooiste rooi onderkleertjies aan, en ek bewonder dit eers voor ek dit ook uittrek. Ek is nou te lus vir hierdie lang brunet, en rol haar nader, en oor my. Baie behendig klim sy op my klipharde paal en kry dadelik ’n ritme met haar heupe. Sy ry my al hoe vinniger en kort-kort kom daar so ’n sexy kreungeluid uit haar keel. Skielik stop sy en sê ons moet net ’n oomblik wag, sy wil nie nou al kom nie. Ek rol ons toe weer om en klim bo-op haar en begin egalig en ritmies my agt duim in haar sappige tonnel van liefde te sink. Haar heupe ontmoet myne elke keer, en ek kan sien sy geniet dit. Haar ogies is toe, en haar mondhoeke het ’n glimlag op. Harder en harder begin ek stoot en daardie kreungeluidjies begin weer hoorbaar word. Ons tempo raak al hoe vinniger en onbeheerst, en haar kreune al hoe harder. Haar sagte marshmallow-koekie knyp my klipharde voël vas en ek sien hoe haar hele liggaam begin sidder en wriemel onder my. Een sagte gilletjie ontsnap uit haar keel toe sy ’n klimaks bereik, en ek voel hoe ’n golf van ekstase oor my spoel. Ek stamp my paal vir ’n laaste keer tot diep binne-in haar tonnel van genot voor ek ontplof, met ’n klimaks soos nog nooit tevore nie. Ons oë ontmoet mekaar in daardie oomblik van ekstase voor ek afsak en met my gesig in haar nek gaan lê, totdat ons asemhaling weer normaal is. Ek kan voel hoe my hart wild teen haar bors klop, en daardie oomblik van nabyheid word spesiaal.

Ek gaan lê op my rug, en sy kom maak haarself gemaklik in my arms. So lê ons en gesels vir ’n uur daarna, asof ons ’n ou getroude paartjie is. Die vraag hoekom is dit dan so verkeerd as dit so reg voel kom by my op. Weer sluimer ons in en ek word wakker toe sy opstaan om aan te trek. Vir oulaas bewonder ek daai mooi onderkleertjies voor sy my kom groet met ’n lang vurige soen en by die deur uit verdwyn.

Ek besef ek het so pas die beste naweek van my lewe gehad toe ek die ligte afsit en in die bed klim. Vinnig word ek weggevoer na ’n droomwêreld, en die volgende oggend staan ek vars op, en voel dit vir my of ek nog sweef na die vorige nag se ontmoeting.

The post My beste naweek ooit appeared first on LitNet.

LêNet: 'n Onvergeetlike haarsny

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Johan staan en skeer en kyk na sy beeld in die spieël en voel effens geïrriteerd. Sy hare kort ’n sny, dringend. Hy verpes dit as sy hare begin lank word, want dit laat hom onversorgd lyk. Die probleem is net, sy vrou Sandra sny gewoonlik sy hare, maar sy sit oorsee vir drie weke vir haar werk. Eers het hy gedurig oorsee gereis vir sy werk, tot hy verlede jaar bevordering gekry het en hy nou in ’n statiese pos is waar hy af en toe slegs binnelands reis. Sandra het ook die laaste paar jaar vinnig opgang gemaak in haar werk, maar nou vereis dit dat sy kort-kort oorsee reis om opleiding te gee waar nodig. Hulle het al twee goeie poste en leef bogemiddeld, so hy kan seker nie regtig kla nie.

Hy sal maar later deur die dag ’n haarkapper gaan opsoek. Dis darem Saterdag, so daar is geen haas nie. In Kaapstad se warm somermaande is lang hare ’n onwelkome hindernis. Hulle twee seuns is Gauteng toe vir ’n skoolsporttoer en hulle sal eers teen die middel van volgende week terug wees.

Hy het net klaar aangetrek toe sy foon lui. Dis Mandie, hulle buurvrou. “Hallo Mandie, hoe gaan dit?”

“OK, dankie, ek is besig om ontbyt te maak, so kom oor dan eet jy sommer saam. Dis sommer gewone spek en eiers.”

“Ag Mandie, moenie moeite doen nie.”

“Man, dis nie moeite nie, en ek het Sandra beloof ek sal kyk dat jy ordentlik eet. So kom oor, ek wag vir jou.”

“OK, dankie, ek is nou daar.”

Johan en Sandra is reeds jare lank vriende met Mandie en haar man Wynand. Hy werk iewers bo in Afrika, so hy is selde by die huis. Baie aangename mense, veral Mandie. Sy het ’n hart van goud en hy het ’n spesiale sagte plekkie vir haar in sy hart, veral omdat sy vir lang tye vrou-alleen oor die weg moet kom, en dit heel goed regkry. Haar huis en tuin is altyd onberispelik netjies.
Soos die gewoonte tussen die twee gesinne is, stap Johan sommer agter om en stap by die agterdeur in. Mandy is net klaar en het sommer klaar opgeskep, en hy sien dis heelwat meer as spek en eiers.

“Môre Mandie. Jinne, maar dit ruik heerlik. Spek en eiers, nè? En sampioene, ensovoorts.”

“Ja toe, hou op slim wees en kom sit aan voor dit koud is,” sê sy met ’n groot glimlag.

Dié buurvrou van hom is prentjiemooi: effens kort, donker gelaat en donkerbruin hare. ’n Baie mooi lyfie met vol borste, ’n dun middeltjie en mooigevormde heupe. Sy het die mooiste bene (hy het haar al vele kere in ’n bikini gesien). Haar vel lyk sag met ’n jeugdige elastisiteit. As iemand die woord “smeulend” gebruik om ’n vrou te beskryf, dan pas dit Mandie soos ’n handskoen. Sy het vanoggend ’n pienk kortbroek aan wat tot bokant die knieë kom en ’n mooi stywe wit bloesie.

Hulle gesels gemaklik terwyl hulle eet. “En toe, wat gaan jy vandag met jouself aanvang?” vra sy.

“Ag, ek moet seker maar so ’n paar goedjies vir die huis gaan kry, en dan moet ek by ’n haarkapper uitkom, en jy?”

“Ek moet ook winkels toe. My kaste is leeg. As dit reg is met jou, sal ek vir ons aandete maak, en ek sal ’n ordentlike middagete kook vir môre. Dis mos darem Sondag, so ’n mens kan mos maar bietjie uithang.”

“Nou hoekom ry jy nie sommer saam met my nie, dan hoef jy nie jou kar uit te trek nie. Wat aandete betref, ek sal vir ons braai. Jy kan na my toe kom, dan kuier ons lekker. Ek weet nie van jou nie, maar ek is nie lus vir my eie geselskap nie. Ons kan sommer swem ook, dis koeka vrekwarm vandag.”

“Nou maar baie dankie, gee my net so ’n paar minute dat ek net my prentjie bietjie inkleur.”

Voor hy homself kan keer, sê hy: “Jy het werklik nie grimering nodig nie, jy lyk mooi genoeg om geëet te word.” Hy kan onmiddellik sy tong afbyt toe hy sien hoe sy bloos.

“Baie dankie vir die kompliment; ek kry nie juis baie daarvan deesdae nie. ’Skuus, ek bedoel dit nie lelik nie. My man werk hom oor ’n mik om te verseker dat ons lekker kan lewe. Dis net dit raak soms baie eensaam.”

Hulle ry na die naaste mall toe en na hy geparkeer het, kry hulle koers winkels toe. Toe hulle binne is, sê Johan: “Sien jou nou-nou, ek gaan net gou ’n plek soek om hare te skeer.” Sy keer hom voor: “As jy my sal vertrou kan ek jou hare sny. Ek sny nog altyd Wynand s’n en ek het altyd my broers s’n geskeer toe ons nog in die huis was.”

“Nou maar dan is die saak opgelos. Ek is regtig nie lus om in ’n salon te gaan sit en my beurt af te wag en te luister na almal se nonsenspraatjies nie.”

Hulle doen hulle inkopies en Johan maak seker dat hy alles het om hulleself behoorlik te bederf later die middag. Gelukkig weet hy van watter drankies sy hou. Vanoggend se ontbyt was uitstaande en hy erken die moeite wat sy daarmee gedoen het en hy wil graag dieselfde vir haar doen. Na jare se vriendskap ken hulle mekaar goed genoeg om heeltemal op hulle gemak met mekaar te wees.

Hulle het by die huis gekom en hulle inkopies gaan wegpak. Johan is nog besig toe Mandie by die agterdeur ingestap kom. Hy sien sy het ’n ligte strandjakkie aan en daaronder kan hy haar bikini sien deurskyn.

“Toe-toe, is jy nog nie klaar nie?” terg sy.

“Amper, ek wil net gou die vleis marineer. Ek het alles reg vir ’n slaai of twee. Sodra die wurms begin knaag, moet ek net die vuurtjie aansteek en dan is ons reg vir ete. Ek wil jou lekker bederf. Ek het ’n lekker groot stuk filet gekry om te braai.”

“Jy weet ook net watter snaartjie om te roer – ek is mal oor filet.” Sy gryp hom aan die hand en trek hom nader. “Laaste in die water is ’n vrot pampoen.” Sy trek haar jakkie en haar sandale uit so in die hardloop en natuurlik wen sy. Toe hy inspring, gryp sy hom om die nek en druk hom onder die water. Hy laat hom dit welgeval en hulle speel soos twee tieners en die hele tyd is Johan deeglik bewus van haar sagte nat lyf wat styf teen hom aandruk soos hulle speel. Sonder dat hy dit agterkom ontwikkel hy ’n geweldige ereksie en sy swembroek staan soos ’n tent. Eenkeer toe sy hom van voor af gryp om sy kop onder die water te kry, trek hy haar styf teen hom vas en sy ereksie druk teen haar onderlyf vas. “Sjoe Johan, en wat het ons hier,” terg sy en sy vee met die agterkant van haar hand oor sy tent. Sy bloos bloedrooi en loop trappies toe en klim uit en sak op ’n stoel neer. Sy lyk baie ongemaklik. “’Skuus Johan, dit was baie voorbarig van my.”

Hy loop en sak op sy knieë neer langs haar stoel, buk af en gee haar ’n sagte soentjie op die mond. “Dit is nie ’n probleem nie. Jy is baie mooi, ons is al twee alleen en ek is ook maar net mens.

Ek sou dood moes wees om nie opgewerk te raak in die geselskap van so ’n mooi vrou nie.”

Sy kry ’n veraf uitdrukking in haar oë. “Weet jy, dis nou al langer as drie maande wat Wynand weg is, en net soos jy is ek ook maar net mens. Ek is nog taamlik jonk en ek is ongelukkig taamlik warmbloedig, en soms vang dit my ’n bietjie. Dit word soms amper te veel om te hanteer. Haai, ’skuus dat ek my diepste geheime so hier vir jou sit en vertel. Netnou dink jy sleg van my.”

“Mandie, ek sal nooit sleg dink van jou nie. Jy is ’n mooi mens en ek het nog altyd gevoel dat jy baie opreg is in alles wat jy doen. Ek weet nie van jou nie, maar ek begin taamlik honger word. Ek dink ek gaan solank die vuurtjie brandmaak, en as jy sal help, dan klap ons gou die slaaie aanmekaar.”

“Dit klink na ’n blink plan. Ek begin self lekker honger word. Ons het vanoggend met ontbyt laas geëet. Kom dan gaan help ek jou.”

Johan maak die vuur en hulle maak gou die slaaie. Hulle gesels en lag en skerts opgewek en gemaklik met mekaar.

Na hulle klaar geëet het, help Mandie gou opruim. “Ek weet nie wanneer laas ek ’n dag so geniet het nie. Dit was baie lekker, en dan praat ek nie eers van die kos nie. Daardie filet was die sagste wat ek nog ooit geproe het. Maar nou gaan ek myself eers verskoon, ek is taamlik moeg en gaan maar vroeg inkruip.”

“Dit was ’n baie groot plesier en ek het dit ook baie geniet. Baie dankie vir jou aangename geselskap, en lekker slaap.”

“Jy ook, dankie. Ek sal ontbyt so teen halfnege reg hê, dan kan ons daarna sommer gou jou hare sny.”

Johan stap saam met haar huis toe, stap deur en om die huis en maak seker alles is veilig. By die deur gee hulle mekaar oudergewoonte ’n drukkie en op die ingewing van die oomblik gee hy haar ’n soentjie op die mond.

Johan se horlosie gaan agtuur af en hy staan lui-lui op en draf gou deur die stort. Hy onthou van die haresnyery en trek sommer ’n ou T-hemp en kortbroek aan en kies koers na Mandie se huis toe. Toe hy om die hoek stap na die agterdeur toe, kry hy die reuk van ontbyt wat gemaak word en sy mond begin sommer water. Toe hy by die deur instap, sien hy dat Mandie dieselfde gedagte as hy gehad het. Sy het ook ou klere aan: ’n moulose T-hemp wat duidelik ’n nommer of drie kleiner is as haar huidige borsmaat, sonder ’n bra, met ’n ou verbleikte kortbroek wat ook uit haar jonger dae dateer. Die prentjie is asemrowend eroties en nadat hy gegroet het, gaan hy vinnig sit, want hy is besig om ’n hewige ereksie te ontwikkel. Om alles te vererger is haar ongebonde borste taamlik beweeglik onder die dun T-hemp. Sy gaan staan voor die yskas om sap en melk uit te haal. En toe sy terugdraai, is haar tepels stokstyf van die koue lug. Hy het al sy dae om op sy kos te konsentreer en nie te staar nie. Toe hulle klaar is ruim Mandie gou op en neem Johan aan die hand en laat hom in die middel van die kombuis op ’n hoë stoel sit sodat sy sy hare kan sny.

Johan gaan sit, en Mandie kry ’n skêr en kam en kom staan voor hom. Sy lig haar arms om met haar vingers deur sy hare te vryf om die lengte te toets. Soos sy voor hom staan, is haar borste mooi reg voor sy gesig. Hy sit en kyk na haar met ’n peinsende uitdrukking en sy sien die knop voor in sy broek. Dit laat haar tepels hard word en uitstaan. Sy begin liggies bloos. “En nou Johan, wat staar jy so na my, jou gedagtes was nou baie ver.”

“Ag ek dink sommer net.”

“Dit was nie sommer net nie, toe uit daarmee.” Sy druk hom onverwags in die sy en hy spring amper uit sy vel uit. “Toe nou, wat is dit?”

“Ek het net gedink aan ons haarsnysessies toe ons nog jonkgetroud was.”

“O jinne, hoekom klink dit soos ’n storie met ’n ouderdomsbeperking,” sê sy en giggel ondeund. “Nou toe vertel nou. Hoekom moet ek dit so uit jou uit trek?”

“Dit was altyd lekker stout. Ek het gewoonlik net ’n ou boxer aangehad en Sandra net ’n pantie.”

Mandie kry ’n blos op haar wange en haar asemhaling versnel ’n bietjie. Haar tepels trek ook onwillekeurig weer styf. “Wil jy my sê Sandie, my kuise vriendin, het kaalbolyf jou hare gesny?”

“Ja, en dit was baie hot. Ek kon gewoonlik nie my hande tuishou nie.” Sy penis is nou so styf as wat dit lanklaas was en Mandie sien dit.

“Ek kan my dit nogal voorstel. Ek sou ook nogal so iets wou probeer het toe ek jonger was. Dit klink lekker stout en opwindend.”

“Eintlik hoef jy nie jonger te wees nie. Ek sou sê jy is net mooi die regte ouderdom om dit te probeer. Kom, ek daag jou uit. Sny my hare topless”, en hy voeg die daad by die woord en trek sy hemp oor sy kop. “Ek kry nou so warm dat ek eintlik warm gloede kry. Jy besef as ons hierdie grens oorsteek is daar nie terugdraai nie, en niemand mag ooit weet nie.”

“Niemand sal ooit weet nie.”

Haar asemhaling is hortend as sy haar arms kruis en die onderste soom van haar T-hemp vasvat en stadig oor haar kop trek. Toe dit oor haar kop is, laat sy haar arms stadig sak en ontbloot vir die eerste keer sedert sy getroud is haar borste voor ’n ander man. Johan is stom. Hy staar oopmond na die mooiste paar borste wat hy nog ooit gesien het. Hy skat hulle ’n vol C-koppie, met stokstywe ligpienk tepels wat sy mond laat water. Hulle is ferm met net ’n effense hang. “O Mandie, jou borste is pragtig. Ek het so gewens ek kon hulle sien en aan hulle vat toe ons gister in die water gespeel het.” Sonder dat hy homself kan verhelp, steek hy sy hand uit en streel met die agterkant oor hulle sagtheid en oor haar stywe tepels. Haar borste is warm en so sag.

Sy snak na haar asem en kyk af na sy skoot. “Jy beter tot bedaring kom of daardie arme ding gaan deur jou broek bars. Toe, wat het julle nog aangevang as julle so kaalbolyf hare geskeer het?”

“Ag, die broeke het gewoonlik nie lank aangebly nie.”

“Jinne, maar dit klink my dit het lekker rof gegaan hier langs ons onder ons neuse. Ek moet sê, Sandra is ook baie mooi gebou, en sy doen natuurlik iets waarvoor ek nog nooit kans gesien het nie.”

“En wat is dit nogal?”

“Sy skeer haar skaamhaartjies af. Ek moet sê dit lyk geweldig sexy, maar soos ek sê, ek het nog nooit daarvoor kans gesien nie. Hulle sê dit jeuk verskriklik as die haartjies weer begin groei.”

“Ek gaan jou nou ’n geheim vertel. Sy skeer dit nie. Ek doen dit. Nog al die jare, van die eerste keer af. Ek het opgelees oor die tegniek, en daar is geen gejeuk of irritasie nie, net babasagte vel. Nou Mandie, ons is nou so ver. As jy wil, kan ek jou skaamhaartjies ook afskeer. Ek belowe dit sal net ’n plesier wees. Jy sal sien, jy sal dit nooit weer laat groei nie.” Hy leun stadig vorentoe, druk sy hand bo in haar kortbroek se band in en trek haar nader.

“Johan, ek weet nie so mooi nie.”

“Kom toe, wees ’n bietjie waaghalsig.”

“Dis meer as ’n bietjie. Ek is klaar so opgewerk dat ek iets kan oorkom.”

Johan lag ondeund, maar sy penis pyn, so styf is hy. Hy maak die boonste knoop van haar kortbroek stadig los en trek die rits af. Stadig en rustig trek hy haar kortbroek met broekie en al oor haar heupe en teen haar sexy bene af. Sy leun met haar hand op sy skouer en lig haar voete een vir een op sodat hy dit oor haar voete kan trek. Haar asemhaling is hortend.

Sy is asemrowend mooi, pragtig gebou vir ’n vrou van 35, haar vel jeugdig en nie ’n onsie vet te bespeur nie. Onder haar vol borste is haar middeltjie amper onmoontlik smal met ’n plat magie en mooi vroulike heupe en haar pragtige bene. Haar skaamhaartjies is ’n welige ligbruin bos. Hy kyk op in haar oë en sien die pienk blos op haar wange. Haar hande wil-wil toemaak en hy kan sien hoe sy veg om stil te bly staan. “Vergewe my, Johan, ek is baie skaam. Ek was nog nooit kaal voor enige man behalwe Wynand nie. Dit sal dalk help as jy jou broek ook uittrek.”

Hy staan op en trek sy broek uit en sy penis klap teen sy maag vas, so styf is hy. Hy is goed bedeeld, amper agt duim lank en taamlik dik. Sy snak na haar asem toe sy hom sien. “Sjoe, Sandra het my al vertel dat jy goed bedeeld is, maar ek het nooit kon droom dat hy so groot is nie.” Haar asemhaling is vinnig en vlak en sy het ’n pienk blos wat van haar gesig af, oor haar nek en die boonste dele van haar borste strek.

“Mandie, jy is besonder mooi. Wynand is ’n baie gelukkige man. En wanneer het julle my anotomie so bespreek?”

Sy bloos bloedrooi. “Ag man, ons het eendag gesels toe sy my so terloops vertel.”

Op die ingewing van die oomblik trek hy haar teen hom vas om haar ’n gerusstellende drukkie te gee. Dit voel of hy net daar gaan kom toe hy haar sagte naaktheid teen hom voel aandruk, en haar heupe beur asof vanself vorentoe toe sy klipharde penis teen haar vasdruk. Hy gaan sit weer op die stoeltjie en trek haar nader. Hy vat die skêr en ’n kam. Hy kam eers haar skaamhaartjies sodat hulle opstaan en begin dan behendig die bos afsny. Binne ’n kort tydjie is daar net korterige stoppels oor. Hy vra haar om ’n skeermes en skeerroom en ’n waslap en ’n sagte velroom te gaan haal. Gou is sy terug. Hy tel haar in sy arms op om haar agteroor op die kombuisblad te laat lê. Dis half onverwags en sy slaan haar arms om sy nek. Sy penis pols op en af toe haar sagte borste teen sy bors aandruk. Hy weet nie of dit moontlik gaan wees om kalm te bly met hierdie lieflike naakte wese so naby hom nie.

Hy kry ’n bakkie warm water en week die waslap daarin. Hy laat haar agteroor lê en sy stut haarself op haar elmboë om te kan sien wat hy doen. Dit is ’n asemrowende prentjie as ’n vrou so lê. Haar bolyf se vel trek styf en dit veroorsaak dat die borste styf die lug in toring en laat hulle ekstravol lyk. Hy gaan staan voor haar en maak haar bene wyd oop. Hy sit die warm nat waslap op haar koekie en laat dit ’n rukkie so lê. Dan haal hy dit af en smeer die hele area met skeerroom. Hy maak die skeermes se lem nat en begin om behendig met lang hale die oorblyende stoppels af te skeer. Binne ’n kort tydjie is haar lieste tot teen die vlesige buitelippies glad. Hy sit die lengte van sy vinger in haar slootjie om die vel styf te trek. Sy snak na haar asem as sy vingerpunt aan haar klitoris raak, en hy voel dadelik dat sy sopnat is binne. Hy lig haar bene oor sy skouers om om haar onderste kringetjie ook skoon te skeer. Toe hy klaar is, laat sak hy haar bene en maak die lappie weer nat. Hy vee oral mooi skoon en maak seker dat al die seep af is. Nou kan hy vir die eerste keer haar koekie in al sy naakte glorie sien en dis vir seker die mooiste wat hy nog ooit gesien het. Die vlesige buitelippies is ’n bietjie donkerder pienk met die binnelippies wat prominent uitstaan. Hy neem die velroom en spuit ’n blerts in sy handpalm en begin oor die hele area wat hy geskeer het, room smeer. Heen en weer oor haar lippies en in al die voue. Hy kan homself nie keer nie en vat die uitstaande velle tussen sy vingers vas en vryf saggies van onder tot bo. Wanneer hy bo kom, druk hy bietjie harder en vryf haar klitoris ritmies en hy hoor hoe sy snak na haar asem. Hy kyk na haar en sien die wellus in haar oë. “Ek hoop jy beplan om klaar te maak wat jy begin het. Jy is besig om my mal te maak.”

Johan kan nie glo dat hulle so intiem saam is nie. Om haar so te sien lê met haar deinende borste en bene wyd oop, haar koekielippies oopgetrek en glinsterend nat van haar sappies wat nou vrylik uit haar sypel maak dat sy voël amper wil ontplof van jagsheid. Hy leun vorentoe tussen haar bene en begin haar heupe en bobene saggies lek-soen. Heen en weer van die een na die ander kant en elke keer swenk hy weg net voor hy aan haar koekie raak. Sy gryp sy kop vas en druk hom af na haar sopnat koekie toe. “Asseblief Johan, ek kan nie meer nie.” Dan buk hy vorentoe en soen haar vol op haar oop koekie. Sy gee ’n harde kreun en druk haar heupe op teen sy mond vas. Hy druk sy tong so diep as wat hy kan in haar in, lek op en af tussen haar oopgesperde lippies. Hy suig haar opgeswelde klit in sy mond in en vee liggies met sy tande heen en weer daaroor. Haar heupe gaan wild tekere en sy hyg na haar asem en dan, met ’n luide kreet wat hy seker is al wat ’n buurman kan hoor, kom sy. Sy kreun en sidder en kerm so hard dat hy bang is die bure bel die polisie. Sy lê terug met haar arm oor haar oë. Johan staan langs haar en streel liggies haar arm. Eindelik kyk sy na hom en kom orent. Sy sit haar arms om sy nek. “Help my af, toe.” Hy lig haar op en sy vou haar bene om sy heupe, en sy yslike ereksie druk teen haar sopnat koekie vas. “Gaan kamer toe. Ek wil nou jou groot voël binne-in my voel. Dit voel of my koekie aan die brand is.”

“Ek was nog nooit so opgewerk nie. My penis pyn van die hardheid.”

In die kamer sit hy haar neer en gaan staan agter haar en vou sy arms om haar. Dit is een van die lekkerste, mees erotiese goed om te beleef: om ’n kaal vrou van agter af te omhels, om jou arms om haar te vou en jou hande vrye teuels te gee. Om oor haar magie en heupe te streel en dan op om haar borste met jou hande te omskulp, hulle sagte, vol gewig in jou hande te voel en hulle saggies te brei en dan haar stywe tepels tussen jou duime en vingers te terg dat sy kreun van lekker. Dan gly jou een hand af oor haar magie en laer en vou dan jou bakhand om haar sagte, nat koekie, streel heen en weer en glip dan ’n vinger tussen haar lippies in haar vagina in. Dit terwyl sy haar sagte boudjies teen jou stokstywe voël vryf en druk. Hy tel haar op en lê haar agteroor op die bed neer en verkyk hom weer eens aan haar pragtige liggaam. Hy kan homself nie langer inhou nie en gaan lê langs haar. Hy begin haar soen, haar hele gesig, af tot by haar ore terwyl sy hande oor haar begin streel, en hy voel hoe die hoendervel oor haar uitslaan. Hy soen haar keel en hals met sagte snuffelsoentjies oor die boonste hellings van haar borste en hoor hoe sy begin kreun. “Johan, my borste en tepels is baie gevoelig en ek hou baie daarvan as my tepels gesuig word. Ek kan amper kom net daarvan.”

“Dit is vir my een van die lekkerste dinge om met ’n vrou se borste te speel en haar koekie te eet. Ek kan dit vir ure lank doen.”

“Jy gaan maak dat ek kom net van jou woorde alleen.”

Hy suig liggies aan een tepel terwyl hy die ander een met sy vingers terg. Haar een hand het intussen sy ereksie beetgekry en sy streel hom. Hy vat vinnig haar hand weg, anders gaan hy dadelik kom. Dan, onverwags, rol sy hom om op sy rug, en gaan kniel wydsbeen oor hom met haar koekie oor sy gesig. Sy vat sy penis in haar hand en laat glip die hele kop in haar warm mond in. Sy beweeg stadig haar kop op en af en laat hom elke keer ’n bietjie dieper ingaan. Sy asem begin jaag en hy moet elke greintjie selfbeheersing inspan om nie te kom nie. “Mandie, dit is onbeskryflik lekker, maar jy moet stop, ek gaan nie kan hou nie.” Hy trek haar mond van hom af. “As jy so aangaan, gaan ek kom. Ek is baie naby.” Sy kyk om en glimlag liefies vir hom. Sy draai om en hurk oor sy middellyf. Sy laat sak haar koekie tot sy punt teen haar opening druk. Sy druk sy penis plat teen sy maag en gaan sit plat. Nou lê die lengte van sy klipharde voël in haar sopnat spleet. Sy begin stadig heen en weer beweeg en dit voel hemels, maar dis nie genoeg nie. Skielik lig sy op en sy punt is teen haar opening. Sy kyk hom in die oë en met ’n kreun sak sy af en sy penis glip sy volle lengte in haar vuurwarm tonnel in. Sy begin hom dringend ry en soos sy op en af beweeg, wip en bons haar borste. Dit het ’n absolute hipnotiserende effek op Johan. Dan leun sy vooroor en hulle swaai heen en weer. Geen warmbloedige man is bestand teen soveel lewende erotika nie en voor hy kan keer, kom hy. Hy spuit strale warm wit saad diep in haar sopnat koekie in tot sy balle leeg is. Sy gee ’n lang sug en sak op hom neer. Hy verwonder hom weer aan die heerlike gevoel van hulle naakte liggame teen mekaar. Hy vou sy arms om haar en streel haar rug saggies. “Jy beter ophou daarmee of ek gaan aan die slaap raak. Kom laat ons gou jou hare gaan sny. Daar is nog ’n hele dag om te geniet. Ons moet weer in die swembad speel. Ek wil voel hoe voel dit sonder klere.” Johan se penis begin sommer weer swel by die vooruitsig daarvan. “En dan kan ek jou pragtige gladde koekie eet soveel as wat ek wil, dan kyk ons hoeveel keer jy kan kom op een dag.” Sy spring van die bed af en moet vinnig haar bakhand oor haar koekie vou toe sy begin lek vir ’n vale. “Nou kom dan, grootmond, laat ons sien of jy kan.” Sy hardloop die gang af met hom op haar hakke en gee ’n gil toe hy haar vang.

Dit gaan ’n lang dag word … en Johan begin wonder of hy nie maar môre moet afvat nie, want hy dink nie daar gaan baie geslaap word nie.

 

 

The post LêNet: 'n Onvergeetlike haarsny appeared first on LitNet.

'n Knippie sout

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

“Die resep sê ‘’n knippie sout’. Wat het ‘n knippie nou met sout te make, vra ek jou?”

Wilhelm van As draai met ‘n guitige glimlaggie om sy mond na Malinda waar sy oorkant die oopplankombuis in ‘n gemakstoel sit en hom dophou. Eers neem hy ‘n slukkie van sy wyn, die blanc de blanc, verfrissend en prikkelend koel op die tong. Die aardse smaak – swanger met die geur van ryp koringare onder die genadige hitte van die son – laat hy ‘n wyle op sy tong lê. Hy draai weer terug na die stoof en lig die stomende kastrol se deksel. Met sy oë toegeknyp asem hy die soele seereuk deur sy neus in. Hy loer met die een oog. Daar lê hulle nou skelmpies onder die wasige water en wyn.

“Nog so ‘n paar sekondes, dan is ons reg vir jou!” roep hy na Malinda sonder om terug te kyk.

Hy skakel die stoofplaat af en lig die swaar kastrol stadig oor na die plaat langsaan. Gaatjieslepel in die een hand haal hy die deksel met die ander hand af. Die mossels lê uitlokkend halfoop. Tydsaam, liefdevol, lig hy een met die gaatjieslepel uit die vloeistof en laat gly haar in die blou keramiekbak byderhand. Die lig vang die blink, blouerige pêrelkleure aan die binnewande van die skulp. En daar – sien hy – glinster die nat, vleeskleurige, teer lekkerny tussen die toegeeflike flanke. Hy is nie verras as hy die warme prikkeling tussen sy bobene voel en hy hard word nie. Die gedagte aan die vorige nag met Malinda, sy tong tussen haar kloppende warm lippe, laat hom vinniger asemhaal.

Hy sug en probeer fokus op die taak ter hande. Hy lig die orige mossels ook uit en plaas elkeen by die ander in die bak. Hy roer vinnig ‘n roekelose hoeveelheid room by die water, wyn en bietjie knoffel in die kastrol. Vinnig druk hy ‘n pinkie in die sous en proe. Nog ‘n bietjie sout ... hy neem sout uit die bakkie agter teen die muur met duim en wysvinger. Hy draai na Malinda, lig sy arm en lag: “’n knippie!”, en sprinkel die sout oor die roomsous.

Wilhelm is nie ‘n slegte ou nie. Malinda ken hom teen hierdie tyd al. Sy het hom byna omgery ses maande gelede toe sy by die winkelsentrum agteruit ry. Sy was maar te dankbaar toe hy laggend haar hortende verskonings aanhoor. Sy het hom werklik nie gesien nie, haar kop op ‘n ander plek ... ’n plek waaraan sy nie graag dink nie, naamlik die aaklige laaste paar jaar van haar huwelik en die vinnige egskeiding die vorige jaar. Hoe maklik kom alles nie tot ‘n end nie! Na nege jaar die ontnugtering dat jou held voete van klei het. En dan die besef dat jy self maar ook nie die supermens is wat jy wou wees nie.

Daarom het sy Wilhelm gou leer ken en verdra. Ja, sy weet nou al dat sy woede- uitbarstings soms, en die buierige stiltes wat daarop volg, ‘n masker is vir vertedering. Teerheid is ‘n gevoel wat hy nie durf wys nie, dink sy. Ingeval hy die gevolge nie kan beheer nie. Ingeval die teerheid se gevolge ‘n man kan oorrompel, meen hy seker. Selfs wanneer hulle liefde maak, voel sy sy afsydigheid. Seker omdat hy dit nie kan waag om lief te hê nie. Ten einde in beheer te bly, draai hy die humor oop en benader alles asof dit alledaags en lighartig is. Maar hy is nooit onregverdig of bevooroordeeld nie. Hy is gewoon ‘n man in sy vyftigerjare wat maar min liefde geken het en begin dink het hy sal dit nooit kry nie.

Sy hoop dat sy daardie idee van hom goed in die bed gesit het. Hulle was van die begin af versigtig aangetrokke tot mekaar. Sy, omdat sy gedink het ‘n man sal nooit weer in haar belangstel nie. Hy, omdat hy na baie verhoudings ligloop vir vroue. Wat kan ‘n mens mekaar in elk geval bied aan die pluskant van vyftig jaar? Hoe begin ‘n mens weer oor? Hierdie vrae het Malinda altyd gekwel. Maar vandat sy Wilhelm ontmoet het, het sy blinkhelder besef sy is velhonger – sy smag na samesyn, na vashou, na omhelsing. Sy wil weer daardie diepte inval wat met lyflike samesmelting kom – die kleindood, soos die Franse dit noem – le petit mort. Wat gebeur met jou brein wanneer jy oorgee aan die ekstase? Is die brein ooit daar teenwoordig? Daar waar dit klop en tril en spoel?

Malinda staan lui uit die seemsleerstoel op. Sy voel die behaaglike drang in haar dye en onderlyf. Sy weet sy is ‘n aansienlike vrou. Haar kortgeknipte, witblonde hare is opvallend teen die bruingebrande vel van haar voorkop en hoë wangbene. Die syagtige blou rok tuimel los en vloeiend na haar enkels. Salmpienk toonnaels loer by die silwer bandjies van die sandale uit. Die silwer armbande rinkel toe sy haar wynglas optel en na die ronde tafeltjie wat voor die venster gedek staan, neem. Sy tel dit onmiddellik weer op. A-nee-a, so ‘n aand kan mens nie met een glasie binnegaan nie. Sy slenter kombuis toe en gooi vir haar van die blanc de blanc in by Wilhelm. Sy hou die wyn in haar mond en dwing sy gesig na hare. Tussen sy lippe in deel sy haar slukkie wyn met hom. Hy proes en lag.

“Joe! Vroumens!” is al wat hy uitkry, want albei sy hande is beset, een met ‘n lepel en een met sy wynglas.

Melinda gaan sit die glas neer op die plekmatjie waar sy aan tafel gaan sit. Sy trek ‘n lang vuurhoutjie en steek die twee lang, wit kerse in die kristalhouers aan. Sy skud die vuurhoutjie se vlam dood en sleepvoet terug na Wilhelm toe. Hy het die roomsous oor die mossels gegooi en woel nou die mengelslaai met twee houtlepels. Vars ciabattaskywe brood, blink van die olyfolie, wag eenkant. Wilhelm het die snye in sy riffelpan geskroei; die reuk van brood, knoffel en sout hang nog nadenkend in die lug.

Malinda gaan agter hom staan en laat gly haar oop hand tussen se bene in. Sy voel hom verstyf en sy boude saamtrek. Hy staan botstil. Saggies woel haar spelende vingers deur die broek om sy warm saadsakkies. Dan druk sy saggies op die plekkie tussen sy neute en die harde mannetjie.

"Meisiekind! Jy sal laat ek alles los en jou sommer hier ..."

Malinda lag diep in haar keel. “My beurt,” fluister sy hees agter sy oor. Sy trek haar hand stadig terug teen die losserige naat van sy kortbroek, op en op in sy boudspleet na bo. Doodonskuldig neem sy gou die bord met die brood op en dra dit tafel toe. Sy hoor Wilhelm kreun, “Oe! Oeeeee!”

‘n Rukkie later volg Wilhelm haar glimlaggend met die mossels en die slaai. Sy ereksie leun kordaat en skuins voor teen sy broek. Hy gaan draai die daklig by die ronde skakelaar heelwat flouer.

Malinda staan by haar stoel sodat Wilhelm dit vir haar kan uittrek. Sy weet hierdie soort ding irriteer hom, maar sy glo vas dat ‘n man nog soos ‘n man moet voel en net ‘n vrou kan dit regkry. Hy wag totdat sy sit, toe buk hy en soen die blink, kort hare. Sy lig haar kop en die volgende soen is vol en romerig op haar mond. Hy suig aan haar onderlip en laat stadig los. Sy kry nog ‘n piksoentjie.

“Wow, so ‘n onderstebo soen is altyd ‘n wenner,” prewel sy.

Wilhelm lag hier bo haar en sak neer in die stoel aan haar regterkant. Hy sug diep, maak asof hy vreeslik warm kry en vee oor sy voorkop terwyl sy bierbruin oë hare soek. Sy gee vir hom die brood aan. Hy breek ‘n korsige skyf in twee en gee vir haar ‘n stuk. Sy skep vir hom slaai in en dan vir haarself. Wilhelm haal met sy vingers ‘n mossel uit die sous. Versigtig breek hy die skulp oop. Hy kelk met sy ander hand Malinda se ken en hou die mosselskulp voor haar mond. Sy laat haar lippe oopgaan, steek die punt van haar tong uit en suig aan die skulp.

“Mmmmm, heerlike Valentynsdag,” fluister sy met toe oë.

Doelbewus verleidelik lek sy stadig oor haar lippe. Sy wil hierdie man verlei, want sy hunker na hom, na sy hande op haar lyf en sy dwingende warmte binne-in haar ...

Malinda voel asof sy steeds onder vanmiddag se son staan en mossels oes. Haar vel is prikkelend warm en ruik na amandel. Sy onthou by die huis het sy en Wilhelm die koel stortwater oor hulle somerse , souterige lywe laat spoel en mekaar ingeseep. Gou het die oerbegeerte hulle gedryf.

Stadig en een vir een mossel geniet hulle hierdie eenvoudige maar ryk maaltyd. Die laaste bietjie sous vee hulle luiweg-gulsig met die krakerige brood op. Hy leun oor na haar, sy lippe effens oop. Sy sal drink uit sy mond en hy uit hare.

 

The post 'n Knippie sout appeared first on LitNet.

LêNet: Eerste herdenking

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek en Willemientjie gaan nou presies een jaar uit, en ons het besluit om ‘n oggend af te vat van die werk af en dit te vier. Ons bly nie in dieselfde dorp nie, en as ek gaan kuier, bly ek in ‘n gastehuis naby haar. Ek besluit om die vorige aand deur te ry, en boek by dieselfde gastehuis in. Oor die foon maak ons reëlings om mekaar te ontmoet vir ‘n stout oggend van passie. Ek is so opgewonde om my girl weer te sien dat ek skaars kan slaap. Gedurende die nag word ek wakker met ‘n moerse horing, want ek het so pas van Willemien gedroom. Sy het kaalgat op my gesig gesit, en ek het haar met my tong gelek totdat sy kreun. Sy het dit so geniet dat sy wild op my gesig begin ry het. Daarom noem ek haar somtyds Wilde Willemien, want sy kan wild raak as sy in ekstase is.

Ek moes weer ingesluimer het na die lekker droom, toe daar die volgende oomblik ‘n klop aan die deur is. Ek skrik my buite weste en besef nie dadelik wat aangaan nie. Willemientjie is vroeg en sy het my in die bed gevang. Die deur is nie gesluit nie en sy kom stadig en versigtig ingestap. Ek staan in die kamerdeur – nog lekker deur die mis – en sien die ongelooflik sexy meisie wat die vertrek binnegesweef kom. Dit lyk nie of sy loop nie, so grasieus kom sy nader en glimlag net voor sy in my arms inloop. Ek het net ‘n onderbroek aan en sy kom druk daardie lang lenige lyf hier styf teen my. Ek probeer nog ‘n “goeiemôre” inkry, maar sy soen my met ‘n warm mond en ‘n stoute tong wat so liggies oor my lippe dartel. My hande gly om haar lyf en ek druk haar boudjies styf teen my vas. Sy reageer deur haar heupe ook styf teen my te druk, en dadelik word die meneer in my broek wakker. Sy moes geweet het wat gebeur, want sy haal asem, sê vinnig goeiemôre, en stuur my terug bed toe. Bly daar, sê sy, ek sal vir jou koffie in die bed bring. Ek hoor toe sy die ketel aanskakel en besluit om net vinnig in die stort te spring terwyl sy koffie maak.

Ons timing was perfek, want toe ek uit die stort uitklim, kom sy die kamer in met twee koppies koffie. Ek klim terug in die bed en haal die nat handdoek van my lyf af. Nou kry ek ‘n kans om haar te bewonder in die lig van die bedkassie. Sy het ‘n stywe jean aan wat lyk of dit aan haar geverf is en haar lang bene perfek vertoon, met ‘n bruin polonektruitjie. Sy kyk stout na my toe sy langs my op die bed klim en sê sy het ‘n verrassing vir my. Ek probeer uitvis wat dit is, maar sy bly net lag en sê ek moet geduldig wees en eers my koffie drink.

Na die koffie staan sy skielik op en trek die polonektoppie oor haar kop. Wow … sy het die mooiste wit bra aan wat so deurskynend is, en sy vra my “Like jy dit?” Ek is sprakeloos en knik net my kop. Ondeund begin sy haar jean losknoop en ek voel hoe my mond droog word. Dié meisie van my het planne vandag. Sensueel trek sy die stywe jean oor haar heupe en ek sien hoe die mooi kantvalletjies van die wit pantie uitsteek. My voël begin weer lewe kry toe die jean op die grond val en sy staan hier voor my met die mooiste deursigtige broekie aan. Sonder seremonie trek ek haar nader en sy kom lê bo-op my met daardie sagte kantkleertjies. Haar borsies druk lekker warm teen my kaal bors en ek druk haar warm lyf styf teen my vas. Ek voel hoe haar koekie teen my paal skuur en dit maak my mal. Net daar kry ek ‘n plan. Ek rol Willemientjie van my af en sê ek wil ‘n foto neem. Sy lyk net te verruklik om nie af te neem nie. Stout glimlag sy en sê dis reg, ek moet my geskenkie waardeer. Binne ‘n oomblik is ek terug met my foon en kry haar waar sy uitgestrek op die bed lê met haar bene effens oop. Ek sien die donker strepie van haar dooshaartjies deur die broekie skyn en my voël begin nou weer hard word. Eers neem ek ‘n foto van ver af om haar hele lyf in te kry , en kom toe al hoe nader. Dan neem ek net die borsies af waar die tepeltjies nou mooi donker teen die kantbra druk. Laaste neem ek die broekie af, en ek maak haar bene wyer oop. Sy werk so maklik saam met my en weet presies wat ek wil sien. Haar bene is nou wyd oop en ek trek die broekie terug sodat die lippies effens uitsteek. Hulle is pragtig skoon gewaks en lyk satynsag. Een laaste foto en toe gooi ek die foon eenkant neer. Nou kan ek nie langer hou nie. My horing is seer van al die bloed wat daar ingepomp is toe ek weer langs haar op die bed klim. Sy begin my klipharde paal masseer terwyl ek haar onderklere uitrek. Met ‘n laaste beweging van haar heupe laat sy toe dat ek haar broekie afrol. Ek staar weer sprakeloos na die mooi lyf hier by my. Met my hande nou op haar borsies, en haar hande op my paal, speel ons met mekaar.

Ek vertel haar van die droom wat ek gehad het, en sy giggel skaam. “Ek het dit nog nooit gedoen nie,” sê sy blosend, en ek verseker haar sy sal dit geniet. Gewillig klim sy op my toe ek gaan lê, en skuif al hoe nader aan my gesig. Uiteindelik kom sit sy op my gesig en ek maak haar lippies oop met my twee duime en laat my tong in haar slootjie speel. Onmiddellik begin sy saggies steun en ek weet sy hou daarvan. Ritmies laat sy haar heupe vorentoe en agtertoe rol oor my mond, en my tong werk hard aan haar klit. Sy leun vooroor en sê saggies in my oor: “Ek het nog ‘n beter plan.” Voor ek kon vra wat dit is, klim sy af en draai om om my ‘n 69-blowjob te gee.

Ek het jare laas ‘n 69 met ‘n meisie gehad. Hierdie Willemien van my is net enig in haar soort. Ek voel hoe haar warm mond oor my voëlkop gly, en dit voel of sy my hele paal wil insluk … wow! Intussen het ek die pragtigste view van haar poesie hier by my gesig en ek begin weer aan haar lippies kou. Sy begin weer kreun en dit spoor my aan om haar harder te lek en suig. Haar lippe is nou wyd oop en die klit ontbloot. Ek suig hom hard tussen my tande, terwyl my een vinger by die opening van haar tonneltjie speel. Haar hele lyf ry nou op en af soos sy my voël suig, en ek voel hoe hy net dieper in haar mond ingaan met elke suig. Saggies begin sy met my eiers speel en ek voel hoe ‘n orgasme my bekruip. Dadelik stop ek haar en sê ek gaan kom as sy nie nou ophou nie. Met ‘n stout glimlag draai sy om en klim bo-op my paal. “Relax,” is al wat sy sê en begin my weer ritmies ry. Die breek het my goed gedoen, en ek kan weer asemhaal. Haar kreune word nou al harder en ek weet sy kom maklik as sy bo sit. Nie lank nie of ek voel hoe haar lyf so ‘n ligte trilling kry en sy ry nou vinniger en harder. Met ‘n harde gil ontplof die klimaks diep in haar binneste en haar hele liggaam begin ruk op my. Willemientjie se oë is groot oop en sy kyk my stip in die oë toe haar lyf ‘n laaste spasma gee. Stadig vorm daar ‘n tevrede glimlag om haar mond, en sy vra of sy moet omdraai vir ‘n doggiestyl.

Ek is so bly ek het nog nie gekom nie, want Willemientjie doen die beste doggie ooit. Sy klim van my af en my piel spring nog kliphard uit haar gladde dosie. Behendig gaan staan sy eers hande viervoet op die bed, en gaan lê toe met haar kop op die kussing. Ek gaan staan agter haar op my knieë, en bewonder eers weer die perfekte aansig wat ‘n man maar van kan droom. Haar bene is wyd uit mekaar, en haar poesie is blink van die sappe. Ek vat my stywe paal in my hand en voel hoe hy klop van hardheid. Stadig druk ek hom tussen haar oop lippies in, en speel eers op en af in die slootjie voordat ek my pynigende harde piel in haar donker tonnel van genot laat insak. Onmiddellik kreun Willemientjie toe ek my paal diep in haar instamp, en sy druk haar heupies terug om hom te ontvang. Stadig tel ek weer ritme op en sy ontvang elke stoot met ‘n harde kreun. Ritmies beweeg ons saam en ek voel ek is baie naby aan ‘n orgasme. Haar kreune word harder en my stampe word dieper en vinniger. Ek sien hoe haar hande ‘n vuis vol lakens vasgryp toe sy gil van plesier. Op daardie oomblik bars my orgasme na die oppervlak en ek kom hard en diep binne-in haar. Uitasem val ek op haar rug toe ons saam gekom het, en lê rustig so vir ‘n paar minute. Met my hande onder haar borsies voel ek hoe haar hartklop weer stadig tot normaal terugkeer.

Ek staan op en gaan maak vir ons nog koffie, want ek het ook ‘n verrassinkie vir haar wat ek in die bedkassie weggesteek het. Toe ons rustig op die bed sit en chat, maak ek die bedkassie se laai oop en haal ‘n juweliersboksie uit. Met ‘n frons kyk Willemientjie my aan toe ek dit vir haar gee en sê “happy anniversary”. Sy het dit glad nie verwag nie, en toe sy die boksie oopmaak en die armband sien, was haar oë ook vol trane, soos myne. Dit was net so ‘n mooi oomblik. Sy soen en druk my van voor af en kan nie genoeg dankie sê nie. Shame, sy is so opreg met haar gevoelens. Die armbandjie lyk mooi om haar arm en ons lê en gesels oor die jaar wat verby is.

Naderhand sê sy dit word laat en dat sy gou wil stort voor sy ry. Ons moet al twee nog terug werk toe. Nie lank nie of ek hoor die water in die stort en besluit om in te loer ...

Die stort se glasdeure is toegewasem en ek maak die deur stadig oop. Daar staan hierdie lang lenige lyf, papnat en vol seep. Dit is so eroties dat ek besluit om by haar in te klim. Laggend verwelkom sy my en begin my lyf ook seep smeer. My hande is weer oral oor haar lyf, wat nou so sag en glad voel, en sy smeer my voël met seep terwyl ek met haar borste speel. Ons soen en vryf ons lywe teen mekaar onder die warm water, totdat ek voel hoe my paal weer begin lewe kry. Willemientjie lag heerlik en sê daar is nie tyd vir ‘n tweede ronde nie. Ons is al twee alreeds laat soos ons hier in die stort speel. Ons maak die krane toe en sy verdwyn in die kamer om aan te trek. Ek droog sommer daar af en sien dat my voël lus is vir nog toe hy styf word met die afdroog.

Willemien is ‘n sport en ek loop in die kamer in met ‘n horing terwyl sy op die bed sit en die toppie oor haar kop trek. Gelukkig het sy nog nie ‘n pantie aan nie, en ek gaan staan voor haar met my harde piel voor haar gesig. Sy giggel half opgewonde en sê sy het dit nie verwag nie. Ek druk haar terug op die bed en klim sommer bo-op haar toe sy haar bene vir my oopmaak. Fok die tyd, nou worrie ek nie oor werk toe gaan nie. Dis nie elke dag dat ek ‘n tweede ronde kan insit nie. Willemientjie het haar bene wyd oopgemaak en ontvang my in haar arms met ‘n smile. My paal is weer kliphard en ek druk hom stadig tussen haar mooi sagte lippies in. Sy sug hard toe ek hom diep indruk en sê “Dis nou lekker.” Dit laat my dadelik spoed optel en ons naai nou asof daar nie ‘n eerste ronde was vroeër nie. Nie lank nie of ek sien haar ogies gaan toe en sy steun en kreun weer hard. Haar klimaks moet naby wees, want ek voel ‘n siddering deur haar lyf trek en haar dosie knyp my paal styf vas. Net daarna los sy ‘n kort gilletjie en gryp my styf vas. Ek is so verbaas dat sy weer gekom het – sy moes self honger gewees het.

Ek het nog nie gekom nie en hou aan om net saggies op en af te beweeg terwyl ek bo-op haar lê. Die wrywing op haar klit laat haar weer roer hier onder my en sy steun saggies in my oor. Kort daarna ek voel ‘n klimaks opbou in my, en ek stoot nou al harder en dieper. Willemientjie reageer ook saam en sy kreun en gooi haar heupe teen my met elke stoot. Uitasem ry ons mekaar hard en dringend en ek voel weer ‘n spasma in haar opbou. Sy gil en skree sy gaan weer kom, net toe ek voel my klimaks bereik ‘n hoogtepunt. Ons kom gelyk en hyg en stoot en lag ... tot dit stil raak om ons. Haar laaste woorde voor sy opstaan was: “Fokkit, kyk hoe bewe my bene.”

Dit was ‘n wonderlike oggend met die beste seks wat ons ooit gehad het. Soos jong verliefdes groet ons mekaar ‘n paar minute later, en die res van die dag sweef ek as ek aan my Wilde Willemien dink.

The post LêNet: Eerste herdenking appeared first on LitNet.

Die geyser het gebars

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dit is een van daardie voorwinterdae wat mens net dwing om buite in die natuur wil wees, daarom besluit ek om my motorfiets op te saal en ’n ver ent te gaan ry. Vir ingeval vat ek ’n paar eetgoedjies en ’n bottel water saam en sit af na waar die Harley onder sy wit laken in die skuur staan.

Ek is in my laat 30’s en so ses maande gelede amptelik geskei. Dit was ’n ontvlugting uit ’n huwelik wat nooit moes gewees het nie, maar nouja, dis ’n storie vir ’n ander dag.

Net voordat ek by die deur uitloop, lui my selfoon. Effe ergerlik haal ek dit uit onder my ryklere en sien dis my buurvrou van die hoewe langsaan myne.

“Hallo Esté, hoe gaan dit?”

“Goed en jy, Anton? Ek sê dit gaan goed, maar eintlik is ek verleë oor jou.”

“Hoe kan ek help?”

“Kan jy asseblief kom help? Ek dink my warmwatersilinder het gebars, want daar loop water uit my dak uit. Ek weet dis Sondag en alles, maar ek weet nie wat om te doen nie, want Bertus is op pad na Kaapstad vir ’n kongres en hier is eintlik niemand wat ek kan vra nie.”

Nouja, daar gaat my planne vir my rit. Ek ry egter met die motorfiets na my bure se plek, al is dit maar net ’n troosprys. Daar aangekom wag sy vir my op die stoep. Met ’n drukkie verwelkom sy my. Met die nabywees ruik ek haar parfuum en dit ruik baie lekker. Esté is ’n mooi vrou. Sy is in haar middel-30’s met lang blonde hare en pragtige gelaatstrekke. Sy is baie kunstig gegrimeer en haar spierwit tande skitter tussen haar pienk lippe. Haar hande en naels is goed versorg en die bypassende pienk naellak komplementeer haar lippe. Ek kon nie anders as om op te Let dat haar toonnaels ook met dieselfde pienk gekleur is nie. Sy het mooigevormde bene en ’n middel wat by haar lyf pas. Sy sal nou nie meer deug vir ’n winkelpop nie, maar baie ander vroue van haar portuur sal haar haar lyf beny. Sy dra ’n wit bostukkie wat met knopies vasmaak en ’n stywe jean en mooi silwer sandale om alles af te rond. Ons stap die huis binne en sy wys my waar die water deur die plafon uit die dak uit loop en die vermoede word bevestig dat dit wel die geyser is wat lek.

“Het jy al die stopkraan toegedraai?” vra ek.

“Nee,” sê sy, “trouens ek weet nie eens waar dit is nie.”

Ek gaan buitetoe, vind die stopkraan, draai dit toe en gaan weer die huis binne. “Ons moet die skakelaar ook afsit,” sê ek en stap sommer na die skakelbord toe en doen dit.

Sy het alreeds ’n trapleertjie gereed toe ek terugkom. “Het jy miskien ’n flitslig?” vra ek. Sy knik en gaan haal een in haar kombuis. Ek trek eers my leerbaadjie uit sodat ek darem beweegspasie kan hê, neem die flits by haar en klim in die dak in. In die dak sien ek dat dit wel die silinder is wat stukkend is en daar is nie veel wat ek vandag daaraan kan doen nie, so ek sluit maar net die toevoer af en klim weer uit die dak uit. Ek verduidelik aan haar wat gebeur het en dat sy maar sal moet wag tot môre om ’n loodgieter te kry om ’n ander silinder te kom installeer. Die water het gelukkig nie te veel skade veroorsaak nie. Ek bied aan om haar te help om die water wat in die gang beland het, op te droog. Sy kry lappe en ’n emmer en heel gemoedelik en skertsend droog ons al die water op.

Dit klaar gedoen staan ons sommerso in die gang en gesels oor al wat onderwerp is. Asof uit die niet let ek vir die eerste keer op dat sy nie ’n bra aan het nie – ek kan dit sien omdat haar nippels deur die redelike dun materiaal van die bostukkie skyn. Sy sien dat ek sien en effe selfbewus vou sy haar arms om haar borste. Ek voel ’n roering in my onderlyf en besweer die gedagte heimlik deur myself te maan dat mens nie op jou eie stoep moet mors nie, en buitendien, sy het ’n man, ’n goeie man, en hy is boonop my vriend en buurman. Maar nou weet jy ook dat jagsheid hom mos nie laat voorskryf nie.

“Hoekom hou jy dit toe?” vra ek met ’n skalkse glimlag.

Sy bloos effe en is nie mooi seker wat om te antwoord nie. “Ag ek e-ek ...” stamel sy.

“Toemaar, ek sal jou nie in die verleentheid stel nie,” probeer ek myself verontskuldig. “Tog moet ek jou komplimenteer met wat jy daar so goed bewaar. Ek moet erken ek sal meer daarvan te sien wil kry.” Onwillekeurig gaan haar hand na die V-hals van haar bostuk asof sy dit oorweeg. Sy kyk my in die oë en ek kan sien sy oorweeg dit rêrig. “Sal dit help as ek sê asseblief?” vra ek. Ek beweeg nader aan haar en steek huiwerig my hand uit na waar haar hand die bostuk vashou, haak my vinger aan die klere en trek stadig sodat meer van haar mooigevormde bors sigbaar raak.

“Anton, ek, ek ...” begin sy, maar ek weet sy het reeds ingestem. Met haar oë steeds in myne glimlag sy die glimlag van Delila terwyl sy met haar ander hand die eerste knopie van die bostuk losmaak. Onmiddellik trek ek verder. Toe sy die tweede en derde knopies losmaak, is die hele linkerbors sigbaar.

“Wow,” sê ek, “jy het regtig mooi borste – kan ek albei sien, ‘seblief?” Sy maak die laaste knopies los en die bostukkie val oop en ontbloot die twee pragtige mooigevormde borste.

Onwillekeurig gaan my hand na die linker-een en omsluit dit so ver ek kan. Ek druk dit ’n paar keer en kry ook die ander een beet. Ons albei se asemhaling versnel effe en ek voel hoe my voël baie vinnig baie styf raak in my broek. Ek druk haar teen die gang se muur vas en soen haar. Sy soen my terug en ons albei weet wat hierna gaan volg.

Ek laat los een bors en beweeg my hand baie stadig teen haar lyf af na haar boud. Eers agter oor haar boud en dan vorentoe na haar mik toe. Sy maak haar bene effe oop sodat ek my hand lekker oor haar dosie kan vou. Ek vryf dit op en af en voel hoe die hitte uit haar lyf uitstraal. Haar asemhaling is ook baie vinniger en ek moet sê myne ook. Ek vroetel met die jean se bo-knoop totdat ek dit los het, kry die ritssluiter en trek dit af. Toe ek my hand in haar jean insteek, weet ek sy het ook nie ’n broekie aan nie, want my vel raak teen hare soos ek oor haar geskeerde dosie vryf. Ek vryf liggies oor die lippies en kan die nattigheid voel. My middelvinger vryf oor haar kittelaar en sy soen my met oorgawe en ekstase.

Sy begin my hempsknope losmaak en haar hande bewe van opgewondenheid. Sy stroop my hemp van my af en begin om my jean los te maak. Ek dra egter ’n dik leergordel en moet eers bietjie hand bysit om die klere uit te trek. Ek dra ook nie ’n onderbroek nie, dus toe my broek van my afgly, spring my voël soos ’n Olimpiese atleet regop. Sy kry dit beet met albei hande en trek dit in en uit, in en uit. Op my beurt masseer ek haar poesie, wat nou papnat is. Sy stoot my effe weg van haar af en sak op haar knieë voor my en begin my voël met haar mond liefkoos. Met haar tong en lippe doen sy dinge aan my wat my laat brul van lekker. Sy weet wat sy doen, want o vrek, dit wat sy nou aan my doen het nog geen ander vrou aan my gedoen nie. Sy lek my op en af al langs die skag van my voël, sit dit dan weer in haar mond en druk dit diep in haar keel af totdat sy nie verder kan nie. Lek en suig dan weer om die kop, agter oor die seninkie totdat vir my voel ek kom enige oomblik. Ek voel ek gaan kom, so ek stop haar. Ek trek haar regop en wil haar net daar in die gang naai, maar sy keer my en sê ons moet na haar kamer toe gaan. Ons het nog albei ons jeans aan, so ons trek dit uit en kan nie gou genoeg in die kamer kom nie.

Ek lê haar op haar rug op die bed neer en begin haar liefkoos. Ek soen haar innig terwyl ek haar borste brei en streel. Ek vryf oor haar nippels en rol dit sag tussen my vingers. Dit gee haar ook groot genot. Ek beweeg stadig af, soen haar keel, tussen haar borste, beweeg dan van een bors na die ander en soen en suig liggies en liefderyk. Sy geniet dit en sy uiter een kreun na die ander. Ek beweeg verder af oor haar maag, oor haar naeltjie. Ek kan reeds haar poesie ruik soos ek al nader daarheen beweeg met my mond. Ek is nou op haar poesie met my mond. Ek lek haar op en af met my tong deur haar slootjie. Ek kry haar kittelaar in my mond en suig sterk daaraan. Sy kreun hard van genot. Ek suig en lek harder en vinniger. Sy lig haar heupe op om my meer toegang te gee. Ek versnel my pas en ek voel haar liggaam begin ruk en ek weet sy gaan kom. Harder en sterker suig en lek ek. Met ’n onaardse kreun breek haar damwal en kom sy in my mond. Sy kry my kop tussen haar hande en lig dit op. “Asseblief net ’n oomblik,” sê sy met ’n bewerige stemmetjie terwyl haar hele liggaam nog bewe van die intensiteit van haar orgasme. Haar asemhaling is amper hortend en sweet is op haar voorkop sigbaar. Ek glimlag en beweeg terug en lê ’n oomblik langs haar steeds bewende liggaam. Haar wange is bloedrooi van opgewondenheid, maar daardeur glimlag sy vir my. “Sjoe dit was intens,” sê sy.

Na ’n paar minute ontspan sy. Sy kom regop en draai my op my rug sodat sy nou aan my kan doen wat ek nou net aan haar gedoen het. Met dieselfde tegniek as vroeër in die gang begin sy weer my voël te suig en te lek. Op en af langs die skag tot by my balle en weer terug, kielie die kopseninkie met haar tong, dan sit sy dit weer in haar mond en sluk dit so ver as wat sy kan totdat sy begin opruk uit haar maag. As sy dit uithaal uit haar mond, is dit redelik slymerig. Sy suig dit af en begin alles weer oor. Sy hou op, kyk na my en sê: “Ek wil jou binne-in my hê.” Ek knik net en sy beweeg op om op my te kom sit. Sy vat my voël in haar hand en druk dit in haar dosie in. Eers net die kop en dan met ’n stadige beweging al dieper totdat my hele agt duim in haar is. Sy uiter ’n harde kreun wanneer my voël heeltemal in haar is. Sy begin my te ry. Eers stadig op en af, dan vinniger en met meer drif terwyl sy kerm van genot met elke haal. Ek geniet ook elke oomblik hiervan en besef nou eers wanneer laas ek seks gehad het. Haar bewegings verander. Sy sit nou so dat my hele lengte binne-in haar is en beweeg nou vorentoe en agtertoe op my. My voël is diep binne-in haar en ek kan voel dit druk teen iets vas daar binne, maar dit is so lekker. Heen en weer beweeg sy, al vinniger en vinniger, terwyl haar asem nou amper hortend is. Sy kry my hande beet en vleg haar vingers deur myne terwyl sy al nader aan haar orgasme kom. Haar borste hop op en af soos haar liggaam die momentum aangee en ek kan nie genoeg kry van die gesig nie. Dit werk my op en ek voel hoe my heupe begin brand van die naalde-en-spelde-sensasie wat ’n orgasme voorafgaan.

“Ek gaan kom, Anton, ek gaan kom. Wil jy saam met my kom?” vra sy.

“Ja oukei,” sê ek. “Kan ek maar binne-in jou kom?”

“Ja asseblief,” sê sy.

Haar bewegings word skielik sterker. Terselfdertyd voel ek ook my orgasme is baie naby en ek moet regtig konsentreer om nie die oomblik vir haar te bederf nie. Skielik trek haar gesig verwronge en ek weet die tyd is reg. Sy gil en skree en gryp my vas dat ek seerkry van haar naels wat in my vel insteek. Sy stamp vorentoe en agtertoe soos sy kom en ek voel hoe al my vloeistowwe in haar diepte inspuit. Dit pomp en pomp vyf, ses keer totdat daar niks meer oor is nie. Ons liggame hou egter nog met die laaste momentum vol totdat ons voel die storm is oor.

Ons albei bedaar en sy sak natgesweet met hortende asemhaling op my bors neer. Sy lê met haar kop skeef op my skouer. Ek hou haar styf vas en liefkoos haar. Ons lê so ’n rukkie so en skielik kom ek agter sy huil saggies.

“Hei, wat’s fout, hoekom huil jy?” vra ek.

Sy kom effe regop en met betraande oë kyk sy na my en sê verleë: “Ag, ek’s sommer simpel, moet jou nie aan my steur nie.”

Ek lees boekdele hierin en vra nie verder uit nie.

Sy begin omrol van my af en ek voel dat dit nou baie nat is tussen ons. Sy reik uit na haar bedkassie se laaitjie en haal daar ‘n ou sakdoek van Bertus uit om die ergste af te vee. Sy gee vir my ook een aan en ons maak onsself eers bietjie skoon voordat ons teruglê en ontspan. Sy lê in my arms en streel met haar hand oor my bors.

“Kan ek jou ’n geheimpie vertel?” vra sy.

“Vertel,” sê ek.

“Bertus het heeltemal belangstelling verloor in seks en dit bedreig ons huwelik erg,” sê sy.

Nou gaan daar ’n paar ligte vir my aan by die aanhoor van wat sy so pas gesê het.

“Ek is regtig jammer vir jou,” sê ek. “Dit moet moeilik wees vir jou.”

“Ja, dit is,” sê sy.

“Dan sal ek maar meer dikwels moet kom uithelp as die geysers weer bars,” skerts ek.

“Wel, jy is nou hier, so hoekom nie die tyd nuttig gebruik nie?”

Hiermee beweeg sy haar hand af oor my maag en neem weer my voël in haar hand. Sy stimuleer dit saggies en met deernis en ek kan voel hoe hy weer lewe kry. “Dit voel goed,” sê ek en sy glimlag skalks.

“Ek sê mos, gebruik die tyd nuttig,” sê sy.

Op my beurt liefkoos ek haar ook deur haar te soen en weer met haar mooi borste te speel. Nie lank nie of ek is weer stokstyf. Sy beweeg tot tussen my bene en begin my weer suig en lek. Dit is baie lekker en ek geniet elke oomblik daarvan. Dit hou vir ’n ruk so aan tot ek omdraai en haar weer op die bed neerlê. Ek gaan lê op haar en sit my voël weer in haar dosie in. Ek naai haar stadig en met passie. Elke stoot so diep in as wat ek kan. Sy kreun weer en ek kan sien sy geniet dit. Ek hou later op en draai haar om sodat ek haar van agter af kan naai. In hierdie posisie kan ek nog dieper ingaan, wat nog meer genot aan haar gee. Sy staan op haar knieë op die bed en lê haar kop op die kussings. Sy draai haar kop só dat sy vir my kan kyk. Ek staan ook op my knieë agter haar en sit my voël weer in haar en stoot eers stadig in sodat ek haar nie seermaak nie. Die lubrikasie is egter nou al so goed dat my voël sonder moeite ingly so ver as wat ek kan ingaan.

Sy kreun en ek hyg en ons albei gee ons beste, want ons weet hierdie kans sal moontlik nie gou weer kom nie. Vinniger en driftiger beweeg ons saam in hierdie liefdespel nader aan die opbou tot ons orgasme. Ek kan ook reeds voel dat my balle begin saamtrek soos ek nader kom aan my orgasme.

“Anton,” sê sy skielik, “sal jy hierdie keer in my mond kom – ek wil jou saad proe in my mond.” Dit vang my effe onverhoeds, maar omdat ek dit nog nooit ervaar het nie, sien ek nogal uit daarna. “Ek gaan nou weer kom,” sê sy. Ek help haar sodat sy weer kan kom en sy kom weer met dieselfde ekstase.

Nadat sy bedaar het, trek sy self terug, draai haar om en begin my weer te suig. Omdat ek ook nie ver van my orgasme is nie, konsentreer ek hard om hierdie ervaring vir myself ten beste te benut. “Ek gaan nou kom, Esté, ek gaan kommm!” bulder ek. Ek voel hoe my orgasme soos naalde deur my lende trek en terselfdertyd hoe my saad in haar mond inspuit. Keer op keer spuit ek tot daar niks meer wil uitkom nie. Sy voel dat ek klaar is en trek stadig haar mond van my af. Sy hou haar mond toe, kom op haar knieë voor my en terwyl sy in my oë kyk, sluk sy alles in. Sy kyk nog steeds vir my en begin glimlag. Ek het op hierdie oomblik ’n groot behoefte om haar te soen en terwyl ons so op ons knieë voor mekaar staan, soen ons asof die soen nooit gaan ophou nie.

Die storm het bedaar. Ons is beide uitgeput, maar tevrede met wat ons uit hierdie Sondag gekry het.

“Kom ons gaan stort,” sê sy.

“Waarmee? Jy het nie warm water nie, of het jy vergeet wat ek hier kom maak het?” vra ek.

“Daar behoort nog ’n bietjie warm water te wees,” sê sy en spring op en stap badkamer toe.

Op pad terug huis toe voel ek goed. Ons het albei gebaat by hierdie buite-egtelike ervaring. Ek weet dis verkeerd, maar nogtans voel ek goed. In my gedagte is ook die belofte dat ons weer eendag ’n geyser moet laat bars.

The post Die geyser het gebars appeared first on LitNet.

Koshuiskaskenades

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ag, nou ja, hier sit ek vanaand maar al weer, soos alle ander aande, alleen in my kamer terwyl ander studente soos ek hulle gate uit geniet by al wat kuierplek is.

Ek het nie ’n kêrel nie en is ook te skaam om alleen na hierdie plekke toe te gaan, want daar gaan nogal baie stories rond oor dinge wat hier gebeur.

Ek het as my ouers se enigste kind op ’n plaas grootgeword en my ouers was baie beskermend teenoor my. Behalwe my skool en koshuislewe was ek nog nooit toegelaat om met seuns te meng nie, so ek het geen ondervinding op daardie gebied nie.

Toe ek moes gaan studeer was dit ’n storie om verblyf te kry hier in die universiteitsdorp. Gelukkig het my ma ’n advertensie in die plaaslike koerantjie gesien dat privaat verblyf vir studente beskikbaar is. Dit is by ’n egpaar wat in ’n baie groot huis woon. Dit is nou wel nie ’n nuwe huis nie, maar baie netjies reggemaak met die doel om studenteverblyf te verskaf. Selfs twee etes per dag word verskaf.

Ek deel die verblyf saam met twee sussies, Inge en Marna Willemse, wat ’n kamer deel, en een manstudent – sy naam is Jaco le Clercq.

Ewenwel, hier sit ek nou en verveel my dood. Die tannie-hulle is uit vir die aand en die ander studente is elkeen op hul eie missie.

Dit is hopeloos te vroeg om te gaan slaap, daarom vat ek ’n lang bad en kom sit toe maar by my lessenaar en speel speletjies op my skootrekenaar. Die speletjies verveel my ook en ek begin soek op die internet na nuwe speletjies. Een so ’n webwerf interesseer my en ek maak dit oop. Dit neem jou deur ’n paar stappe en skielik maak dit oop. Ek skrik myself in ander bloedgroep in, want in plaas van ’n speletjie kom daar ’n video op met rou pornografie. Te geskok en verbaas om iets te doen en met my een hand voor my mond om nie geluide te maak nie, staar ek na die tonele wat voor my afspeel en sien ek vir die eerste keer in my lewe waaroor pornografie gaan.

Die akteurs is poedelnakend en steek niks, maar niks weg nie. Ek kry skaam vir die meisie se part, want ek is geleer dáárdie deel van jou liggaam is nie vir vertoon nie. Sy is egter min gepla en vertoon aan die kyker alles wat sy tot haar beskikking het.

Skielik besef ek dat hier aardige geluide uit my rekenaartjie kom en daarom druk ek die oorfone in, net vir ingeval iemand iets hoor.

Ek moet erken die meisie is pragtig. Baie mooi gelaatstrekke, pragtige lang, blonde hare en sy is goed gebou. Haar borste is groot en ferm, ek skat naby aan ’n D. Die man is ook ’n Adonis met spiere op al die regte plekke. Mens kan sien dat hy baie tyd in die gimnasium deurbring. En dan is daar natuurlik sy, um, sy, jy weet wat. Dit staan soos die spreekwoordelike paal bo water en daarmee doen hy dinge aan die meisie terwyl sy gil van genot – of so wil dit voorkom. Onwillekeurig stel ek my voor dat die man aan my moet doen wat hy aan haar doen en ek skrik my dood net by die gedagte. Ek weet nie of daai ding in my sal pas nie, bowendien ek is nog ’n maagd.

In my onderbewussyn weet ek ek moet hierdie webwerf toemaak en vergeet daarvan, maar hoe langer ek daarna kyk, hoe meer kry ek die snaaksste gevoel in my lyf. Ek sien hoe hierdie akteur die meisie in allerhande posisies laat lê, staan, hurk, buk en wat nogal en elke keer as hy sy paal in haar insteek, gil sy van vooraf en vra vir nog meer.

Sonder dat ek dit eens besef het, betrap ek myself dat ek my een hand tussen my bene gesit het en met drukkies en vryfies myself masturbeer. Dit voel nogal goed. My oë is nou vasgenael op die klein skermpie voor my en hou my hele aandag gevange. Aan die bewegings en geluide kan ek aflei dat alles nou tot ’n klimaks gaan kom en ek wil graag sien hoe dit gaan eindig.

Die meisie nou lê op haar rug op ’n bed en hy staan langs die bed en met harde vinnige hale penetreer hy haar met daai gewigtige paal van hom. My hart klop ook nou vinnig en my asem jaag ook nou behoorlik en ek leef my in in hulle oomblik. Ek vryf en druk harder aan myself. Steek selfs my vinger in my in en voel die nattigheid daarbinne. Ek vryf oor my kittelaar en voel die skokkies wat deur my lende gaan elke keer as my vinger daaroor glip. Dan met ’n onaardse kreet uit sy borskas trek hy sy paal uit haar uit en spuit drie, vier strale sperm oor haar hele lyf, dat van die sperm tot in haar mond beland. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek sien hoe lyk sperm. Skielik bars die dam in my ook en ek beleef my heel eerste orgasme. Ek voel hierdie warm gevoel deur my hele lyf en die krampe in my lende as die orgasme my oorweldig. Met my hand steeds teen my broekie tussen my bene voel ek hoe die nattigheid daardeur slaan en ek raak van vooraf skaam. O Griet, wat gaan nou aan. Steeds skaam klap ek die rekenaar se skerm toe en haal die oorfone af.

Toe ek opstaan van my stoel af, wens ek die aarde kan my insluk, want Jaco staan reg agter my met ’n skalkse glimlaggie op sy gesig. “Ek ... hoe ... ek het jou nie hoor inkom nie,” stamel ek. “Ek wou nie ...” probeer ek weer, maar ek weet wat ek nou ook al gaan sê sal heeltemal verkeerd uitkom.

“Dit was nogal intens, moet ek sê,” sê hy.

“Hoe lank staan jy al hier?” vra ek.

“Lank genoeg om ook lekker opgewerk te raak, nes jy.”

“Jaco, glo my dit was per ongeluk ek kyk nooit sulke goed nie,” sê ek.

“Ja, ja,” sê hy en glimlag weer daai mooi glimlaggie van hom. Skielik, ja skielik, sien ek vir Jaco asof vir die eerste keer. Hy is vrek aantreklik met ’n mooi bruingebrande vel. Pikswart hare en diep donkerbruin oë. Hy het ’n prominente neus en ’n sterk ken. Hy dra ’n T-hemp met die woord “Burning” voorop, wat dit ook al mag beteken, en ’n swart jean. En hier staan ek voor hom met my dun somersnagkleertjies aan. Skielik besef ek ook dat my nagbostukkie dun genoeg is dat hy amper my borste daardeur kan sien, veral my tepeltjies wat na my “sessie” nog nie heeltemal tot rus gekom het nie.

“Wat maak jy so vroeg by die huis – ek dog julle kuier weer heelaand?” vra ek.

“Ag, die klomp het my begin verveel, toe kom ek maar huis toe. Het jy koffie?”

“Wil jy koffie hê?” vra ek.

“Dankie, dit sal lekker wees,” sê hy.

Ons het keteltjies in die kamers so ek sit dit aan en terwyl dit kook staan ek met my rug na Jaco gedraai sodat hy nie in my gesig kan sien hoe skaam is ek nie. Sê nou hy gaan vertel die hele wêreld waarmee ek myself besig hou. O hel, ek sterf tien dode. En wat sal die twee sussies sê as hulle dit hoor? Wat gaan hulle van my dink?

Die water kook en ek maak die koffie en gee syne aan. Ek reik na waar my kamerjas hang, maar Jaco vat my aan die arm en skud net sy kop. “Kom sit hier by my op die bed dan drink ons ons koffie.” Gedwee doen ek mee soos ’n slaapwandelaar.

“Jaco,” begin ek na ’n rukkie, “sal jy asseblief my geheim bewaar? Ek skaam my dood as iemand my hieroor moet konfronteer.”

Jaco sluk die laaste bietjie van sy koffie weg, sit die beker op die lessenaar neer en draai na my. “Moenie worrie nie, Hes, ek is nie die skinderbek-soort nie. Ek moes in die eerste plek nie jou spasie betree het nie, maar ek het gesien die lig brand nog in jou kamer en toe klop ek liggies. Toe jy nie oopmaak nie, loer ek toe maar in en sien jy sit met jou oorfone aan en met jou rug na my by jou rekenaar. Ek kon nie sien waarna jy kyk nie, toe kom loer ek maar oor jou skouer. Toe ek sien waarna jy kyk was ek self ook maar lekker vasgevang.”

Effe verlig sê ek vir hom dankie. Ek sit ook my beker op die lessenaar neer en mik weer na my kamerjas. Hy vat weer aan my arm, staan op en trek my baie stadig nader aan hom. Soos in stadige aksie sien ek hoe sy gesig al nader aan myne beweeg. Sentimeter vir sentimeter nader totdat sy lippe op myne is. Hy los my arm en sit albei sy arms om my skouers en druk sy lippe harder op myne. Ek voel hoe die bloed deur my are ruis. My ore sing en my wange voel vuurwarm. Versigtig plaas ek my arms op sy heupe en nou is ons liggame teen mekaar. Ek voel hoe sy lippe weg van mekaar beweeg en instinktief doen ek dieselfde. Ek druk my lyf stywer teen syne. My borste druk teen sy bors en dit voel nogal goed. Hy beur sy onderlyf teen my vas en ek kan die knop van sy penis teen my lyf voel. My asemhaling versnel en my hart voel of dit uit my borskas wil uitspring. Ek voel hoe Jaco sy tong liggies in my mond druk en die punt van my tong ondersoek. Weer instinktief doen ek dit ook. Ek kan agterkom dat hy dit net soveel geniet soos ek, want ek kan deur al ons klere sy versnelde hartklop voel.

Hy bring sy een hand van agter my skouer af teen my arm en beweeg dit in die rigting van my bors en plaas dit saggies daarop. Ek gryp sy hand vas, want ek weet nou nie meer so mooi wat gaan volg nie. Ek gee myself egter oor aan hierdie heerlike oomblik, die eerste keer in my lewe. Ek wil dit ervaar, want so iets het ek nog nooit beleef nie. Jaco druk en masseer my bors met sy hand sonder om my seer te maak en dan weer vat hy my klein tepeltjie tussen sy vingers en rol dit versigtig daarmee. Dit stuur trillings deur my hele senuweestelsel en wek gewaarwordings by my op wat ek nie hier in woorde kan omskryf nie.

Hoe, weet ek nie mooi nie, maar die volgende oomblik lê ons langs mekaar op die bed, ons lippe is steeds op mekaar, want ek wil nie hê dit moet ophou nie. Nou voel ek sy hand beweeg langs my een sy af tot waar my bostukkie se soom is. Dan glip sy hand onder die materiaal in en beweeg dan weer terug op na my bors toe. Hierdie keer is die sensasie net meer intens, want ek voel nou sy vel teen myne. Weer druk en vryf hy my borste om die beurt. Die volgende oomblik neem hy my bostukkie en trek dit oor my kop. En daar lê ek toe langs hom, kaal van bo net soos die aktrise in die video. In plaas van sy hand op my bors plaas hy sy gesig oor my een bors en begin aan my bors se tepeltjie suig. Saggies, sonder om dit enigsins ongemaklik te maak vir my. Dit maak meer gevoelens in my wakker en die sensasie is onbeskryflik. My asemhaling is nou buite beheer en ek is bevrees ek is besig om te hiperventileer. My hart hardloop soos ’n resiesperd en my vel gloei, en sweet slaan liggies op my vel uit. Tussen my bene is daar nou ’n erge nattigheid en ek kan voel hoe my vagina ook klop van die opgewondenheid in my. Jaco se hand beweeg oor my maag, by my naeltjie verby en die volgende oomblik glip hy sy hand by my broekie in en sy hand raak aan my dosie. Ek uiter ’n amperse gilletjie, want wat gaan hy nou doen? Ek vat weer sy hand en hou hom terug. “Jaco ek het nog nooit ...”

“OK,” sê hy en stop die beweging van sy hand, maar neem dit nie weg nie. Ek sweef op wolk nommer 9 en weet daar bestaan nou ’n kans dat ek gaan afval van my wolkie af, maar aan die ander kant ek is nog ’n maagd en wil my eer beskerm.

Jaco trek sy hand uit my broekie uit en soen my weer innig en met passie.

“Ek wil jou tot aan die einde toe vat, maar jy moet saamspeel,” sê hy.

“Wat moet ek doen?” vra ek.

“Gee jou net oor aan die oomblik,” sê hy. Hy kom effe regop, gaan sit tussen my bene en trek my broekie stadig en met grasie uit. Ek voel weer verskriklik selfbewus, want hier sit ’n man tussen my bene en staar in my hele privaatheid in. Ek het egter nie veel tyd om re reageer nie, want hy begin my te liefkoos met sy hande en sy mond, van my knieë af stadig en met deernis af, af, af tot sy mond uiteindelik op my dosie tot stilstand kom. Ek lê agteroor en sluit my oë. Hierdie oomblik kon ek nooit voorsien het nie. Skielik is daar ’n terugblik in my gedagtes van die paartjie in die video en ek kan onthou hoe sy dit blykbaar geniet het.

Met sy mond soen Jaco my tussen my bene, lek, suig en liefkoos my en ek kan voel dat die nattigheid al meer word daar. Dit is hemels en die gevoel en gewaarwording is iets onbeskryflik. My hele liggaam is aan die brand. Ek bewe soos ’n riet en my asemhaling is hortend. Ek voel ek gaan skree, daarom druk ek my hand teen my mond vas. Ek maak nogtans geluide en ek is bang iemand hoor my. Jaco se bewegings versnel. Ek kan myself nou nie meer keer nie en lig my heupe op sodat ek hom meer toegang kan gee, want ek voel ek gaan weer soos vroeër ’n orgasme hê. Dit is dan ook nie lank nie of ek voel my hele liggaam gaan ontplof. My heupe kramp, my rug trek styf en my bene bewe so geweldig dat dit amper spasties raak. “Ek gaan kom, Jaco, ek gaan kom, stop asseblief, stop.” Maar in plaas van stop gaan hy net voort en hou aan suig en suig tot ek nie anders kan nie en hard gil toe my orgasme breek. Steeds gaan hy aan en ons albei ry die golf van genot tot reg aan die einde. Geleidelik bedaar dit tot hy ophou en regop kom. My hele lyf is nog steeds aan die brand en ek haal steeds hortend asem, maar ek bedaar stadig. Hy sit steeds tussen my bene, met daardie skalkse glimlaggie. Hy kom vorentoe en soen my weer innig en lank. In sy mond proe ek die sappe van my eie orgasme en dit proe goed.

“Sal jy my ook nou help?” vra hy.

“Wat moet ek doen?” vra ek.

Hy staan van die bed af op, trek sy jean uit en staan voor my met sy klipharde ontblote penis. Ek kan nie anders as om die vergelyking te maak tussen Jaco en die akteur in die video nie. Jaco kom egter kort by hom. Hy vat my hand en plaas dit op sy penis. Ek vou my hand daaroor en begin dit stadig te trek, vorentoe en agtertoe. Ek kan sien hy geniet dit en ek versnel effe.

“Wag ’n bietjie,” sê hy en gaan lê op die bed. Hierdie keer gaan sit ek tussen sy bene en vat weer sy penis met albei my hande en trek dit op en af. “Soen hom,” sê hy. Huiwerig sak ek af en soen sy penis op sy klipharde kop. Ek voel Jaco se hand agter my kop en hy druk my kop af sodat sy penis in my mond ingaan. Ek hou nogal van die gevoel en begin instinktief liggies te suig terwyl ek met my mond op en af oor sy penis beweeg.

Jaco kreun van genot en ek kry die gevoel dat ek dit reg doen soos hy daarvan hou. Op en af, op en af gaan ek. Vinniger dan weer stadiger. Ek hou die basis van sy penis met my hand vas en sit effe druk daarop. “Ja, so, net so,” kreun hy. Ek probeer ander bewegings, soos om langs sy penis te suig en dan weer aan die agterkant. “Dis lekker, hou so aan,” sê hy. “O, o, o,” kreun hy nou kliphard en ek voel hoe ’n warm stroom in my mond ontplof. Ek skrik en ruk my mond weg terwyl sy sperm nog uit my mond drup. Dit loop teen sy penis af en oor my hand tot op sy skaamhare, ’n groot klomp. Sy penis staan nog steeds regop en vol bravade sit ek weer my mond daaroor en suig nog ’n paar maal daaraan totdat ek voel dit begin ontspan en raak slap.

Ek kom regop en glimlag ook vir hom terwyl ek my mond met die rugkant van my hand afvee. Ek proe die effense sout smaak van sy semen in my mond as ek ’n bietjie daarvan insluk. Hy lê steeds agteroor en haal swaar asem terwyl sy borskas dein. Ek kyk af en sê “Dis nou bietjie van ’n gemors hier.” Hy lag en sê “Ja, ons sal maar onsself eers moet skoonmaak.”

Nadat ons onsself skoongemaak het, sit ons weer op die bed en hy neem my weer in sy arms en soen my weer. “Dankie, vir ’n heerlike ondervinding, Hes, ons kan dit gerus weer doen.”

“Dis reg met my, maar onthou jy’t belowe om my geheim te bewaar, nè.”

Hy glimlag en knik net sy kop, soen my nag en staan op. Hy trek sy broek aan terwyl ek my kamerjas oor my kaal lyf aantrek. “Ek wil graag badkamer toe gaan,” sê ek.

“OK,” sê hy, “sien jou môreoggend”, en gaan na sy kamer.

Laat daardie aand, nadat ek almal in die huis hoor terugkom het van waar hulle ook al was, lê ek steeds wakker en beleef elke oomblik van die aand in besonerhede. Ek kan skaars glo wat met my gebeur het. Ek voel “anders”. Volkome, tevrede, my lyf gloei nog steeds. Iets het vanaand met my gebeur wat vir altyd by my sal bly, ’n ondervinding wat ek vir die res van my lewe sal koester, en ek voel nie eens skuldig nie. Ek is net bang dat ek môreoggend aan die ontbyttafel nie my gewone self sal kan wees nie en dat die ander dan sal begin vrae vra.

 

(Word vervolg)

The post Koshuiskaskenades appeared first on LitNet.


LêNet: Onbeplande oornag

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Verlede week was ek weer in die Kaap vir besigheid, en met die gure weer wat ons gehad het, is ‘n paar vlugte vertraag terug Johannesburg toe. So kom dit toe nou dat ons ook ‘n uur of twee later uit die Kaap uit is, en gevolglik net voor donker eers in Johannesburg land.

Die plan was om nog terug te ry huis toe, wat so drie ure vanaf Johannesburg is, maar met die skemer wat al sterk op ons was, besluit ek toe om sommer naby die lughawe in ‘n gastehuis in te boek vir die aand.

Gelukkig het hulle nog ‘n kamer oop gehad en ek vat dit sonder om te aarsel, want ek is nie lus om nou drie ure in die donker te bestuur nie.

Na ‘n lekker lang warm stort voel ek beter, en besluit om af te stap na die kroeg toe om iets te drinke te kry voor ete. Die vertrek was half donker en my oë het ‘n rukkie geneem om aan te pas. By die toonbank bestel ek ‘n whiskey op ys en voel sommer hoe die lang dag uit my uitvloei soos ek ontspan.

Ek begin toe om my kyk toe my oë aan die donker vertrek gewoond geraak het en sien ‘n vrou hier naby my sit, alleen by ‘n tafel. Sy het ‘n langbroek aan en ‘n dik trui, want die hoëveldluggie byt kwaai dié tyd van die aand. Toevallig kyk sy ook op van waar sy die spyskaart bestudeer, en ons maak oogkontak vir ‘n paar sekondes. Dit lyk of sy frons, en ek wonder of sy my dalk ken, want ek het lank in die area gebly. Toe ek weer kyk, kyk sy ook op en dit tref my soos ‘n weerligstraal ... Dis Maggie! Ons is al jare lank vriende. Ons het hulle in ‘n karavaanpark ontmoet toe die kinders nog op skool was. Daarna het ons lank kontak gehou, en gereeld saam gaan vakansie hou in ons karavane.

Huiwerig staan ek op en stap stadig oor na haar tafel, nie seker of sy my erken het nie. Sy staan ook op toe ek nader kom en glimlag. “Wat maak jy hier?” is die eerste woorde uit haar mond, en toe weet ek ek het nie ‘n fout gemaak nie. Haar rooi hare is mooi kort geknip, en haar lang lyf nog altyd so sexy soos toe ek haar die eerste keer gesien het. Sy gooi sommer haar arms om my nek en ek soen haar op die wang toe ons bymekaar kom. “Nee bullshit,” sê sy; “groet my ordentlik”, en soen my weer op die mond. Sjoe, haar lippe is so sag en half klam. Dit was nou ‘n aangename verrassing, en ek voel sommer lus om by haar te sit. Ek vra toe vir wie wag sy, en sy vertel my van ‘n vriendin wat laat is. Hulle sou aandete gehad het. “Mag ek maar hier saam met jou wag?” is al wat ek aan kon dink om te sê, en sy lag en sê natuurlik!

Na ons tweede of derde drankie het ons oor die verlede gesels en al die skindernuus ingehaal tot nou op hede. Dit is nou al agtuur en ek besef ek raak honger. Maggie maak ‘n vinnige oproep, en hoor die vriendin het gekanselleer.

“Wel,” sê ek, “dan is dit net ons tweetjies vanaand”, en knipoog vir haar. Sy glimlag stout en sê “Ten minste is ek nie alleen nie.” Ons bestel kos en gesels onophoudelik. Wow, ek het vergeet hoe maklik ons oor enigiets kan gesels.

Na ete vra ek of sy nagereg wil hê, en sy bestel ‘n so pienk roomlikeurtjie. Dit is ‘n nuwe produk op die mark wat ek nie ken nie, en sy sê ek moet proe. Wel, dis flippen lekker en ek bestel ook een. Die een word twee, en toe drie …. en toe hou ek op tel. Ons raak nou lekker luidrugtig, en is die laastes wat die eetkamer verlaat.

Buite haak sy by my in en ons stap na my kamer toe. In die parkeerterrein stop sy eers om haar sleutels uit haar handsak te haal, en ek maak die voorstel dat sy nie nou terug ry nie, maar oornag. Onseker sê sy: “Kom, wys my jou kamer dan besluit ons.”

Met vlinders op my maag haas ons na die kamer, wat nou lekker warm en snoesig is teen die koue daar buite, en ek kan sien sy like dit. Ek wag al die hele aand om haar weer te soen, en draai haar om toe sy instap en soen haar hard en vuriglik op daai mooi mond. Sy reageer sonder om te aarsel en haar mond gaan saggies oop. Haar tong speel teen my lippe en ek byt dit speels vas. Op daardie oomblik trek ek haar styf teen my en sy druk gewillig nader. Haar mond is oop en haar lyf is teen myne ... Ek kan nie verhelp om ‘n horing te ontwikkel nie, en sy voel dit dadelik. “Oe, ek is bly ek kan dit nog doen met jou,” fluister sy teen my mond, en ons soen weer verder.

‘n Oomblik later verskoon sy haarself en verdwyn in die badkamer in. Ek bel die kroeg en bestel gou weer van daardie likeurs, wat hulle dan ook sommer gou bring. My asem slaan weg toe Maggie uit die badkamer uit kom. Sy het die dik trui uitgetrek en het net ‘n stywe wit T-shirt onder aan. Met daardie moderne laaggesnyde jeans en die kort T-shirt steek haar plat magie effens uit, en ek sien net vir ‘n oomblik ‘n naeltjiering blink in die dofverligte kamer toe sy by my op die bed kom lê. Ons is dadelik weer in mekaar se arms en my hande dwaal onder haar hempie in en voel aan haar borsies. Ek besef sy het nie ‘n bra aan nie, en haar tepels is hard in my hande. Sy sug saggies toe ek met haar borste speel, en haar een hand gly stadig teen my bors af en oor my broek se belt tot op my harde voël wat nou ‘n knop in my broek gevorm het. Ek doen dieselfde en laat my hand stadig onder haar hempie uitgly, en voel eers aan haar plat magie waar ek ‘n oomblik stop toe ek sien sy trek haar maag in. Ek glip eers my vingers onder die jean in, en toe sy goedkeurend sug, druk ek my hele hand binne-in haar jeans.

Ek voel amper geen haartjies daar binne nie, en ook nie ‘n pantie nie. Net ‘n sagte, warm, klam koekie. My horing word nou lastig en ongemaklik in my broek, en Maggie moes my gedagtes gelees het, want sy maak my zip oop en my belt los, en met haar klein handjie trek sy my onderbroek se rek af. My voël spring kliphard uit sy gevangenis, en haar warm hand begin hom nou masseer. Ek kon net nie langer wag nie, en draai na haar toe om haar T-hempie uit te trek. Haar ferm borsies lyk pragtig in die sagte lig van die bedlampie. Dadelik begin ek ook haar jeans losmaak, en sy help gewillig om die broek oor haar heupies te kry. Vir ‘n oomblik kon ek nie my oë glo nie. Sy het nie ‘n pantie aan nie, en in die skemerlig staar ek na die mooiste dosie wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Die lippies is mooi skoon gewaks en lyk aanlokkend sag, met net ‘n kort ry haartjies wat die bultjie bo haar poesie beklemtoon.

Terwyl ek my klere uittrek het Maggie omgedraai na die bedkassie toe en die een glas met die pienk likeur gevat. Toe sy terug draai na my toe, het sy die ondeundste smile op haar gesig, en sê “Ek het planne met die likeur.” Sy laat nie op haar wag nie, en vat eers ‘n slukkie, en druk toe haar vinger in die glas. Baie versigtig laat sy ‘n paar druppels likeur op my kloppend harde paal drup, en begin dit toe aflek. Wow, wat ‘n sensasie ... eers die koue likeur, wat dan deur die sagte warm tong afgelek word. Sy suig al hoe harder en dieper, en ek lê en kyk hoe my voël in haar mond verdwyn, terwyl haar klein handjies met my balle speel. Dit is die ongelooflikste sensasie, en my paal is nou pynigend hard. Ek vra Maggie toe of ek dieselfde met haar kan doen, en sy rol goedkeurend terug op haar rug en sê saggies: “Help jouself.”

Ek vat ook eers ‘n slukkie van die pienk likeur en dink terug aan die TV-advertensie wat sê: “Real men don’t drink pink drinks”, maar fok hulle – hierdie is lekker. Ek sit eers ‘n druppel op elke dooslippie, en lek dit stadig af. Haar lippies is sag en glad en ek kry die sensasie van marshmallows wat ek eet. Weer druk ek my vinger in die likeur, en sit ‘n druppeltjie op haar klit. Sy haal hard en diep asem, en ek weet sy hou van die gevoel. Met my duime maak ek haar lippies oop en begin die likeur van haar klit aflek. Toe sy my hare in haar hande vat en my kop styf nader trek, begin ek al harder suig en lek. Maggie maak die mooiste kreungeluidjies hoe meer ek suig. Haar heupe begin stadig op en af beweeg, en ek laat my tong kort-kort met die slootjie afgly tot binne-in die opening van haar poesie. Haar sagte kreungeluidjies het nou harder geword en haar asemhaling vinniger.

My paal is nou tot barstens toe styf en ek besluit dis tyd om ‘n “diepe indruk” te maak.

 Ek gaan staan op my knieë voor haar en vat een van die kussings en sit dit onder haar boudjies. Ek het iewers gelees dat dié posisie ‘n vrou se sensasie verhoog, en ‘n man se voël makliker inglip. Stadig sak ek op haar neer, en met een hand druk ek my polsende harde paal in haar sappige dosie in. Sy trek weer haar asem diep in en gee ‘n harde sug toe my volle lengte binne-in haar insak. Sy het haar hande op my heupe gesit en trek my nader en dieper in, elke keer as ek beweeg. Ek kon myself nie meer in bedwang hou nie en begin hard en ritmies pomp. Maggie steun en kreun met elke stoot, en daar gaan ‘n ligte bewing deur haar liggaam. Ek voel ek is nie ver van ‘n orgasme af nie, en besluit om net eenvoudig harder en vinniger te pomp. Vanaand is ek nie ‘n gentleman nie, en ek probeer nie die sessie uitrek soos ek altyd doen nie. Ek kyk af op hierdie pragtige lyf onder my en sien haar maagspiertjies trek styf, en haar oë is nou toe. Haar koekie knyp my stywer vas, en haar asemhaling het nou in kort gilletjies verander. Net toe ek voel hoe ‘n spasma in my begin opbou, bars die klimaks in haar. Haar vingers druk diep in my rug in, en haar heupe ontmoet my met elke stoot. Met ‘n finale uitgerekte “aaaaggh” kom Maggie luidkeels hier onder my. Haar oë is nou groot oop en sy lag uit haar maag uit. “Wow … dis wonderlik,” sê sy, en ek kon toe ook nie verder keer nie. Dit voel of my rug krom trek en ek hoendervleis van my kuite tot in my nek kry toe ek kom. Ek stamp my agtduim-paal finaal diep in haar sagte lyfie, en spuit onophoudelik tot my sakkies leeg is. Na ‘n oomblik van stilte val ons in mekaar se arms tot ons asemhaling bedaar. “Dankie, ek het dit nodig gehad,” sê Maggie, en ek soen haar weer. “Dit was ‘n moerse plesier,” sê ek en nooi haar om die nag te bly.

Rustig drink ons die oorblywende likeurtjie klaar, en toe kom cuddle Maggie hier in my arms, en raak aan die slaap. Ek self voel nou moeg na al die energie wat ons verbrand het, en die drank wat ons aangetas het.

Nou is ek bly ek het nie huis toe gery nie, anders sou ek mos nooit die lekker pienk likeur ontdek het nie (grappie). Anders sou ek nooit hierdie onvergeetlike stoot gehad het van die vrou wat ek al jare oor gefantaseer het nie.

The post LêNet: Onbeplande oornag appeared first on LitNet.

LêNet: In die tent

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dit was ons eerste uitstappie saam bosse toe. Elke dag het almal hard gewerk en ek was trots op jou. Jy het ekstra hard gewerk en als het goed gegaan. Dit was winter en alhoewel dit warm was in die dag was dit vrek koud in die nag. Die tent waarin ons geslaap het was nou ook nie van die beste kwaliteit nie.

Die aand word ek wakker toe ek voel hoe iemand hier langs my inkruip. Ek vra toe wat fout is en jy sê toe dat jy erg koud kry. Ek skuif op en maak plek vir jou en trek jou kombers ook oor ons. So draai ons toe gemaklik en lê lepel terwyl ek jou lekker vas hou. Salig hoor ek hoe jy aan die slap raak en nie te lank nie toe is ek ook in droomland.

Vroegoggend word ek wakker van ‘n abnormale beweging. Ek moes eers mooi fokus wat aangaan want ek was diep aan die slaap. Ek voel hoe jou boude hier in my lies sulke rolbewegings maak en heen en weer skuur teen my. Met ‘n skok besef ek dat ek ‘n stokstywe horing aan my het. Ek dog toe jy slaap nog en net toe ek bietjie wou weg skuif vra jy saggies “O, is jy uiteindelik wakker?” Ek sê toe skaam ek is jammer as jou gepla het en jy antwoord toe “Nee wat, dit is wonderlik om met so stywe penis so hard teen my wakker te word, ek dink ek het jou wakker gemaak,” met ‘n giggeltjie.

Jy waarsku my toe ook weer dat ons moet saggies wees want die ander slaap nog in die kamp. Na ‘n kort rukkie van die onderlyf se geskuur teen my draai jy toe om. Jy vat my toe om die nek en begin om my vurig te soen. Ek druk jou styf vas teen my en beantwoord jou soene met passie.

Ek draai toe op my rug en trek jou saam bo-op my. Ons passie word nie vir ‘n oomblik onderbreek nie. Ek druk toe my hand onder jou toppie in en vryf jou oor die rug en die ander hand voel ek op jou boude. Hemels!

Na ‘n rukkie trek ek toe jou toppie uit en jy sak weer af tot jou tepels my kaal bolyf net raak. Ek gryp na jou borste maar jy sê nee ek moet los. Stadig begin jy om jou borste op en af te trek oor my maag en bors sodat net jou tepels raak. Ek dog ek gaan ontplof en elke keer as ek jou wil vasdruk sê jy nee, los. Ek moet myself dwing om jou nie vas te gryp nie.

Toe sak jy af en begin met jou tong oor my bors te gly. Toe is dit my tepels se beurt en dinge raak toe amper te veel vir my. Ek gryp jou toe vas en soen jou ernstig op jou mond, in die nek en begin om jou oor te knibbel.

Ek voel hoe jy jou lyf skuif wydsbeen bo-oor my en toe hoe jy jou koekkie styf vasdruk teen my stokstywe penis. Jy het nog jou sybroekie aan en ek is nog in my onderbroek. Stadig begin jy om jou onderlyf op en af en heen en weer te beweeg sodat daar wrywing is op my meneer. Jou soene begin ook meer intens raak en jy begin sulke fyn kreungeluide maak. Dit gaan so rukkie aan en jou koekie wat so gly en beweeg oor my kloppende penis is besig om my mal te maak. Toe begin jy al hoe vinniger te beweeg en dieper asem te haal. Skielik gryp jy my styf om die nek met jou naels wat diep in my vel insteek, jy byt die kussing langs my kop vas en ek kan hoor hoe jy gil in die kussing sodat niemand jou kan hoor nie. Jou hele lyf voel of dit in spasma in gaan en jy koekie beweeg styf met sulke rukbewegings teen my penis.

Dit was net te veel vir my en ek voel hoe ek ontplof in die onderlyf. Als raak dof om my en ek maak sulke rukbewegings soos ek kom. Dit is so lekker dat ek vir ‘n oomblik wens dit hou nie op nie.  Ek hou jou so styf vas dat ek agterna gedink het ek het jou amper doodgedruk.

So lê ons uiteindelik stil vir ‘n lang ruk, nie een sê ‘n woord nie. Salig styf in mekaar se arms besig om, teen ons wil, te probeer terugkom na die werklikheid toe.

Na ‘n ruk van net so lê hoor ons hoe die res van die kamp begin woelig raak en besef ons sal moet begin rigting kry. Jy staan toe van my af op en ons twee kyk na mekaar en skielik begin ons altwee te giggel soos twee skoolmeisies. Ons altwee lyk of ons in ons broeke gepiepie het! Eksoties!

The post LêNet: In die tent appeared first on LitNet.

LêNet: Verrassende einde van ‘n aand

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek en ‘n vriendinnetjie het ‘n reëling om mekaar minstens een keer per maand te sien. Ons bly ver van mekaar, maar is al twee in die bemarkingswêreld betrokke, en het dus geleenthede om te reis, en mekaar te sien.

Wanneer ons mekaar sien, is dit gewoonlik in ons hoofstad, dan bespreek ons ‘n kamer in ‘n gastehuis, of ‘n oord, en dan spyker ons mekaar moeg. Ons het al twee maar “tekorte” in ons huishoudings, en so vul ons mekaar aan. Noem dit maar “friends with benefits”. Sy is absoluut die beste stoot wat ‘n man van kan droom. Dié Debbie van my.

Verlede week bespreek ek toe weer ‘n gastehuis, maar daar was net ‘n enkelkamer beskikbaar. Dit was kort kennisgewing, en ek aanvaar dit toe maar so. Ek laat weet Debbie van die enkelkamer, en sy sê: “Ag wat, dan gaan ons vir die eerste keer op ‘n enkelbed liefde maak.”

Toe ons daar aankom, is die man so ongeskik. Hy wou my eers nie in die kamer toelaat nie, want dis te vroeg. Toe ek hom vertel my vriendin kom ‘n draai maak later voor ons uitgaan vir ete, sê hy vir my dat geen gaste toegelaat word nie. Ek was onmiddellik so die donner in en wou sommer my kamer kanselleer. Ek vra hom toe of daar nie ‘n dubbelkamer beskikbaar is nie, en steeds is die antwoord nee. Die ou fok nou rond met my planne. Ek loop al heeldag met ‘n halwe horing, want vanaand gaan ek my favourite girl sien en ons al twee weet ons gaan spyker, want sy het my al vroegoggend begin terg met sexy foto’s.

Wat ons partymaal doen, is om ‘n foto’tjie van onsself vir die ander een te stuur. Soms as sy nuwe onderkleertjies gekoop het, trek sy dit aan en stuur dan vir my ‘n foto. Ek is gek oor sexy onderklere en Debbie weet dit maar te goed. Vanoggend se foto was ‘n close-up van haar nuwe pantie. So ‘n pienk deurskynende een wat haar dooslippies duidelik wys, en dan maak die broekie so ‘n subtiele fyn lyntjie binne-in haar slootjie. Die haartjies bo-op beklemtoon die perfekte poesie wat agter ‘n sysagte pienk broekie skuil. Ek was besig om te bestuur toe die foto deurkom, en ek het net daar my eerste horing van die dag gekry. By die volgende robot kom daar weer ‘n foto deur, en hierdie keer het Debbie geen pantie aan nie, en die sonlig skyn helder op haar naakte lyf. Haar selfoon was seker tussen haar knieë toe die foto geneem is, want haar pragtige, volronde dosie is perfek in fokus.

Ek kon nie verder bestuur nie, en moes eers ‘n plekkie kry om te parkeer. Met nadere ondersoek, toe ek die foto oopmaak en vergroot, sien ek dat die dooslippies mooi opgeswel is en die slootjie ‘n blink nattigheid in het. Daarna het daar nog twee foto’s deurgekom wat haar hele kaal lyf wys waar sy op haar bed lê, en ek wens ek kon daar en dan by haar op die bed gaan lê en liefde maak. Hierdie girl is seker vandag net so jags soos ek, want haar foto’s is meer uitlokkend as ander dae. As ons mekaar vanaand kon beetkry, sou die sop gespat het!

Ongelukkig moes ek Debbie laat weet dat ons planne van die baan af is, en beplan toe om mekaar te ontmoet by ‘n kroegie daar naby en sommer maar net iets te ete te kry.

Net toe ek my eerste bier bestel het, stop haar kar buite in die parkeerterrein. Ek stap deur die tuin na buite en wag vir haar om uit die kar te klim. Liewe bliksem ... daar klim sy uit met ‘n stywe wit langbroek, en ‘n los toppie wat my asem wegslaan. Sy stap reguit in my arms in en met ‘n vinnige “hallo” soen sy my met ‘n sagte, warm mond. Sy ruik ongelooflik lekker, en ek druk haar styf teen my vas. Ek hoor hoe ‘n paar rugwerwels kraak, en soen haar weer.

“Daarsy,” sê sy, “nou’s ek reg vir ‘n dop.”

Na ‘n drankie besluit ons om my kar daar te los en met haar kar na ‘n winkelsentrum toe te gaan waar daar ‘n verskeidenheid van eetplekkies is. Sy ken die area egter beter as ek, en as ek die passasier is ... is my hande vry om bietjie rond te loop. Op pad na die winkels toe sit ek my hand op haar been en speel met die sagte gladde materiaal van haar langbroek. Stadig laat gly ek my hand teen haar bobeen af terwyl ons gesels en raak met my pinkie aan haar koekie. Dit is so sag en warm daar dat ek onmiddellik ‘n horing begin ontwikkel. Rustig bestuur sy voort terwyl ek my hand al dieper tussen haar bene inwerk. Op ‘n stadium sê sy net: “Jy is weer stout vanaand” en maak haar bene net ‘n fraksie meer oop. Sy speel die game baie subtiel, en ek word net meer jags.

By die restaurant sit ek nie oorkant haar soos gewoonlik nie, maar skuif langs haar in. Ons sit lekker styf teen mekaar en kort-kort lê sy met haar kop op my skouers as ons gesels. Die ete is smaaklik, en die wyn is heerlik. Wat ‘n lekker rustige aand met die vrou van my drome. Net jammer ons kan nie nou kamer toe gaan en vurige liefde gaan maak nie.

In die kar op pad terug sit ek weer my hand op haar been, en begin dadelik met haar speel. Debbie se bene is nou gemaklik oop terwyl sy bestuur, wat my regterhand toegang gee tot haar koekie. Die broek span nou so styf dat ek haar lippies kan voel. Ek laat gly my een vinger tussen die lippies in om die slootjie te ontdek en voel die klammigheid van haar dosie aan deur die materiaal. Intussen het ek weer ‘n polsende monster ontwikkel in my broek wat my baie ongemaklik laat sit in haar kar.

By die parkeerterrein waar ek my kar gelos het, parkeer Debbie reg agter my. Sy draai om na my toe en begin my soen met haar sagte warm mond. Sy maak haar mond oop en ek voel haar tong stadig rondloop in my mond. My linkerhand gly nou van haar skouer af en begin speel met haar borsies. Hulle voel so ferm en my horing word nog een telling harder. Die volgende oomblik is haar hand op my voël en sy masseer hom saggies. Stadig laat ek my hand afgly tot tussen haar bene, en sy maak hulle sensueel oop.

Op daardie oomblik kom daar mense uit die kroegie se tuin aangestap, en kom staan so vyf meter weg van ons af en gesels. Fok hulle, nou vry ons in ‘n kar soos in die goeie ou dae. My linkerhand is nou op haar koekie, en ek begin die zip losmaak. Gewillig lig Debbie haar heupe toe die broek oopgezip is en my hand glip na binne. Haar dosie is nat en ek speel eers met die sagte lippies, en laat my vinger dan in die slootjie afdwaal. Haar asemhaling word vinniger hier in my nek toe ek haar klit met die nattigheid van haar liefdesappies stimuleer. Ek kyk weer op en sien die mense nog steeds hier buite die kar staan.

Intussen het Debbie my broek ook oopgezip, en my voël spring op aandag toe hy bevry is. Haar sagte hand begin hom masseer, en dit is tyd om haar te waarsku dat ek nou al heeldag met ‘n horing rondloop en enige tyd kan kom. Voor ek ‘n woord kan uitkry, buig sy oor na my en vat my polsende paal in haar mond. Wow … dit voel goed. Sy is so behendig, en suig saggies aan die kloppende monster terwyl haar hand met my balle speel. Luister, nou is dit tyd om te stop, want ek voel hoe ‘n klimaks besig is om uit my tone uit op te bou. “Debbie!” sê ek dringend. “Oppas ... ek is naby.” (Sy het baie lank terug vir my gesê sy sal nie sluk nie, so ek weet ek moenie in haar mond kom nie.) “Debbie!” praat ek harder, toe die klimaks hier in my rug optrek. “Stop asseblief!” Ek vat ‘n hand vol van haar pragtige kortgesnyde hare en wil haar van my aftrek, maar ek wil haar ook nie seer maak nie. My bols begin klop, en ek weet dis te laat. Debbie moes dit gevoel het, maar sy het net aangehou suig. Met ‘n ontploffing uit my ballas spuit my orgasme in haar mond. Ek probeer uittrek, maar sy hou my paal ferm vas terwyl ek in haar mond kom. Dit voel of ek opgehou asemhaal het van die inspanning om nie in haar mond te kom nie, en die verligting na die klimaks. Dit was beslis die mees intense blowjob wat ek nog ooit gehad het.

Nadat sy my afgesuig het, lig sy haar kop en kyk my in die oë. “Dit was toe glad nie so erg nie,” sê sy met ‘n glimlag.

“Hoe kon jy dit doen?” vra ek, en kyk haar net sprakeloos aan toe sy sê: “Dit was jou beurt vanaand.” Dit was ‘n eerste vir ons al twee en dit voel vir my of ons ‘n nuwe mylpaal in ons verhouding bereik het.

Hierdie is ‘n droommeisie, en ek voel ek skuld haar. Ek gaan haar so bederf as ons mekaar volgende maand weer sien. Ek weet sy hou ook van orale seks, en ek gaan haar oplek en suig totdat sy skree van lekkerkry. Ek sal net nooit kan vergeet wat Debbie vanaand vir my gedoen het nie.

 

The post LêNet: Verrassende einde van ‘n aand appeared first on LitNet.

Onbeplande, onvergeetlike naweek

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dis Saterdagoggend. Jaco lê hom behaaglik en uitstrek in die bed. Dit is skoolvakansie en sy vrou en die kinders het vir twee weke by haar ma-hulle in Durban gaan kuier. As gevolg van werkdruk kon Jaco nie afkry nie en is alleen tuis. Dit is ‘n heerlike someroggend en al vroeg warm. Die tuindienste het die vorige middag die tuin mooi aan die kant gemaak en sy vrou het die huis mooi netjies gemaak voor sy en die kinders weg is. Hy het dus die dag, die naweek en die volgende twee weke die huis vir homself met niks anders om te doen nie as ontspan. En dit gaan hy behoorlik doen. Hy loer so terloops deur die venster na buite en sien die swembad se heerlike koel ligblou water. Hy stap buite toe en skuif ‘n strandstoel reg in die son langs die lapa. Hy gaan haal die gasbraai en sit dit ook reg. Hy het klaar broodjies en lekker steak gekry met genoeg bier en koeldrank vir die hele naweek. Hy hoef dus nêrens heen te gaan nie. Dit gebeur bitter min dat hy die huis vir homself het. Hy is lief vir sy vrou en kinders, en hy weet hy gaan hulle mis.

Hy stap kamer toe en trek die bed reg, sit sy vuil klere in die mandjie en spring gou onder die stort. Na hy hom klaar afgedroog het, besluit hy om sommer kaal te bly. Dis mos nou die lewe. Sy agterplaas is toe met ‘n twee meter hoë heining en is dus lekker privaat. Hy hou daarvan om kaal te wees, maar sedert die kinders gebore is, gebeur dit maar bitter min. Hy stap die gang af en begin al klaar ‘n yslike ereksie ontwikkel. Dis mos lekker om kaal te loop, en met niemand om te pla nie, voel dit sommer lekker stout en opwindend. Hy het al lankal ‘n klompie sexy flieks afgelaai wat hy vanaand wil kyk. Sy stywe penis pols en swaai heen en weer soos hy gang-af stap.

Hy wil net goed uit die kaste kry om ontbyt te eet, toe hy ‘n vrouestem agter hom hoor.

“Môre-môre, jis, maar dis lekker casual, kan ek jou maar join?”

Hy skrik so groot hy laat amper die bakkie val wat hy uitgehaal het en stort van die koffie. Dis Esti, sy vrou se jonger suster. Sy is onlangs deur ‘n rowwe egskeiding. Sy is absoluut beeldskoon en modelmooi. Pragtige blonde hare, ligte roomkleurige vel, die mooiste gesiggie met ‘n oulike wipneusie. ‘n Wilgerlatlyfie met mooi vol borste, dun middeltjie en lang slanke bene.

“Liewe donnerdag Esti, jy sal mens ‘n hartaanval gee. Waar kom jy vandaan?”

Sy lag dat sy eintlik dubbel vou. Hulle was nog altyd gemaklik met mekaar. Wanneer hulle mekaar besoek, word daar nie geklop nie, hulle stap in en maak hulle tuis. Hy sien sy het ‘n taamlik lywige oornagsak en nog ‘n groot tas by haar. Hy vergeet vir die oomblik skoon dat hy kaal is met ‘n taamlike ereksie.

“Ek kom mos vir die week hier by julle bly tot volgende Sondag. Het my suster jou nie gesê nie?” Haar oë bly dwaal na sy penis. Hy onthou skielik hy is kaal en hou sy hande voor, en draf verby haar kamer toe om ‘n PT-broek te gaan aantrek.

“Nee jong, sy het seker vergeet om my te sê. Dit was maar ‘n taamlike besige paar dae. Jou ma-hulle het aanhou vra dat hulle kom kuier en toe hulle eers besluit om te gaan, was die enigste vliegtuigkaartjies vir gister, so toe was dit ‘n geskarrel om als gereed te kry. Maar dis nie ‘n probleem nie. Jy weet jy is altyd welkom. Verskoon dat ek kaal was. Dis so ‘n lekker dag en ek het nie mense verwag nie.” Hy het nog altyd ‘n sagte plekkie vir Esti gehad en het al so ‘n paar keer gewonder hoe sy sonder klere sal lyk. Hy is ook maar net mens en het al gefantaseer dat hy met haar liefde maak. Hy kry onwillekeurig weer ‘n hewige ereksie wat sy broek soos ‘n tent laat staan.

Sy sien dit en bloos effens. “Sjoe Jaco, is dit ek of raak hy altyd so opgewonde? Jy moes maar die broek gelos het – kyk hoe sukkel die arme ding om uit te kom,” terg sy en giggel ondeund.

Jaco gaan sit by die tafel met sy ontbyt en nooi haar om saam te eet. Sy kry ‘n bakkie kos en kom sit.

“So jy het gedink jy gaan alleen wees. Wat het jy beplan vir die dag? Dit lyk of jy bietjie nudisme wou beoefen?”

Jaco bloos effens. “Wel, ek hou van die vryheid sonder klere, en ‘n mens kry nie aldag so ‘n geleentheid nie. Die weer is perfek, ek het genoeg eet- en drinkgoed, so ek wou net ontspan. Die agterplaas se heining is hoog genoeg om privaatheid te verseker. Maar niks hoef te verander nie. Ek kan my dag net soveel geniet met ‘n swembroek as jy saam wil ontspan. Of wou jy iets anders gedoen het?”

“Nee wat, dis reg met my. Ek kan beslis doen met ‘n bietjie rondlê en niksdoen, en ‘n bietjie son sal goed wees vir my bleek vel.”

“Nou maar toe, gaan trek jou swemklere aan, dan kry ek jou buite by die swembad.”

Jaco spoel gou die ontbytgoed uit en sit dit in die droograkkie. Hy stap uit en sleep nog ‘n strandstoel nader, sprei handdoeke op hulle oop en maak homself gemaklik op een.

Hy kyk op toe hy Esti se voetstappe hoor en verstik amper. Hy is totaal sprakeloos. Sy het ‘n rooi bikini aan wat pragtig kontrasteer met haar ligte vel en blonde hare. Die top is klein genoeg om heelwat van haar vol borste te wys. Hulle is pragtig. Haar middeltjie is klein, en sy het mooigevormde vroulike heupe en lang slanke bene. Sy sal enige model groen maak van jaloesie. Haar borste wip en beweeg soos sy loop, en sonder dat hy dit eers agterkom, ontwikkel hy weer ‘n yslike ereksie.

Sy sien sy blik en die roering in sy broek en bloos. “Jinne Jaco, jy kan nou maar weer jou mond toemaak, en dankie vir die kompliment,” sê sy met ‘n glimlag en kyk na die tent in sy broek. Jaco voel skoon verleë en word warm in sy gesig. “Ek is jammer Esti, jy is mooier as wat ek kan onthou, en ek is maar net mens.”

“Toemaar, jy is vergewe. Sal jy asseblief my rug met sonroom smeer,” vra sy en gaan lê op haar maag.

“Met plesier,” sê hy en gaan kniel langs haar stoel. Hy spuit room oor haar rug en sy ril toe die koue daarvan haar kaal vel tref en kry hoendervel oor haar hele rug. Jaco wonder onwillekeurig of haar tepels ook nou op aandag staan. Dit voel of sy penis deur sy broek gaan bars. Hy begin haar rug smeer en is verwonderd oor hoe sag haar vel onder sy hande voel. Hy kan dit nie verhelp nie en dit word vir hom ‘n liefkosing. Hy smeer haar hele rug en sye. Toe sy hande oor die kante van haar borste vryf wat onder haar gewig uitbult, kreun sy van plesier en kyk met ‘n stout glimlag om na hom. Hy smeer haar bene ook en sy maak hulle oop om dit vir hom maklik te maak. Hy smeer haar sagte binnebene. Haar bikinibroekie is baie smal waar dit tussen haar bene deurloop en hy is seker dat dit nét haar koekielippies bedek. Soos hy hoër op smeer, nader na haar mik toe, sien hy hoe haar koekie uitbult. Hy wens hy kon sien hoe dit lyk. Sy voël is so styf dat hy eintlik seer is. Hy besluit om bietjie af te koel en duik in die water in.

Hy spat haar nat, en sy gil en duik agterna. Hulle swem en speel soos twee kinders in die water en hy kan sien hoe sy deur die dag ontspan en dit geniet. Hy kan amper nie glo hoe baie hy haar geselskap geniet nie. Hulle was nog nooit so gemaklik met mekaar nie. Hy het vir hulle bakkies met heerlike snoephappies gevul waaraan hulle heeldag peusel. Maar toe dit laatmiddag word sê hy vir haar dat hy nou ‘n honger aan hom het wat skrik vir niks en sy sê sy ook.

“Skoonsus, jy kan gerus gou gaan stort as jy wil, dan steek ek solank die braai aan. Ek het al die goed gereed vir aandete, so ons hoef letterlik net die bestanddele in bakke te sit en die vleis te braai, dan kan ons eet.”

“Oeg, dit sal wonderlik wees. Goed, ek is nou-nou terug”, en sy verdwyn die huis in. Hy raak doenig en berei alles voor. Die vleisies is amper reg toe sy by die deur uitgestap kom. Hy snak amper na sy asem. Sy het ‘n ligpienk somerrokkie aan. Dit is skouerloos en eindig ‘n hele ent bokant haar knieë. Dit wys die boonste hellings van haar pragtige roomwit borste en beklemtoon haar lang slanke bene. Sy kyk na hom en bloos liggies. “Dis nie goeie maniere om te staar nie.” Hy kug ongemaklik. “Jammer, ek kan nie help nie. Jy lyk mooi genoeg om geëet te word.” Hy byt amper sy tong af toe hy besef wat hy gesê het. Hierdie sexy skoonsus van hom is besig om sy brein aan te tas. Sy bloos en half verleë sê sy: “Ja, ou grootbek.” Nou is dit haar beurt om ongemaklik te lyk oor wat sy gesê het.

Hulle eet lekker, en nadat hulle opgeruim het, gaan sit hulle voor die TV met elkeen ‘n drankie. Hulle het egter nog skaars gemaklik geraak toe Jaco sien sy skoonsus is erg lomerig. Hy help haar op en stel voor dat hulle vroeg gaan inkruip. Sy erken dat sy baie moeg is en stap gedwee kamer toe. Hy besluit om ook maar te gaan lê en gaan sluit al die deure.

Toe hy gang af stap, loer hy by die spaarkamer in. Esti lê op haar rug met haar arms bo haar kop uitgestrek en hy kan sien sy is klaar in droomland. Sy is asemrowend mooi. Sy het ‘n kort nagrokkie aan en dit het heeltemal opgetrek dat hy amper haar hele broekie kan sien. Hy voel ‘n roering in sy broek, en hy kan homself nie verhelp nie en stap tot langs die bed. Aan die voorkant van haar broekie sien hy ‘n perfekte, prominente kameeltoontjie, en sy ereksie spring in rekordtyd van halfmas tot kloppend styf. Hy besluit om vir sy eie veiligheid te verkas.

Hy gaan lê en het net ingesluimer toe hy haar hoor roep.

Hy stap die kamer in en sy sit regop met gekruiste bene. “Wat’s fout Esti?”

“Het jy dalk na-son-room? Ek dink my rug het dalk ‘n bietjie meer gebrand as wat ek moes. Veral my skouers is bietjie seer.”

“Draai om dat ek kan sien.” Haar naghemp is een van daardie wat lyk soos ‘n lang T-hemp, en sy moet dus die hele ding optrek tot by haar nek sodat hy haar rug en skouers kan sien. Sy vang die voorkant vas en trek dit net betyds af om haar borste te bedek. Hy staan reg langs haar en kyk in verwondering na haar byna naakte lyf. Nou kan hy sien dat sy ‘n baie klein broekie aan het. In ‘n oogwink is sy penis so styf dat hy pols en ‘n yslike tent in sy los slaapbroek maak. Hy voel erg ongemaklik.

Hy gaan kry die room en gaan sit agter haar en spuit ‘n blerts van die koue room op haar skouers. “Brr,” sê sy toe dit haar vel tref en sy slaan hoendervel uit. Hy smeer die room saggies in en wonder weer of haar tepels ook nou orent staan. Toe hy by haar skouerknoppe kom, moet sy die T-hemp hoër lig. Sy kan egter nie die hemp oplig en haar voorkant tegelyk toehou nie, en hy help haar en trek dit sommer oor haar kop. “So ja, nou is hy uit die pad uit”, en lag toe sy ‘n gilletjie gee en net betyds haar borste toehou.

“Jy vat kanse nè!” sê sy met ‘n glimlag as sy oor haar skouer vir hom loer. “Baie dankie my ou groot swaer, dit voel sommer beter.” Sy trek hom nader en gee hom ‘n soen op die mond.

“Enige tyd, dis ‘n plesier. Lekker slaap.” Toe hy opstaan om te loop, lê sy terug en trek die laken oor haar en laat val die slaaphemp op die vloer langs die bed. Die besef dat sy kaal is onder die laken maak hom amper mal, en hy maak hom uit die voete voor hy sy selfbeheersing verloor.

Die volgende oggend is hy vroeg op en maak vir hulle ‘n heerlike ontbyt. Hy hoor Esti roer in die badkamer en gaan buitetoe en slaan die gazebo op en skuif hulle sonstoele daaronder sodat hulle skadu oor hulle kan hê. Na ontbyt help sy vinnig opruim. Sy sien Jaco het klaar ‘n swembroek aan en sê sy gaan ook gou aantrek. Jaco is reeds buite toe sy uitgestap kom met ‘n spierwit bikini met ‘n ligte toppie bo-oor. Sy lyk so mooi dat hy nie anders kan as om openlik te staar nie.

Sy staan peinsend na hom en kyk. “So Jaco, vertel my bietjie. Hoe gereeld swem jy sonder klere?” vra sy en bloos.

“Nee wat, met kinders in die huis is dit buite die kwessie. Maar soos ek gister gesê het, ek hou van die gevoel van vryheid in die opelug. Hoekom vra jy?”

Sy bloos pragtig en kry ‘n ondeunde uitdrukking in haar mooi bruin oë. “Om eerlik te wees, ek hou ook van die gevoel van vryheid sonder klere. Ek slaap altyd kaal en loop graag kaal as ek alleen by die huis is. Ek het nog altyd begeer om dit buite in die ope son te ervaar. As dit reg is met jou, sal ek dit ook graag wil probeer. Ek weet dit is seker nie regtig van pas nie, maar niemand hoef te weet nie. Jy is my suster se man, maar ons het nog altyd goed oor die weg gekom en ek vertrou jou meer as enige man wat ek ken. Ek is seker mal, maar ek sal dit met geen ander man probeer nie.” Haar gesiggie het nou ‘n bloedrooi blos op en sy is effens kortasem.

Jaco is sprakeloos. Sy moed het in sy skoene gesak toe sy so onverwags hier opdaag en hom kaal betrap. Hy was dadelik half vies omdat sy sy planne vir ‘n perfekte naweek kom beduiwel het. Hy het hom klaar voorgeneem dat hy sy vrou gaan uittrap dat sy vergeet het om hom van die reëlings te vertel. Maar in sy wildste drome het hy nie gedink sy sal met so ‘n voorstel kom nie.

“Esti, jy weet ek gee baie vir jou om en ek het jou nog altyd baie aantreklik gevind. Ons is al twee mooi groot, en ons al twee weet as ons ons klere gaan uittrek wat gaan gebeur.”

Sy bloos hewig. “Dink jy ek is darem ‘n bietjie aantreklik?”

“’n Biétjie ...? Mens, as ek nou heeltemal eerlik moet wees, het ek al ‘n paar keer oor jou gefantaseer, en dit was warm verby. Ek dink jy is absoluut pragtig en enige man se droom.” Sy penis is stokstyf en pols eintlik. Hy kyk af daarna en dan na haar. Sy volg sy blik en bloos weer. Hy wys met sy vinger na sy stywe penis. “Dis wat jy aan my doen en ons het nog ons klere aan.”

“Is jy seker dis wat jy wil doen? As ons eers uitgetrek het, is daar geen terugdraai nie.” Sy lig haar ken uitdagend, dog vasbeslote, kruis haar arms en vat haar toppie se soom vas en trek dit met een beweging oor haar kop en laat val dit op die stoel. Haar wit bikinitop het halwe koppies wat lyk of dit al sy dae het om twee pragtige wit borste binne te hou. Sy strek met een hand agter haar rug en maak die bra se knippie los. Die twee punte skiet vorentoe en sy hou vir ‘n oomblik haar bra met haar hande voor haar borste. Dan laat sy dit stadig sak en laat dit by haar toppie val. Jaco kom amper in sy broek net daar waar hy staan. Dis die eerste keer in sy getroude lewe van twaalf jaar dat hy ‘n ander vrou se kaal borste in lewende lywe sien. Hulle is in elke opsig volmaak gevorm. Haar vel is die kleur en tekstuur van gladgepoleerde ivoor. Haar borste is vol  (38C, sou hy later uitvind), met ligpienk tepels wat vinnig saamtrek in twee stywe punte. Hy kyk in verwondering na die knoppies rondom elke tepel, en hoe die tepels self van kleur verander tot ‘n donkerder pienk en hoe die tepelvelletjies opfrommel om die stywe punte.

Sy staan regop en trek onbewustelik haar skouers terug, in die oeroue instink van ‘n vrou se mag oor ‘n man deur haar seksualiteit, wat hulle volheid nog meer beklemtoon. Haar borste is die sagte soort. Vol, maar baie sag, en hulle beweeg en vibreer met die geringste beweging wat sy maak. Jaco is so in vervoering oor die prag voor hom dat hy amper in ‘n beswyming is. Sy vat haar broekie vas en trek dit ook af, maar maak ‘n show daarvan. Wanneer sy vooroor buk, swaai haar borste vorentoe en hang af. Sy kom regop en haar koekie slaan sy asem weg. Sy is kaalgeskeer. Die vel lyk so sag en glad dat dit lyk of sy nog nooit skaamhaartjies gehad het nie. Hy sou later uitvind dat sy dit reeds jare gelede laat verwyder het. Haar spleet begin hoog, sodat haar hele koekie heeltemal sigbaar is terwyl sy regop staan, met ‘n prominente heuweltjie. Die buitelippies is vlesig en ‘n pragtige ligpienk, met die binnelippies wat heeltemal uitloer soos ‘n opgefrommelde sneesdoekie. Daar is ‘n Playboy-model, Jade Bryce, met so ‘n koekie. Toe hy dit die eerste keer gesien het, was hy in vervoering en het hy gewens dat hy eendag so iets in lewende lywe kon sien, maar nooit het hy gedink dat dit werklik sou gebeur nie. Al waaraan hy kan dink, is hoe dit gaan wees om daardie sagte lippies in sy mond in te suig en haar met sy tong te troetel tot sy kom en kom.

Jaco se penis is nou so styf dat hy eintlik pyn en hy pluk vinnig sy broek af om hom te bevry. Hy is styf en hard en hy pols op en af. Sy snak effens na haar asem toe sy na sy penis staar. “Sjoe maar hy is groot.”

“Esti, ek het nooit in my wildste drome gedink dat jy so asemrowend mooi is nie. Ek het al gewonder hoe jy sou lyk sonder klere. Jy moet die mees volmaakte vrou in die heelal wees. Jy is absoluut pragtig.”

Hy is so kortasem dat hy skaars kan praat. Hy hou sy arms oop en sy kom na hom toe. Sy sit haar arms om sy nek en hy vou syne om haar middel. Daardie eerste vollyf naakte aanraking van ‘n onbekende lyf is ‘n unieke ervaring. Albei se heupe dein onwillekeurig na mekaar toe in die oeroue drang om te paar. Dit voel of die grond onder sy voete padgee. Dan is hulle teen mekaar en druk styf teen mekaar aan. Jaco se stywe voël druk teen haar magie vas en sy druk onwillekeurig haar heupe vorentoe in ‘n maalbeweging. Haar sagte vol borste voel hemels as sy hulle styf teen sy borskas vasdruk. Hy het sy arms om haar middel en sy haar arms styf om sy nek. Hulle is byna ewe lank en Jaco kry ‘n idee. Hy stoot haar liggies agteruit. Die trappie langs die plaveisel na die gras toe is ‘n baksteen hoog. Hy laat haar op die trappie staan en dit is presies wat hy wou hê. Hy vat sy voël in sy hand en druk hom af, tussen haar bene in. Sy kry die boodskap en maak haar bene effens oop. Hy voel met sy vingers oor haar lippies en trek hulle oop en sit sy voëlkop tussen hulle teen haar opening. Hy het al gefantaseer hoe dit moet voel om ‘n vrou staande te penetreer. Hy vryf sy penis se punt so ‘n paar keer op en af deur haar spleet om die kop goed nat te maak. Toe hy vorentoe stoot, doen sy dieselfde en sy penis glip stadig maar seker in haar in. Hy kreun van die lekkerste lekker wat hy nog ooit ervaar het as hy haar prominente koekielippies om die basis van sy voël voel aandruk. Sy is duidelik ook goed opgewerk, want sy is sopnat binne en sy pas lekker styf om hom. Hy begin in en uit beweeg en haar heupe beantwoord elkeen van sy stote. Maar dis nie genoeg nie. Hy sit sy hande onder haar boude en tel haar op sodat sy haar bene om hom moet vou. Hy loop tot by ‘n sonstoel en gaan sit sodat sy wydsbeen oor hom sit. Hy leun terug teen die rugleuning en staar na die absolute prag voor hom. Hy streel met sy hande teen haar sye op en vou sy hande om haar borste, bring hulle vorentoe sodat hy hulle sagte gewig omkelk. Hy vryf liggies met sy duime en voorvingers oor haar stywe tepels. Sy kreun diep in haar keel en begin haar heupe vorentoe en agtertoe beweeg. Terselfdertyd leun hy vorentoe en suig een tepel in sy mond in. Sy kreun as hy hard en ritmies begin suig, eers die een dan die ander een. “Jaco, my borste en tepels is baie sensitief. Ek kan amper kom net daarvan. Byt hulle liggies terwyl jy suig.” Sy begin wriemel en hy voel die spasmas deur haar liggaam trek. Jaco lê terug en kyk in vervoering hoe haar sagte, vol borste met hulle nat stywe punte lui wieg en swaai. Dit is net te veel en voor hy kan keer begin hy kom. Hy trek haar heupe styf teen hom vas en skiet strome warm wit saad diep in haar warm nat dieptes in. Dit is ongelooflik lekker en dit voel of hy nooit gaan klaar kom nie. Sy kreun diep in haar keel toe sy sy warm saad diep in haar voel inskiet, en sy kom met ‘n luide kreet wat hom benoud laat rondkyk na die heiningmure. Die lekker is egter nog nie verby nie en hy voel hoe sy met haar binnespiere sy voël druk en los en elke druppel uit hom melk. Dit voel letterlik of sy sy voël masseer.

“Jammer Esti, ek kon myself nie keer nie. Ek het gewoonlik goeie beheer en kan lank aanhou. Jy is net so verskriklik mooi.” Hy sit regop en trek haar teen hom vas. Sy sit haar arms om sy nek. Die gevoel van haar sagte, warm vol borste teen sy bors is absoluut wonderlik en dit voel of hy haar nooit weer wil los nie. Hy sit sy vinger onder haar ken en laat sak sy mond op hare en soen haar. Haar lippe gaan dadelik oop en hulle tonge speel in mekaar se monde. Dit is verreweg een van die lekkerste soene van sy lewe en dan vreet hulle mekaar op. Dit voel of hulle nie asem kry nie, so vinnig styg die passie tussen hulle. Toe hulle eindelik los en asemhaal, het sy ‘n pienk blos op haar wange en sy haal hortend asem.

“Esti ...”

“O Jaco ... wat doen jy aan my.” Sy penis het intussen weer kliphard binne-in haar uitgeswel. Hy kyk na haar en voel hulle is al twee nat van die sweet. Hy staan op met haar in sy arms en haar bene om hom gevou en stap om die swembad na die diep kant en spring in. Sy gee ‘n gilletjie. Hy glip uit haar uit vou sy arms om haar van agter af. Dit is een van die lekkerste ervarings om ‘n kaal vrou van agter af te omhels en met albei arms om haar lyf haar hele voorkant te streel en te liefkoos en met jou hande haar borste te omkelk, te troetel en te brei en te voel hoe haar tepels hard word as jou palms heen en weer oor hulle streel, om haar tepels tussen jou vingers en duime te rol terwyl haar sagte boude teen jou styfheid aandruk. Dit voel vir Jaco of hy gaan mal word en hy kan voel hoe haar asem ook weer begin jaag. Hy laat sak sy regterhand en omvou haar sagte koekie. Maar dit word te veel en hy wil nou behoorlik met haar liefde maak. Hy draai haar om en dan is hulle weer in mekaar se arms en soen hulle asof die heelal stilstaan. Hy vat haar hand en trek haar agter hom aan. Hulle klim uit en hy vat ‘n handdoek en droog haar saggies af en sy doen dieselfde. Toe sy sy polsende penis in haar hand vat en afdroog voel dit of hy net daar gaan kom.

Hy vat haar hand en stap die huis in, met die gang af na die hoofslaapkamer. Hy draai na haar, en tel haar op en lê haar op die bed neer en gaan lê langs haar. Hy liefkoos en troetel elke deeltjie van haar sagte vroulikheid met die salige wete dis Sondagoggend, daar is geen kans dat enigiemand hulle sal steur nie, hulle het die hele dag en die volgende week vir hulleself. “Jy weet natuurlik, skoonsus, dat jy nie eers hoef uit te pak nie, want vir die volgende paar dae gaan jy nie ‘n kans kry om klere aan te trek nie. Jy lyk in elk geval op jou mooiste in Moeder Natuur se uitrusting.”

“En jy, my liewe swaer, is baie stout. Ek is al klaar sopnat.” Sy voël is so styf soos ‘n paal, en haar woorde laat hom op en af pols. “Kan ek voel? ... Umhh ...” sê sy en strek uit soos ‘n kat in die warm son en sprei haar bene wyd oop vir hom.

“Jou koekie is so pragtig, ek dink ek sal baie eerder graag wil proe.” Hy sit sy hand tussen haar bene en omvou haar koekie. Hy vat met sy duim en voorvinger haar uitpeullippies vas en rek dit liggies uit. “Ek wil graag hierdie sagte lippies van jou in my mond insuig en kyk of ons jou kan laat kom ...” Hy kan voel sy is baie nat.

Sy kreun diep in haar keel. “Asseblief, ek kan kom net van jou woorde. Ek wil nou jou tong in my voel. Maak my kom, asseblief, ek is so opgewerk ...”

The post Onbeplande, onvergeetlike naweek appeared first on LitNet.

Verbode vrugte

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Beide van ons kan nie eintlik sê dat ons nie in gelukkige huwelike is nie. Ons is wel in huwelike waar die saamtyd maar min is en ons deur omstandighede buite ons beheer eintlik baie alleen is. Ons kuier gereeld saam as gesinne en ons almal geniet mekaar se geselskap. Soos ons meer saam kuier, begin ons almal mekaar beter ken en groei ons band as vriende nog nader aan mekaar. So leer ken ons mekaar se goeie en slegte eienskappe en leer ook mekaar se ongesproke taal.

Dis die ongesproke taal wat ek nogal baie sensitief voor is. Ek let daarop en het al baie daarop geroem dat ek mense soos ‘n boek kan lees. Subtiel bestudeer ek mense om my en so het ek dieselfde met jou gedoen. Onwetend het ek jou bestudeer, nie net jou verlydelike uiterlike nie, maar ook jou menswees. Hoe meer ek jou bestudeer as ons so in die geselskap sit en klets, hoe meer sien ek iets van jou waarvan ek baie hou. Ek moet myself dikwels dwing om weg te kyk, want dis asof jy my betower as jy vir my kyk, asof jy weet in watter rigting my gedagtes dwaal.

Een Vrydagmiddag besluit ek om vroeg af te vat by die werk en ry huis toe, moeg na ‘n stresvolle week van vergadering op vergadering en tegniese kompleksiteit. Ek trek haastig uit, spring in die stort en spoel die week se stres van my af. Toe ek klaar gestort het, klim ek uit die stort, droog my af en vryf my hare droog. Ek gooi die handdoek oor my skouer en sit naskeermiddel aan. Ek loop uit die badkamer uit en in die hoofslaapkamer in.

Ek hoor meteens ‘n geluid in die huis en weet dat niemand veronderstel is om by die huis te wees nie. Ek gryp die handdoek van my skouer af en draai dit vinnig om my middel, gryp my pistool uit die bedkassie en storm in die gang af. Ek druk die veiligheidsknip af, reg om die onverwagte gas te konfronteer en hopelik om die samelewing van ‘n boosdoener te bevry.

Ek steek meteens vas as ek ‘n skaduwee op die donker teëlvloer sien beweeg. My hart klop in my keel, want ek was nog nooit in so ‘n situasie nie. My gedagtes maal en verskeie scenario’s speel deur my kop. Ek span die wapen en die volgende oomblik stap jy verby die gang. Jy sien iemand in die gang en skrik behoorlik en laat val die Woollies-sakke, wat met ‘n geklingel op die vloer val. Jou hande gaan onmiddellik na jou mond en ‘n kreet van vrees klink diep uit jou bors. Dit vat my wat voel soos ‘n leeftyd voor ek kan reageer en die wapen laat sak.

Ek skree-vra op jou wat jy hier maak en hoe jy ingekom het. Jy begin huil as jy besef hoe naby dit was dat dit op ‘n skietery kon uitgeloop het. Jy vertel deur jou histeriese gehuil deur dat my vrou jou gevra het om kruideniersware vir vanaand se ete te gaan koop en dit na ons huis toe te bring want sy is die hele dag in vergaderings. Jy het haar sleutel gekry toe julle vanoggend koffie gaan drink het voor haar eerste vergadering. Ek kan duidelik sien dat jy geskok is, en voel nog steeds hoe my hart in my keel klop.

Ek maak die pistool veilig en stap nader aan jou. Ek merk duidelik dat jy bewe soos ‘n riet van skok. Ek sit die pistool op die portaalkassie neer en stap nader aan jou, wat nog steeds soos ‘n soutpilaar staan en onverpoosd snik. My hande kom te ruste op jou skouers en ek vra jou om verskoning dat ek ‘n wapen op jou gerig het. Ek sê dat ek gedink het jy is ‘n inbreker, omdat ek nie iemand nou hier verwag het nie. Jy sê dit is orraait, jy het ook groot geskrik. Ek trek jou nader aan my en gee jou ‘n koesterende drukkie om te help troos.

Meteens besef ek dat ek net ‘n handdoek om my lyf het toe jy jou arms om my lyf bind. Ek trek my kop van langs joune weg en kyk jou stip in die oë en vra weer eens onverskoning. Jy glimlag tussen die trane deur en sê dat ek nie nodig het om ‘n geweer op jou te rig om ‘n drukkie te kry nie. Ek voel hoe my ore begin gloei en die hitte afsak na my wange toe. Ek glimlag verleë. Ek vra jou of jy nou beter voel en terwyl jy my stip in die oë kyk met wimpers wat nog nat is en maskara wat begin smeer het, knik jy net liggies jou kop. Ek leun weer effens in en gee jou ‘n piksoen op jou slape en trek dan weg, terdeë bewus dat daar net ‘n handdoek om my middel is en ek ‘n beeldskone dame in my arms het. Soos ek weg trek van jou af, sak jou hande af onder my arms en langs my heupe verby. Die handdoek se knoop wat ek inderhaas gemaak het, begin glip en ek laat sak vinnig my hand en gryp hom vas. Ek kyk af en sien dat die hare net bo my manlikheid duidelik sigbaar is. Jy kyk ook af, sien dit ook en kyk asof jy ‘n foto wil neem, al die besonderhede wil inneem voor die oomblik weggeneem word. Ek vra om verskoning en probeer die handdoek met die een hand hoër optrek, maar dis asof dit net meer ten toon stel.

Nou posisioneer jy beide jou hande weerskante van jou heupe en begin die handdoek ooptrek om hom weer om my lyf te bind. Terwyl jy hom ooptrek, kyk jy vir my en dan af, soos om te sien wat jy doen, maar ek weet, en jy weet, dit is om te sien wat onderkant my skaamhare aangaan. Weer eens is die blik langer as wat nodig is en toe jy weer opkyk terwyl die handdoek om my toevou, kan ek sien hoe jou pupille groot oop is, asof dit oop is om meer te kan inneem.

Ek kan voel hoe meer bloed na my onderlyf toe vloei en begin ongemaklik raak, want ek is byna kaal en dit met jou so naby aan my. My gedagtes begin onwillekeurig dwaal na ‘n paar weke terug, toe jy in die kombuis gebuk het en ek jou deurtrekkertjie bo jou broek sien uitsteek het, en hoe dit verleidelik in jou broek weggeraak het tussen jou boude.

Toe jy die handdoek weer toe het, vryf jy liggies met die buitekant van jou vingers oor my al groter wordende voël, asof dit net per ongeluk is, maar ek weet van beter. Soos ek jou persoonlikheid gelees het, weet ek jy doen nie iets net per ongeluk nie. Jy is koel, kalm en doelgerig. Ek sê vir jou dankie en draai effens weg van jou af, noem dat ek gou die wapen wil gaan bêre en gaan aantrek. Jy uiter saggies, feitlik onhoorbaar, soos ek wegbeweeg: “Dankie vir jou.”

Soos ek in die gang afstap, voel ek hoe my voël net stywer begin raak. Ek weet dat hierdie verbode vrugte ryp is om gepluk te word en dat die omstandighede feitlik perfek is om nou ‘n kans te waag as daar een gewaag gaan word. Ek los die kamerdeur oop, gooi die handdoek op die bed, en gaan na die instap-klerekas. Ek kry vir my ‘n T-hemp, broek en onderbroek en draai terug in die kamer in. Met die terugdraai sien ek jy staan in die deur en bekyk my en jy sê: “Nou weet ek waarom vroulief so beskermend is.” Ek trek die T-hemp oor my kop en vra hoekom jy so sê.

Jy kyk my in die oë en sonder om te blik of te bloos sê jy: “Oor daai sexy boudjies en oor daai ...” en jou oë en lyftaal beduie na my voël. Ek het nog altyd gedink dit is maar net normaal en dat ek maar net doodgewoon is. Sonder om af te kyk weet ek dat ek teen dié stadium al amper heel styf is en ek sien jy kan nie jou oë van my afhou nie. Ek sien hoe jy jou onderlip vasbyt en jou hande liggies oor jou borste streel.

Ek stap nader na jou toe, kom tot stilstand so twee treë voor jou en vra: “Hou jy van wat jy sien, Mevrou?”

Jy antwoord nie en stap net nader en sak dadelik af op jou knieë. Jou hande is koud op my voël, wat nou klop van ekstase. Jou hand trek stadig my voorvel terug, so ver dat dit voel jy gaan die voorvel afskeur. My hande vind jou hare en ek vryf my vingers deur jou hare. Met die een hand trek ek jou kuif uit jou oë en kan sien hoe jou lippe perfek vorm om my manlikheid. Die kontras van jou lippe om my geswelde voël dryf my amper oor die afgrond. Hoe jou tong speels onder my voëlkop verken, laat my my oë toeknyp en my kop agteroor laat sak. Jou regterhand is om die skag van my klipharde piel en jou linkerhand liggies om my knaters. Jou naels krap saggies oor my balle. Ek trek jou weg van my af, want ek weet ek gaan kom as dit nie nou stopgesit word nie. Ek vat jou hande en trek jou op, jou lyf styf teen myne. Ek soen jou en kan myself aan jou proe. My paal vind die middel van jou heupe en al wat ek wil hê, is om in jou te wees.

My hande vind jou middel en beweeg na jou broek se knoop. Vinnig is hy los en die ritssluiter glip vinnig af. Ek druk jou broek afwaarts en jy wikkel jou heupe sodat die broek maklik afgly. My hande gryp aan my T-hemp en vlugtig is dit oor my kop en vas teen die muur. My hande sak af na jou vroulikheid. Ek voel, en tot my verbasing het jy nie onderklere aan nie. Ek lig jou top oor jou kop en beide van ons staan nou poedelnakend in mekaar se arms. En soen weer vurig en ons hande verken mekaar se lywe. Soos my hande oor jou rug beweeg, voel ek hoe die hoendervleis oor jou rug opstaan. Ek vra jou of ek moet ophou en jy sê: “As jy nou ophou, moer ek jou.” Ons giggel speels en my hande vind die kante van jou borste. Ek druk hulle nader aan mekaar soos ‘n wafferse push-up bra – nie dat jy dit nodig het nie. Jou borste skuur teen my bolyf. Die sagte gevoel teen my is aangenaam, amper elektries. Jy druk jou onderlyf uit na my en ek kan die klamheid van jou teen my stywe paal voel. Ek druk jou terug en kyk na jou so voor my en trek jou nader na die bed.

Jy gaan lê op die bed en trek jou bene op. Ek sak af na jou en sien jou mooi gladgeskeerde koekie. Die lippies trek effens oop en ek kan sien hoe glinster jou lus in die middagson deur die venster. My kop sak tussen jou dye in, my lippe vind jou lippies. Saggies raak my tong aan die buitekante van jou lippe, jou dye ruk saggies as my tong jou aanraak. Ek terg jou met my tong se aanraking. Saggies beweeg my tong oor jou skaamlippe. Saggies op en af. Ek is mal om te hoor hoe jou asemhaling verander met my aanraking. Ek beweeg my tong nou dieper in jou in. My tong proe jou sappe en ek voel hoe my horing nou begin klop van opwinding. My tong gly oor jou klit en weer eens hoor ek hoe jou asemhaling vlakker raak en dan hoe jy dieper asemhaal as ek my tong afgly in jou in. Ek skuif my hande tussen jou heupe in en my duime vlek jou verder oop. Ek trek my gesig effens weg en bewonder jou liefdesorgaan. Jou buitelippe is duidelik geswel van lus, jou binnelippies fyn en simmetries van die onderkant van jou klitoris. Jou klitoris opgehewe en geswel, soos ‘n ryp vrug reg om geëet te word. Ek laat my lippe terugsak en begin liggies aan jou vrug suig. My lippe knyp effens om jou kittelaar en ek suig dit in my mond in en dit voel glad, warm. Soos ek my vinger omdraai, voel ek die duidelike riffel aan die bokant van jou liefdesgrot. Terwyl ek nog aan jou suig, begin ek jou te stimuleer met my vinger en maak ‘n “kom hier”-beweging oor en oor teen jou riffel en weet dat ek nou op jou G-spot is. Met elke beweging voel ek hoe jy meer opgewerk raak en hoe meer geswel jy daar raak. Jou heupe begin op-en-af-bewegings maak teen my gesig en jy begin my hand nou met mening ry.

Ek voel hoe jou liefdesappe oor my hand begin loop en die soet muskusreuk vul die lug. Jou bene begin onwillekeurig bewe en jy ry my gesig nou met intensiteit. My tong werk nou hard om jou oor die afgrond van ekstase te ry en my vinger lok jou G-spot al hoe nader. Jou bene klem my vas en met ‘n sagte kreun verstyf jou lyf, jou rug krom getrek. My mond is styf oor jou klit en ek suig jou met mening en hou die druk op jou. My mond voel elke tekstuur van jou.

Dit voel soos ‘n minuut wat jy so verstyf voordat jy terugsak met jou rug op die bed. Jou hande vind my kop en trek aan my om op te kom na jou toe. Ek skuif op na jou toe, my oë oop en op jou gesig gevestig. Ek sien aan beide kante van my twee pragtige borste nader kom met twee fyn, stywe tepels wat die hoogte in staar. Jou borste beweeg hewig op en af soos jou bors die asem in- en uitjaag. Tussen jou borste deur met my kop laat sak ek my kop na jou nek en gee jou ‘n vurige nat soen in jou nek. Jou kop draai na my gesig toe en ek draai na jou toe en soen jou met passie. Ons tonge verken mekaar en ons lippe is glad teen mekaar. Jy proe jouself op my lippe, in my mond, en jy voel hoe my kloppende piel nou teen jou koekie rus. Dis hard en jy kan voel hoe glad die punt teen die bokant van jou koekie voel. Jou regterhand glip tussen ons in en vat my voël en trek die voorvel nog verder terug en forseer hom af na jou opening. Ek trek my heupe effens terug tot ek kan voel hoe ek reg is om jou te penetreer. Ek laat glip stadig die kop in jou in en hoor hoe jy dit antisipeer. Ek stamp my in jou in met alles in my, en dit voel hemels hoe my balle tot teen jou koekie stamp. Ek wil jou nou met alles in my ry so hard as wat ek kan. Ek stoot jou met diep hale en as ek heeltemal in jou is, skuur ek my bekkenbeen teen jou oopgevlekte koekie. Ek voel hoe my skaamhare nat raak van jou sappe en dit voel hemels hoe sag en glad jy voel. Soos ek in en uit beweeg, voel ek hoe die riffel in jou genotstonnel oor die bokant van my pielkop glip en ek kan voel hoe jou liggaam op die sensasie reageer. Jy hoor hoe my asemhaling meer dringend raak en ek hoor en voel hoe jy ook weer nader aan ‘n klimaks kom deur jou asemhaling en liggaam se reaksie. Ek weet as ek nou gaan aanhou, gaan ek kom en trek stadig my kloppende piel uit jou uit. Ek sê dat ek eers moet ophou, anders gaan ek kom. Jou bene klem egter om my en trek my terug in jou in, hard en dringend. Jou heupe ry my en ek stamp weer diep in jou in. Jy trek my so styf teen jou dat ek skaars my piel kan beweeg, maar jy ry my nou en ek voel hoe jou liggaam weer styf trek en hoe jou kegelspiere styf trek om my voël. Ek kan nie meer nie en voel die warm gevoel van ‘n orgasme in my opbou. My piel begin in jou klop en ek voel hoe die kom uit my balle uitspuit. My liggaam verstyf en spuit na spuit vul ek jou koekie. Jy voel hoe jou poesie gevul word met my mansappe en hoe die tekstuur verander tussen my voël en die wande van jou koekie. Ek voel hoe ek lighoofdig raak van die diep asemhaling en die volslae orgasme wat ons nou ervaar het. Ek sak terug op jou neer en ons lippe vind mekaar. Ek voel hoe jou wange gloei en jy voel hoe my hart teen jou borste klop. Hard en met ‘n galop in ritme.

Ek voel hoe my voël effens verslap en effens uit jou begin gly. Jy trek weer jou kegelspiere styf en dit voel hemels soos dit my vasklem in jou. Ek rol van jou af en lê op my rug. Jy rol met jou bolyf op my en kyk in my oë. Jy sê: “Jy weet wat, ek wou dit al lankal saam met jou doen. Dankie vir dit – nog iets van my bucket list af.”

Ek kyk jou stip in die oë met ‘n glimlag op my gesig wat onwillekeurig vashaak en sê saggies: “Jy weet wat, ek moet vir jou ook dankie sê, want ek begeer jou al van die eerste dag wat ek jou ontmoet het.”

Ons lê nog so ‘n paar minute in mekaar se arms en ek stel toe voor dat ons gou saam ‘n stort vang. Ek staan op en stap na die badkamer, draai die stort oop en los die deur oop om jou in te nooi. Jy stap agter my in en jou hande vou om my en trek op teen my bors. Ek voel hoe jou warm borste teen my rug druk en dit voel so reg. Ek draai om en my oë verken weer eens jou gesig en af na jou borste, af na jou koekie en ek dink by myself: “Verbode vrugte is darem lekker.”

Toe ons klaar gestort het nadat ons nog ‘n sessie in die stort beproef het, het ons ons afgedroog en aangetrek, die slaapkamer weer in orde gekry en is terug na die kombuis waar die twee Woollies-sakke nog steeds op die grond lê. Ons het gekyk of daar skade is, maar gelukkig was daar niks ernstig verniel nie.

Jy het my totsiens gesoen met daardie sagte, begeerlike lippe en ek het jou bedank vir ‘n onvergeetlike namiddag.

Soos jy in die motor klim en wegry, dink ek by myself dat ek my vanaand sal moet inhou om nie instinktief ‘n ereksie te kry nie. Net die gedagte daaraan laat ‘n krieweling in my onderbroek plaasvind.

Ek gaan definitief meer op Vrydae vroeg loop by die werk.

The post Verbode vrugte appeared first on LitNet.

LêNet: Slush Puppie “treatment”

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Ek en Suzi het ‘n baie spesiale verhouding. Ons ken mekaar al so drie jaar – dalk langer – en dit het als in ‘n groepsverband begin. Ek en haar man het vriende geword toe hulle hier in ons provinsie kom toer het. Later het ons as gesinne ‘n paar keer saam gekuier, maar ek het altyd na Suzi gekyk met die hoop dat daar iets sal gebeur tussen ons.

Haar uitgaande persoonlikheid het my getrek, en later by ‘n kampnaweek het ek haar in ‘n swemkostuum gesien, en die “drool” het begin loop. Sy is in haar veertigs en ek in my vroeë vyftigs. Ons is albei aktief en gesond, en in goeie shape. Suzi lyk nie naby haar ouderdom nie. Sy het sulke lang bene, ferm boudjies en die mooiste ronde C-borsies. Sy is net plein sexy vir haar ouderdom, en glad nie skaam om lyf te wys nie.

Mettertyd het ons mekaar begin sms, en agtergekom ons het ‘n gemeenskaplike probleem. Ons kry nie genoeg seks by die huis nie. So oor die jare het ons mekaar se diepste geheime en begeertes geleer ken. Later het ons mekaar begin ontmoet as ek in hulle dorp is, en die vonke het gespat van ons eerste “privaat” ontmoeting. Suzi is ‘n baie ervare girl in die bed, en is oop vir enige voorstelle. Iets waaraan ek nie gewoond was nie, maar baie gretig was om te doen. Soos ons mekaar leer ken het, het ons mekaar meer bevredig, en die klimakse het meer en beter geword.

By ons laaste ontmoeting het ons onsself oortref. Ons het afgespreek om een oggend af te vat en mekaar weer by ‘n vakansie-oord naby hulle dorp te ontmoet.

Ek het sommer die vorige aand al ingeboek, want ek was in die omgewing vir besigheid. Nadat ek afgepak het, het ek gaan swem en deur die oord geloop na die winkel en restaurant toe. Daar sien ek ‘n kiosk wat Slush Puppies verkoop, en ek koop toe een, wat perfek werk teen die hitte van die afgelope week. Net daar kry ek die gedagte dat ek een gaan huis toe neem en Suzi verras môreoggend.

Sien, die ding staan so. Sy het my al die wonderlikste warm BJ gegee met koffie in haar mond. Sodra sy die koffie sluk, suig sy my paal, en herhaal die proses totdat die koffie koud is. Ek het toe eendag dieselfde met haar gedoen ... eers tee in my mond gesit, en toe lek ek haar sysagte dosie totdat sy kerm en kreun van lekkerte.

Nou het ek die idee om haar ‘n koue treatment te gee ... eet eers die ys / Slush Puppie, en dan eet ek haar koekie, byt daai lippies en suig haar klit. Soos ek gesê het, sy is ‘n bok vir sports, en sal dit hopelik geniet. So werk ek myself op aan die gedagte dat ek Suzi se goedversorgde, sagte poesie gaan eet.

Die volgende oggend arriveer sy vroeg, en ek het net uit die stort uit geklim en tee gemaak toe sy instap. Wow ... sy het ‘n stywe wit jean aan en ‘n los toppie wat haar ronde borsies so mooi beklemtoon. Ek voel sommer dadelik hoe my voël lewe kry toe sy my soen en haar lyf teen my druk. Ek het net ‘n handdoek om my, en kan elke kurwe van haar teen my voel. Haar stywe borsies druk teen my kaal bolyf en ek laat my hande oor haar heupe gly en druk daardie ferm boudjies nader. Nou het ek al ‘n horing begin ontwikkel en die handdoek staan met ‘n reuseknop voor my en Suzi giggel toe sy dit sien. Kyk, ons al twee weet hoekom ons hier is, en dit is om mekaar te bevredig, omdat dit nie by die huis gebeur nie.

Ek begelei haar na die kamer toe sonder om tyd te mors, en sy sien die glasie Slush Puppie op die bedkassie staan. “Dit is jou surprise,” sê ek. Sy het dadelik geweet wat ek in gedagte gehad het en sy pluk die handdoek van my af. Daar staan ek met ‘n halwe kloppende horing, en ‘n sexy girl voor my wat weet wat ek wil hê. Ek trek die los toppie oor haar kop en staar eers ‘n oomblik na haar mooi borsies in ‘n deurskynende wit bra. Die pienk-bruin tepeltjies druk weerbarstig teen die sygladde materiaal, terwyl al die bloed uit my kop uit na onder toe pomp. Ek het nou ‘n klipharde horing en Suzi streel hom saggies met haar klein handjies. Dis waar wat hulle sê ... ‘n girl met klein handjies laat jou voël groter lyk. (Hehehe.)

Rustig maak ek haar jean se knopie los en trek die ritssluiter versigtig af. Ek sien die randjie van ‘n sagte wit pantie uitsteek. Sy weet ek is mal oor klein en fyn onderkleertjies, maar hierdie gesig voor my maak my mal. Sonder seremonie druk ek Suzi terug op die bed, maak haar bra vinnig los, en rol die stywe wit jean van haar af. Hier voor my lê die mooiste prentjie ... ‘n sexy vrou met lang bene in net ‘n klein wit broekie. My hande bewe toe ek haar klein pantie aftrek en sy lig haar heupe sensueel om haar pragtige klein dosie ten toon te stel. Sy glimlag stout en hou my net dop hoe ek te werk gaan. Terwyl sy my stip in die oë kyk, maak sy haar bene stadig oop, en nooi my nader.

Net daar onthou ek van die koppie tee en vat gou ‘n slukkie. My mond is nou warm toe ek afsak tussen haar bene. Ek druk my warm tong tussen Suzi se lippies in en lek die slootjie tot op haar klit. Sy gee ‘n sug van genot toe ek haar lippies oopmaak terwyl my tong op en af dartel teen die sagte wande van haar poesie. Kort-kort vat ek ‘n slukkie tee (wat nou al koud geword het) en dan begin ek haar weer lek. Net toe die sagte kermpies harder kreune word, en ek sien ek haar oë is toe, onthou ek van die gegeurde ys op die bedkassie. Ek skuif stadig boontoe met soene oral op haar lyf, tot ek by haar volronde borsies kom. Daar kuier ek eers ‘n ruk. Suig en lek die nippeltjies, en werk toe my pad op in haar nek en eindig op haar mond, waar ons hartstogtelik soen.

Ons vat ‘n breek om asem te skep, en Suzi my vra van die Slush Puppie. “Hier kom dit nou, Juffrou,” sê ek met my eerste mond vol van die heerlike tropiese Slush Puppie. Na my mond lekker koud geword het, duik ek weer tussen haar bene in en begin aan haar klit lek. Ek suig al hoe harder en vat weer ‘n mondvol ys. Elke keer terug op haar klit, en elke keer kreun Suzi harder. Met die laaste mondvol ys steek ek my tong in haar koekie se opening en hoor hoe sy ‘n skreeu onderdruk.

Nou is ek so jags dat ek myself kwalik kan keer. Met my rotsharde paal in my hand sak ek op Suzi neer, en druk hom stadig in haar gladde nat dosie in. Sy kreun weer hoe dieper ek my voël indruk, en ons begin ritmies pomp. Met haar warm asem in my nek en sagte kreune in my oor werk sy my so op dat ek amper te vinnig kom. Ek sê vir haar om net ‘n oomblik te stop ... ek wil asem skep. Ons soen eers weer mekaar tot ek voel die opbou van die klimaks het verdwyn.

Daarna begin ek met hernude ywer, en vinnig vind ons liggame mekaar se ritme. Suzi kyk my diep in die oë en ek hoor haar asemhaling harder word. Ek pomp nou ook al harder, want ek kan voel sy begin ‘n orgasme opbou. Die harde asemhaling het omgeskakel na ligte kreune. Die tempo tel op en ek voel hoe ons lywe al warmer teen mekaar druk. Haar kreune word nou onderdrukte gille toe ek ‘n rilling deur haar lyf voel trek. Suzi se orgasme is nou naby terwyl ek my paal so hard en diep moontlik in haar sagte lyfie instamp. Met een laaste gil gaan haar liggaam oor in spasmas, en sy gryp my styf vas. Vir ‘n oomblik voel ek haar naels in my rug, maar sy los weer vinnig.

My eie klimaks het weer begin opbou uit my tone uit. Stadig, terwyl ons nou hard en dringend pomp, kruip dit teen my kuite en in my rug op. Ek weet ek kan nie langer uithou nie en gee een laaste harde stamp. Die damwal bars hier binne-in my eiers, en ek spuit my saad diep in haar warm grot van genot.

Uiteindelik kom ons in mekaar se arms te lande, en lê ‘n paar minute so, totdat ek hoor hoe haar hartklop begin bedaar. So lê ons woordeloos vir ‘n paar minute en waardeer net mekaar se nabyheid.

Na ‘n paar minute se rustigheid begin ons weer gesels. Sy draai op haar sy na my toe, en ek op myne en so verwyl ons die minute terwyl ons na mekaar toe kyk en gesels. So rukkie later staan ons albei op en stap sommer so kaal terug kombuis toe vir iets om te drink. Suzi verskoon haarself en gaan stort en ek gooi koeldrank in. Op die ingewing van die oomblik besluit ek om haar koeldrankie badkamer toe te vat. Sy het die deur oop gelos en ek sien haar sexy silhoeët agter ‘n glasstortmuur wat toegewasem is. Sensueel smeer sy haar slanke lyf seep en vir ‘n oomblik staar ek net na die toneel hier voor my, asof dit in ‘n fliek is.

Suzi moes my die heeltyd gesien het, want baie verleidelik sê sy: “Kom in ... die water is lekker.” Ek laat my nie twee keer nooi nie en maak die glasdeur oop, en word verwelkom deur ‘n blinkgladde nat lyf en ‘n groot glimlag. Kyk, die girl is “hot”, en sy weet hoe om ‘n man jags te maak. Suzi steek haar arms na my uit toe ek in die stort klim, en ek gaan staan styf teen haar. Die water spoel nou oor ons al twee en ek voel die seepgladde kurwes van haar lyf teen my. Ek maak sommer die sjampoebotteltjie oop en begin om haar blink nat lyf te smeer. Ons monde vind mekaar in die stortvloed van water terwyl ons hande liggies oor mekaar se lywe speel. Sy vat nog seep in haar handjies en begin my voël masseer met die verskoning dat sy hom was. Onmiddellik is daar reaksie in my onderlyf, en ons raak al twee bewus van die onskuldige junior wat nou kloppend verander in ‘n monster van ‘n horing.

Opgewonde sê sy: “Lyk my jy is reg vir ‘n tweede ronde.” Ek is self opgewonde oor die vinnige herstel, en stel voor dat ons weer kamer toe gaan. Laggend stap ons kaal terug kamer toe en speel met mekaar die heelpad. Die gevolg is dat ek nie my ereksie verloor het nie, en ek klim sommer dadelik op die bed. Suzi is nog heerlik nat van die stort, want ons het nie eers gebodder om af te droog nie. Sy kom klim op die bed by my met die koppie Slush Puppie wat nog steeds langs die bed op die kassie staan. Ek het al vergeet van die goed!

Ondeund vat sy ‘n mondvol van die sagte tropies-gegeurde ys terwyl sy onderlangs vir my loer. Ek weet onmiddellik wat kom toe sy oor my buk en my klipharde paal in die een hand vat. Sy maak haar mond net effens oop sodat die ys nie uitval nie, en begin my te suig ... Wow, wat ‘n sensasie na die warm stort. Eers die koue tong, toe word dit al warmer in haar mond soos die sagte ys smelt, en dan die hitte van haar keel as sy al hoe dieper ingaan op my voël. Suzi herhaal die proses so ‘n paar keer tot ek dit nie meer kan hou nie. My hande is oral oor haar lyf terwyl ek kort-kort ‘n paar vingers oor haar pragtige klein dosie laat gly, en ek voel hoe nat sy van binne af geword het.

Dit was tyd vir ronde nommer twee toe ek haar omdraai en bo-op haar klim. Gretig maak sy haar bene oop, en vir ‘n oomblik sien ek haar binnelippies blink van die liefdesappe. Vir ‘n tweede keer die oggend druk ek my polsende paal in haar sagte dosie. Sy gee ‘n heerlike sug toe ek die volle agt duim tot diep binne-in haar laat sak. Sy ontmoet my met haar heupe wat nou op en af beur, terwyl ons mekaar se liggame vind. Die tweede ronde hou mos altyd langer, want die sakkies is mos nou leeg en die dringendheid nie meer daar nie. Vol selfvertroue dat ek nie gou gaan kom nie, maak ons liefde vir enkele minute lank, totdat ek haar sexy kreune weer begin hoor. Dit por my aan en ek begin al vinniger en harder pomp. My arms word lam, maar ek gaan nie nou my ritme of posisie verander nie. Suzi kreun nou met elke asemteug, hard en onbeheers. Haar bene klamp styf om my heupe toe ek ‘n ligte siddering deur haar lyf voel stroom. Die pragtige stywe borsies bons prettig op en af, in tyd met ons ritme. Skielik hou sy op kreun. Met haar oë styf toe lyk dit of sy asem ophou ... toe ontsnap ‘n gil uit haar keel. Haar klimaks hou ‘n rukkie aan, want ek hou nie op stoot nie, en elke beweging laat haar snak na haar asem.

Sy maak haar oë oop en smile vir my. Ek onthou hoe haar glimlag my aandag getrek jare terug ... en hier lê sy nou onder my met dieselfde smile.

Ek het nog nie weer gekom nie, maar hou net sagkens ons ritme aan die gang. Suzi vra of ons kan omdraai, want sy wil nog doggy-styl ook doen terwyl ek nog hard is. Dit is natuurlik een van my gunstelingposisies met haar, want sy het lang bene en ‘n pragtige “gap” tussen haar bobene en boudjies. Sonder seremonie trek ek my glibberige voël uit haar uit, en sy draai om en gaan lê met haar kop op die kussings en heupe in die lug. Vinnig neem ek posisie agter haar in en verstom my eers aan die mooi toneel. Haar boudjies wyd uitmekaar, en ‘n glimmende nat dosie met lippies wat opgeswel en oopgevlek staan en wag vir my.

Dadelik staan ek nader en laat glip die monsteragtige pers voëlkop in haar poesie. Weer sug sy al kreunend toe ek my paal diep in haar instamp. Haar heupe druk parmantig hard terug teen my voël, en ek voel ek is nou baie diep in haar. Die gevoel is oorweldigend en ‘n klimaks bekruip my weer vanuit my bene. Dit laat my vinniger pomp toe die hoendervleis teen my rug opkruip. Ek probeer nie eers terug hou toe die klimaks my oorval nie, en gee my net oor aan die oomblik. Onophoudelik spuit ek my sappe tot diep in haar sexy dosie. Dan hoor ek ‘n onderdrukte gil uit die kussing kom. Sy het waaragtig nog ‘n orgasme gehad!

Hierdie keer het ons onsself oortref. Bewerig gaan lê ek op haar rug toe sy haar bene laat sak met my voël nog steeds in haar. Uitasem lê ons ‘n rukkie so in die nagloei van ongelooflike seks.

Hierdie girl is “one of a kind” en ek voel so ongelooflik bevoorreg om haar as ‘n skelmpie en beste vriendin te hê.

The post LêNet: Slush Puppie “treatment” appeared first on LitNet.

LêNet: Losieshuiskaskenades

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Ek skrik wakker met ’n skok. My alarm het nie geraas nie. O hel, ek is laat. Verward wil ek opspring uit die bed uit toe ek tot my groot verligting besef dis Saterdag en ek het nie klas nie, ag dankie tog.

Verlig lê ek terug op my kussing. My gedagtes jaag deur my kop en in die stilligheid bloos ek, want gisteraand, ja gisteraand, was so, so ... hoe sal ek sê? ... goed.

Ek was vroeër gistermiddag op pad terug na ons losieshuis toe na klas toe ek Jaco, my goeie vriend en medeloseerder en ook student, se stem agter my hoor.

“Hallo Hess, waarheen haas jy?” vra hy met sy kenmerkende ondeunde laggie.

“Huis toe, waarheen anders,” sê ek en glimlag terug. Hy is werklik ’n gawe jong man, goeie vriend, altyd bedagsaam en vriendelik.

“Kan ek saamstap?” vra hy.

“Hoekom vra jy, wil jy iets van my hê?” spot ek.

“Nee jong – ek bedoel ja; ek wil jou iets vra,” stamel hy effe. “Wil jy nie vanaand saam met my na die hokkieproewe gaan kyk nie? Dis die proewe vir die finaal. ‘Seblief man, ek wil nie alleen gaan nie; sê ja, toe.”

Ek kyk na daai mooi oop skoolseuntjiegesig met die ondeunde glimlag en kan nie anders as om te vermurwe nie. “Ja, dit sal lekker wees,” sê ek.

“Yes!” sê hy en spring in die lug van pure stuitigheid. Van die ander studente wat verbyloop, lag vir hom en spot met: “Het jy gescore my ou?”

“Hoe laat begin dit?” vra ek.

“Vyfuur” sê hy. “Ons behoort so sewe-uur terug te wees.”

Ons stap aan en hy bly babbel oor die hokkie en die proewe, die spelers die eindstryd, die trofee en als. Ek kan sien dat hy baie opgewonde is oor die wedstryd.

Ek stort en trek ’n korterige wit rompie en T-hempie aan met wit sokkies en my drafskoene daarby.

Later die middag kom hy my haal en ons stap na die hokkiebane toe, waar die spelers reeds op die baan staan. Die fluitjie blaas en die spel begin. Studente skree luid en moedig hul spanlede en gunstelinge aan en die atmosfeer is feestelik. Doele word aangeteken en nog meer luide toejuiging volg. Jaco is soos ’n stout kind. Hy spring op en af, skree en moedig aan dat dit nie snaaks is nie.

Die wedstryd is verby en ons stap saam terug losieshuis toe. Jaco is steeds opgewonde, want sy span het gewen. Op pad steek hy vas en vra: “Kom ons gaan doen iets lekker vanaand, waarvoor is jy lus”?

“Em, em, ek weet nie,” stamel ek. “Wat van fliek of iets?”

“OK, dan kry ons sommer ’n burger of iets te ete voor die tyd, nè?” sê hy.

“Reg met my,” sê ek.

By die huis verklee ek en trek ’n mooi wye romp aan met ’n effe laehals-bostukkie. My borste is nog jonk en baie ferm, so, soos baie ander meisies dra ek nie graag ’n bra nie. Dis lekker warm so ek hoef nie ’n trui of iets saam te vat nie.

Jaco klop liggies aan die deur toe ek nog besig is om bietjie grimering aan te sit. “Dis oop,” sê ek en hy kom sommer in. Hy kyk my op en af en glimlag weer daardie glimlaggie van hom.

“Jy lyk ... em ... amper eetbaar,” skerts hy. “Kan ek maar bietjie proe?” Hy stap ook sommer nader en omarm my en soen my op my rooi mondjie. Die soen duur bietjie langer as wat dit bedoel is en net voor my hart te vinnig begin klop, staan hy terug met: “Sjoe, dit smaak heerlik,” en weer die glimlag.

“Ag toe nou jy,” vermaan ek kastig kwaai. Ek kyk een laaste maal in die spieël en ons verlaat die kamer.

Die voordeel van hierdie universiteitsdorp is dat mens nie juis hoef te ry waar jy wil wees nie, so ons stap deur die strate tot by die vermaaklikheidsplekke. Ons koop ’n burger by die wegneemeetplek en gaan sit op die bankies buite en eet klaar. Ons skerts en lag en meng met ander studente tot die fliek begin.

Ons kry sitplekke redelik agter in die fliek naby aan die muur. Dis ’n aksieprent en baie opwindend. Ek gryp kort-kort aan Jaco as dit te erg raak. Ek kom later agter hy sit sy hand om my skouers en hou my beskermend vas. Dit voel goed en ek raak ook rustiger.

Skielik raak ek baie meer bewus van sy teenwoordigheid hier teen my. Ek kyk half skamerig in sy rigting en voel die blos op my wange. Ek is half dankbaar vir die skemerte van die fliek, anders sou hy dit sien. Hy merk dit op in die halfskemer en op die ingewing van die oomblik soen hy my weer. Hierdie keer is sy soen met baie meer passie as vroeër in my kamer. Sy een arm trek my stywer teen hom aan. Ek voel sy tong in my mond. Ek soen terug en ook met vurige passie. Ons tonge baklei teen mekaar. Dan in my mond en dan in syne. Ek gryp hom vas en kan my emosies skaars beheer. O hel, iets is besig om met my te gebeur en ek weet nie wat dit is nie, maar dit voel heerlik.

Skielik is daar ’n harde slag in die prent. Ek skrik dat ek wip, want ek het dit nie verwag nie. Dit breek ook ons omhelsing. Ons giggel en ek lê met my kop teen sy bors en voel ’n heerlike warmte binne my. Is ek besig om verlief te raak, wonder ek. Ek was nog nooit verlief nie, maar dit voel dan nou reg. So sit ons amper inmekaar tot die prent klaar is en ons moet huis toe gaan.

Dis weer die gewone roesemoes tot almal uit is in die buitelug. Ons kies koers huis toe, baie meer bewus van onsself as wat ons hierheen was. Ons is ook nie meer so uitgelate nie, val dit my op. Ons gesels nog, maar dis of daar ’n ander “vibe” is tussen ons. Soos ons stap, voel ek sy hand soek-soek myne en ek bied dit vir hom aan en weer voel dit reg. By die losieshuis gekom, stap ons nog saam die gang af na ons kamers. By my kamer stop hy en sê: “Baie dankie vir die lekker aand.” Hy buk af en soen my weer, liggies, om nag te sê.

Ek voel iets kom kort in hierdie aand. Ek kyk in sy oë en sien daar is ’n verwagting daarin. Ek tree terug by die kamerdeur in en trek hom saam. Effe verbaas kyk hy vinnig op en af in die gang voor hy inkom en die deur toemaak.

Die huis is stil. Die twee sussies wat saam met ons loseer, is nog nie tuis nie en die tannie-hulle slaap in ’n ander vleuel van die huis. Die straatlig skyn in my kamer in, so daar is genoeg lig, daarom skakel ons nie die kamerlig aan nie. Opnuut gryp ons na mekaar. Jaco soen my dat my tone krul en ek beantwoord sy soen met alles wat ek het. Ons albei se harte klop teen versnelde pas en ons asemhaling is vinnig en warm in mekaar se monde. Ons is vasgevang in ons omhelsing en ek voel Jaco se hand van agter my rug af vorentoe beweeg, oor my skouer en af tot dit my linkerbors omsluit. Op daardie oomblik voel ek hoe my tepeltjies albei baie hard word en ’n soort van lamheid in my lende. Ons soen raak al vuriger, nes ons asemhaling. My hart klop dat dit voel asof dit uit my bors wil spring en my ore suis. Ons hande klou en vryf en ons lywe wriemel teen mekaar. Jaco druk my styf teen hom aan en soos die vorige keer voel ek sy hardheid teen my. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit voel dan effe natterig ook in my koekie.

Gedagtig aan ons vorige ondervinding speel dit weer helder voor my af en ek wil weer daardie gevoel beleef. Daarom laat ek Jaco begaan toe hy begin om my bostuk van onder oor my kop te trek. Ek is nou so jags dat ek myself nie kan keer nie en ek wil ook nie. Hierdie gevoel oorweldig my en ek wil dit nie stop nie. Hy gooi my bostuk op die bed neer en plaas sy hand op my kaal bors terwyl hy my steeds vurig soen. Hy plaas ook sy ander hand oor my ander bors en vryf en masseer albei. Dit laat nog meer adrenalien deur my vloei en dit voel of my ore sing daarvan. Ek begin om sy hempsknope los te maak. Ek wil sy klere van hom afstroop, maar wil dit nie skeur nie, al voel dit so. Alle knope is los en ek trek sy hemp uit en gooi dit ook op die bed.

Ek raak sy kaal bolyf aan met my vingers en voel die warm vel onder my vingers. Ek sak af voor hom en begin sy broek se band losmaak. Ek wil hom kaal uittrek ek wil nou kaal saam met hom wees. Ek kan nie gou genoeg maak nie en toe sy broek grond toe val, kan ek in die skemer die hardheid van sy manlikheid in sy onderbroek sien. Ek vroetel om sy onderbroek ook uit te trek en skielik spring sy voël voor my op. Ek is nou waansinnig van hierdie gevoel wat my oorval het. Ek gryp sy voël met albei my hande vas en trek dit vorentoe en agtertoe. Ek sien hoe die voorvel die kop ontbloot en weer bedek. Dit maak my mal. Ek stoot hom terug dat hy op die bed gaan sit en druk hom verder plat op sy rug. Sy voël staan regop en is baie, baie hard. Ek neem dit weer in my hande en speel daarmee. Die begeerte om dit in my mond te voel oorval my en terstond sit ek dit in my mond en beweeg my mond oor die kop heen en weer. Jaco kreun, soos een wat pyn verduur. Hy fluister my naam oor en oor en blaas sy asem uit met getuite lippe en dit spoor my aan om hom nog meer genot te gee. Dit voel vir my of ek ook naby aan ’n orgasme is soos ek vir Jaco bevredig. Ek haal sy voël uit my mond uit en kyk daarna. Dis pragtig, dis mooi, ek moet meer hiervan kry, en gaan voort waar ek opgehou het. Jaco krul en kreun, sy asem jaag en sy maagspiere trek saam. “Hess, o hel, ek gaan kom, ek kom ek kom!” fluister-skree hê. Hy gryp my kop vas en kom halfpad regop. Die volgende oomblik ontplof hy in my mond. Weer en weer spuit sy semen in my mond in. Ek sluk en spoeg uit tot hy leeg is. Sy voël bly egter stokstyf in my hande en ek kan die polsing daarvan steeds voel. Die semen loop oor die kop, teen die skag af, oor my hande wat dit vashou en is blinknat in die halflig. Ek proe die souterige smaak van sy semen in my mond en dit proe goed. Stadig maar seker voel ek hoe hy ontspan. Sy maag en skrotum is ’n gemors en dis half lagwekkend. Hy vroetel en vind sy sakdoek in sy broeksak en met ’n “vee af jou mond” gee hy dit vir my en ek vee die ergste af. Hy vat weer die sakdoek en vee homself af. Ek is in ekstase, ek kan nie hierdie gevoel ten volle in woorde beskryf nie.

Jaco gooi die sakdoek eenkant en neem my gesig in sy hande. Die glimlag is weg. Sy gelaat gloei van die emosie. Hy soen my teer op my mond en met ’n “dankie” kom hy meer regop en in die beweging draai hy my so om dat ek nou weer op my rug voor hom lê. Hy buk hande viervoet oor my en soen my steeds. Sy mond beweeg van myne af en hy soen my in my nek af op my bors, tussen my borste en dan sit hy sy een hand op my bors terwyl hy die ander een begin suig. Hy suig liggies aan die tepeltjie, rol dit met sy tong, soen en liefkoos my bors. Dit is heerlik. ’n Gloed spoel oor en oor deur my. Sweet slaan liggies oral op my lyf uit. Hy ruil om en liefkoos my ander bors ook en brei en vryf met sy ander hand oor die ander bors.

Hy beweeg weer verder af oor my maag, my naeltjie en tot teenaan my romp se band. Ek het nog my romp en broekie aan. Hy kry die ritssluiter beet, trek dit af en stroop my rompie oor my bene. Hy vat weerskante aan my broekie en trek dit ook stadig en met grasie uit. Ek is half dankbaar vir die skemerte, want hier lê ek nou nakend met ’n man se gesig ’n paar sentimeters van my privaatheid af. Ek gee egter nie om nie, want ek het ’n vurige begeerte om hierdie aand in vervulling te bring. Ek is gereed om ’n man in my te aanvaar en my te ontneem van wat ek tot nou toe nog as kleinood bewaar het.

Jaco se mond beweeg soos in stadige aksie na my poesie. Toe sy mond dit aanraak, gaan daar ’n skok deur my en ek voel hoe hy sy tong deur my lippies trek. Dit voel heerlik warm en ek voel daardie lamheid weer in my lende. Hy suig aan my kittelaar, soen die lippe, werk met sy tong in en uit in my poesie. Ek wil mal word. “Jaco, Jaco,” kreun ek. “O Jaco, dis so lekker.” Hy suig en soen en liefkoos my daar tot ek later nie meer kan hou nie en met ’n onaardse kreun klimaks ek in sy gesig. Ek ruk en bewe. My maagspiere trek saam en ek klou krampagtig aan die beddegoed vas. Dit hou aan en aan en voel vir my dit gaan nooit stop nie. Uiteindelik bedaar ek. My gesig gloei soos ’n kool vuur en my asem jaag soos ’n maratonatleet s’n.

Jaco kom weer half orent, maar in plaas van langs my, kom lê hy op my. Toe hy op my lê, kan ek voel hoe druk sy voël teen my poesie vas. Hy is weer styf soos vroeër. Hy kyk in my oë en soen my weer baie teer en vra: “Is jy reg hiervoor Hess?” Ek kyk in sy oë en knik net instemmend met my kop. “Sal jy my nie seermaak nie?” vra ek. Hy skud sy kop. Ek is gereed hiervoor, maar tog is daar bietjie onsekerheid by my. “Moet my net nie swanger maak nie asseblief” vra ek. “OK,” sê hy en daarmee voel ek hoe hy sy onderlyf maneuvreer om toegang te kry tot my. Jaco se voël is nie baie groot nie, maar dit is groot genoeg. My poesie is teen hierdie tyd al baie nat, so ek kan voel hoe sy voël se kop tussen my lippies in beweeg. Hy speel met die kop stadig tussen my lippies in en uit, in en uit. Dit voel net so lekker as toe hy met sy mond daar was. “Trek jou bene bietjie op,” sê hy. Ek trek my bene op en kan dadelik voel hoe hy dieper in my ingaan. Weer die stadige, vlak bewegings in en uit. Ek is in ekstase. My hele lyf gloei van opwinding en jagsheid. Ek het nou die begeerte om sy volle lengte diep in my te voel. Ek sit my hande op sy boude en druk hom teen my vas. Meteens voel ek dis asof hy teen iets in my vasdruk. Instinktief weet ek dit is my maagd waarteen hy is. Hy kyk weer in my oë, soen my weer en met ’n vinnige beweging druk hy harder teen my poesie. Meteens voel ek ’n steekpyn. Ek snak na my asem, maar terselfdertyd gaan hy diep in my in met die volle lengte van sy voël. Ek kreun en hyg; ek wil huil en lag tegelykertyd. Ek kan nie mooi onderskei of dit seer of lekker is tussen my bene nie. Al wat ek weet is dat dit nie nou moet ophou nie.

Jaco raak nou meer driftig met sy bewegings. Hy gaan vinniger in en uit en stamp harder teen my. Ek help hom aan deur my bene nog hoër op te trek en ek klou aan hom vas dat my naels in sy vel indring. Harder, vinniger raak sy bewegings en ek voel ek gaan weer kom. Jaco se asem jaag nes myne en hy sweet van die inspanning. “Nou, nou, Jaco,” sê ek, want ek voel ek gaan weer kom. Met ’n “jaaaaa” bars my damwal weer en klou ek nog stywer aan hom vas. Krampagtig soos ’n klein apie aan sy ma klou ek aan hom vas. Skielik ruk hy terug en kom regop. Hy gryp sy voël vas en trek dit vinnig tot hy ook weer kom. Met dieselfde polsende spuite spuit hy dit hierdie keer oor my maag en my naeltjie. Drie, vier keer spuit hy weer tot dit ophou en hy met ’n diep asemteug terugsit en na my kyk. Hierdie keer is die glimlag terug en ek kan ook nie anders as om te glimlag nie.

Hy kom lê langs my, sit sy arms weer oor my borste en soen my weer. “Dankie,” fluister hy, “dit was baie lekker.”

“Dankie vir jou ook,” sê ek, “vir my ook.”

“Hoe voel jy?” vra hy.

“Bietjie seer, maar OK,” sê ek.

Skielik besef ek daar mag dalk bloed wees. Ek spring benoud regop en sonder om te besef ek is nog kaal bekyk ek die beddegoed. “O vrek, Jaco, kyk hier,” sê ek. Daar sit ’n yslike bloedkol op die deken. “O hel wat nou?” wonder ek hardop.

“Kom ons was dit dadelik,” stel hy voor.

“Nee, nee, los dit vir my, ek sal,” sê ek. Ek vat aan myself en kyk – ja daar is ook bloed, so ek sal myself eers moet skoonmaak.

Met al die harwar het ek skoon vergeet my hele lyf is ook nog vol van Jaco se semen. Skielik is die hele situasie baie snaaks. Ek kyk vir hom en hy kyk vir my en ons begin te giggel soos stout kinders. Ek kyk na hom en sien aan sy lyf is ook bloederigheid. “Kyk hoe lyk jy,” sê ek en toe hy afkyk, sien hy dit ook en ons lag van vooraf.

Ons is saam badkamer toe en ’n rukkie later, toe ons skoon is, vat ons die deken en was die bloed uit. Ek sal maar vir die tannie ’n storie moet spin hieroor, want die bloed sal nie heel uitwas nie. Ek hoop maar net sy glo my.

Met hierdie gedagtes steeds in my kop staan ek op en bekyk die deken. Ja-nee, die kol is nog sigbaar, so ek moet begin dink aan ’n storie vir die tannie, Maar my gedagtes gaan weer terug na Jaco en ons intieme aand en in my hart voel ek goed en glad nie skuldig nie. Ek is nou ’n volwaardige vrou.

 

The post LêNet: Losieshuiskaskenades appeared first on LitNet.


LêNet: Verslind

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Hoekom is jou mond so groot?
Want my kind, vanaand gaan ek:
die silwer (al is ek allergies)
die swart kerse
my gunsteling-rubbervoorskoot (kiss the cook)
en die elektriese sondagmes
netjies op die altaar posisioneer
ek gaan jou met gekaramelliseerde komplimente
skrik-raak invryf
ek gaan jou met kraakvars aandag
marineer, sag maak
ek gaan jou met my oë
ontvries, ontbeen
ek gaan jou oor stadige kole geduldig draai
en af en toe proe en
net voor jy gaar is gaan ek
jou kierankies krakerig braai
in die vlamme
ek gaan my bek gretig met jou verbrand
en jou, bliksem! eers laat rus
dan die kerse aansteek
die gevalle musikante oproep
om in hul afguns te getuig
ek gaan met my kloue in jou in vaar
jou senings met my tande verskeur
ek gaan die murg uit jou pype suig
en die res met my kloue uitwurg
met ongeryste brood
die laaste druppel sous
oplek
versadig gaan ek jou lendelam lyk
in die wasbak week
naak in die naglug ‘n sigaret rook
terwyl jy op my herhaal

 

The post LêNet: Verslind appeared first on LitNet.

LêNet: Seks

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

ek het jou legio staaltjies gister buite ‘n kerk opgetel
nie een van hulle vlekvry

ek het jou bruinkroon-tiete gister onder jou altaar uitgeskep
bakhand en morsig

ek het my gesig swart geverf, myself wit geklee
afgesonder, afwagtend op jou

ek het myself gister in jou Woord verloor, verdwaal
ons almal oopbek en skytbang

ek het myself gister met jou pis gesalf
onwaardige ekke

ek het jou poes gister in ‘n loflied gevloek
en vandag gooi ek
maar weer my tien sent
in jou fluweel kollektebordjie
leë totglasies spoel deur jou kerk
jy lig jou hande
jou bruin-kroon tiete
op
jou oë water, glimlag
net vir my, oombliklik
en ek ontvang jou seën

The post LêNet: Seks appeared first on LitNet.

Die beste tyd van my lewe

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dit was 1987. Ek in my tweedejaar op universiteit en op 20 ‘n ferm en fris 85kg hormone! My seksuele ontwikkeling en drange op 'n hoogtepunt! Baie lus maar min geleentheid en meestal one-night stands met gewillige girls wat meeste van die tyd ook net ‘n vinnige spyker nodig gehad het, en soos Robbie Wessels later reg was, meeste van die tyd: "Daar was drank betrokke!". Ek het ‘n reuse lus gehad wat die meeste van die tyd gereeld draad getrek, patykeer drie keer ‘n dag wat met ‘n heerlike orgasme in die stort begin het. Daar was ‘n paar vodde porn-video's in omloop wat gereeld gebruik is.

Toe gebeur daar ‘n amazing ding met my sekslewe. Aan die einde van ‘n maand trek nuwe bure in.  Pa ‘n sakeman, Christa (onderwyseres) en twee dogters. Albei op universiteit maar ongelukkig  in die koshuis en weg van die huis af! Ons ontmoet almal en soos goeie bure is braai ons saam en maak kennis.

Net toe ek dink my kans is weg gaan ek een middag draf en ek loop die ma raak waar sy strekoefeninge doen. Sy was net klaar gedraf en was ‘n amazing mooi vrou. Sy was 42 en in great shape. Baie sport gedoen en aktiewe leefstyl. Sy is fyn en klein gebou en haar klere kleef aan haar lyf en die sweet maak dit nog stywer vasklou. Die hemp waarmee sy gedraf het span styf en ek kan nie my oë afhou van haar klipharde nippels nie. Die twee mooiste ferm, astrante borste.

Ek kan sien dat haar nippels lekker styf is en na ‘n paar keer se loer vang sy my uit terwyl ek staan en kyk. Ons praat oor ditjies en datjies en ek loer weer en sy vang weer my oë dwaal. Die keer is haar glimlag nog mooier. Sy speel saam en strek saam met my en ek het geleentheid om ook haar mooi ferm boudjies te beloer. Die tipe sweetpak is maar dun material en ek kan duidelik sien waar haar panties se lyn is en wonder watter kleur dit is. My probleem is dat ek 'n kortbroek aanhet en gou kan ek nie die klipharde lus meer wegsteek nie. Ek draai en buk en strek in ‘n ander rigting, maar kan nie dit wegsteek nie, en die keer is dit my beurt om haar te vang loer. Terwyl sy weer strek sien ek ‘n geleentheid en staan nader, baie nader. Net toe ek wil kontak maak staan sy effens terug en ek voel hoe sy vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde teen my hardheid druk. Dan draai sy om en begin terug huistoe draf. Ek volg en gou is ek langs haar. Ons het so 1.5km huistoe en ons praat nie 'n woord nie. "Koeldrank by my?" vra sy toe ons ‘n blok van die huis af is. Voor ek kan antwoord sê sy: "Ek is alleen by die huis, die dogters is nog by die koshuis en my man het vanoggend London toe gevlieg."

By die huis aangekom is ons in die kombuis vir koeldrank. My experience met seks is meisies van my eie ouderdom en ek staan en bewe in afwagting. Sy lag en vra my: "Is jy baie onfiks?" Ek lag verleë en sy staan ander en vat my hand. Sy smile en lag dan as sy voel hoe my hand bewe. "Moenie worry nie, dit is nie moeg nie … jy is net vreeslik jags!" Ek voel haar warmte en sy kyk my in my oë. Dan beweeg sy voorentoe en soen my saggies op my wang. Ons kyk weer vir mekaar en dan kry ek ‘n soen vol op die mond en haar warm tong glip in my mond. Ek trek haar nader en my hande vat haar boudjies en ek trek haar nader, voel hoe sy haar onderlyf teen my hardheid druk. Sy soen my mal, haar tong terg my, trek haar nader en tel haar effens op. Kan voel hoe sy na my harde piel soek en sy skuur stadig op en af toe sy dit vind. Ek ek druk my hande onder haar hemp in en voel hoe haar lekker groot nippels kliphard is.

Haar hand vind my deur my klere en sy vryf op en af op die volle lengte en hardheid. Trek haar nader en ek voel hoe haar hemp oor haar kop gaan saam met myne. Sy is fokken perfek! Twee pragtige stywe 34 C’s staan parmantig met twee klipharde "mommy" nipples … Sy is heelwat korter as ek maar ek kan die lus ook in haar oe sien. Ek tel haar op die kombuis oppervlakte en staan tussen haar bene, net op die regte hoogte. Ons soen nog en sy lyk effens verleë maar ek vou haar in my arms en ons soen nog innig en diep. Ek voel sy haar onderlyf nader skuif en ook hoe my punt ‘n nat warm plek op die material tussen haar bene kry en ons skuur al harder en vinniger saam. Dit raak so lekker dat ek bang is ek gaan kom … ek sak op my knieë en trek die sweetpakbroek uit en ek kan haar warm natheid voel. Sy het ‘n amazing sexy rooi panty aan wat sopnat en donkerrooi is. Ek trek die broekie uit en ek sien die eerste getrimde poesie, skoon geskeer maar met so stoute strepie in die middel. Ek het nog nooit so skoon geskeerde poesie gelek nie maar sy trek my kop tussen haar bene en ek lek haar soos ‘n pro! Ek lek en suig en dan voel ek haar dat sy begin kom ... sy knyp my kop in 'n klem vas dat ek niks anders kan doen om te lek nie ... die wal bars en ek is verras met die "geweld" van haar orgasme! Sy trek my nader en haar tong is warm, en soekend … "Naai my hard, asseeblief!" smeek sy. Ek is nog besig om te dink aan ‘n kondoom maar sy verduidelik dat sy op die pil is. Sy is net op die regte hoogte en ek trek daar nader en glip in haar nat warm jagse getroude poesie in … hemels x 1000! Ek voel hoe ek al dieper inglip en dan sit ek haar enkels oor my skouers en maak kontak met iets amazing … sy trek my nader en kom weer ‘n keer … sy kreun en dan kom ek … Baie baie beter as enige vorige keer … ek kom en kom en kom in so mate dat ek later uit haar uittrek en oor die kas en vloer spuit!  Ek sal my eerste warm nat jagse geskeerde vroulike lus in my lewe vergeet nie. Ek het my byna lam geskrik toe sy so kom en kom en kom.

Die lewe was goed vir my … ons reël was as haar man nie by die huis is nie dan trek sy die een gordyntjie in die studeerkamer toe en as ek moet kom speel dan is albei toe! Menige dae van my klas af gekom en dan sommer agter oor die muur gespring. Haar man het die nuuste Hustlers en lekker soft porn van Europa af gebring en ons het lekker saam gekyk en gespeel. Die beste tye was skoolvakansies wat sy deur die dag by die huis was. Ek het dan sommer vroegoggend by haar gaan kuier en ons het die hele dag gespyker.

Ek het gereeld vir haar, haar poesie getrim en dan soos in die nuutse Euro-porn weer net so landing strip te los. Dit het orale seks soveel meer amazing gemaak.Sy het ook daarvan gehou om my te suig en ek kon in haar mond kom!

Verskeie kere het ons kaart gespeel en die verloorder het dan "werk" gekry. Poesie lek was nooit werk vir my nie. Ons het saam geoefen en elke dag ten minste een keer gespyker en binne ses maande het ek ‘n hot lyf gehad. Ek het die Kamasutra seker een keer 'n week deurgedraf en ons het redelik begin kanse vat. Sy het een keer in Woolworths vir my ‘n broek gebring waar ek aangepas het en my daar gesuig tot ek gekom het. Die hottest was toe sy so strepie kom in die hoek van haar mond wegvee met haar hand met die trouring aan. Die vrou wat by die aanpaskamers was was so half verleë toe sy sê dat daar nie eintlik toestemming is vir vrouens by die mans nie maar dat sy darem my ma is.

Dit was moer snaaks vir my maar sy was nie impressed nie. Ons het nooit saam rondgeloop nie en mekaar altyd "raakgeloop". Sy het gedurende vakansies baie keer goed in haar klas gedoen en ons het hard lank en gereeld in die stoorkamertjie gespyker. Rok sonder panties … yummy ... gereeld ... partykeer sommer drie keer op 'n dag by die skool. Onthou dat sy op my gesig gesit het en vir my gelees het terwyl ek haar dan vir ure gelek en geëet het. Haar borste was amazing en ek het gereeld haar 'n titty-fuck gegee en so tussendeur in haar mond in geglip. Daar was seker nie ‘n porno posisie wat ons nie gedoen het nie. Twee keer het ons apart gaan eet in 'n fancy restaurant en op 'n afgespreekte tyd het ek haar daar gekry. Kort sexy swart rokkie opgetrek in een van die cubicles wat ek dan net die g-string opsy getrek het en vol-diep ingeglip het. Ons albei het sommer binne twee minute gekom want ons het mekaar die hele dag al so jags gemaak.

Die Godfather sal nooit weer dieselfde wees nie. Haar man het vir haar die most amazing sexy panties van oorsee af gebring. Een dag was verkeerde tyd van die maand en sy het vir my op die bank laat sit en ek moes vir haar draadtrek, dit was vreeslik hot en net voor ek wou kom het sy haar panties vir my gegee en ek moes vir haar daarop kom. Dit het my net laat spuit en spuit. Baie jare daarna het ek nog sexy panties orals geneem en dan lekker op hulle gekom!

Ons ry gereeld saam rond en sy gee my verskeie handjobs en blow-jobs. Ek speel altyd met haar harde nipples en vinger haar, ons doen dit ook in die flieks.

Die best naweek ooit gaan ons saam weg en bly in ‘n eksklusiewe top privaatwildtuin waar ons die hele naweek sonder klere loop en spyker, eet en spyker, slaap en spyker en spyker en spyker. Op daardie stadium was dit soos in die song ...

Oh, when I look back now
That summer seemed to last forever
And if I had the choice
Yeah, I'd always wanna be there
Those were the best days of my life.

The post Die beste tyd van my lewe appeared first on LitNet.

Hygliteratuur: Reën in die Vrystaat

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Werner sing kliphard saam met sy Toyota 4x4 se radio “Rooirok bokkie” van die Campbells, terwyl hy kou uit ‘n pakkie Egg-fruit Chutney chips van Willards wat hy tussen sy bene vasklou. Hy vat ‘n sluk uit die “bitter lemon”-gegeurde blikkie koeldrank uit die glasiehouer.

Die bande sing amper saam op die teerpad en hy besef dat hy opgewonde voel met sy drie weke vakansie wat voorlê.

Hy’t ‘n ruim meenthuis in Waterkloof, werk vir ‘n IT-maatskappy wat goed na hom kyk. Hy’s 32 jaar oud, mooi gebou (drie maal ‘n week in die gym), bruin-blonde hare en fletsblou oë. Geen vaste verhouding nie, maar gaan graag saam met pelle/pellinne uit op ‘n jol, en as die dice reg val, kry hy soms ‘n gelukkie wat sy bed met hom deel vir een nag.

Sy oog vang groot donker wolke wat opstapel aan sy regterkant en hy trek van die pad af by die eerste rusplekkie.

Hy klim uit en gooi die leë chipspakkie en blikkie in die beton asdrom en gaan sit op die bankie en teug aan ‘n sigaret.

Die lug raak nou donker met die storm wat opsteek en hy nip die sigaret en gooi dit in die asdrom en spring terug in sy 4x4.

Toe die gruisklippies spat soos hy weer wegtrek, speel die radio gepas “Kaalvoet in die reën” van Sonja Herholdt.

Binne sekondes verander die groot spatsels reën op die voorruit na hewige reën wat neerstort. Selfs met die ruitveërs op vinnige spoed en hoofligte aan moet hy vorentoe leun om te kan sien en hy verminder ook spoed. Die weerlig en die donderslae speel hulle eie simfonie in die buitelug.

Meteens sien hy ‘n Toyotatjie langs die pad en iemand langs dit wat op en af spring en waai met die arms om aandag te trek. Hy trek af, maar voor hy kan uitklim, verskyn ‘n gesig by sy kantruit. Hy vee die wasem af met sy voorarm en maak die ruit so halfpad oop. ‘n Vrou (meisie? – hy skat haar in haar 20’s) staan daar in ‘n kort, pers-op-wit geblomde, deurdrenkte somersrokkie en is kaalvoet en wil net begin praat toe hy vir haar sê: “Spring anderkant in dat jy uit die reën kom!”

Soos sy inskuif is die nat rokkie heeltemal opgeskuif en hy sien ‘n welgeskape bobeen en boud voor sy regop kom en die deur toeslaan terwyl sy terselfdertyd haar sliert kuiwe uit haar oë vee en vir hom kyk.

Sy het groot amandelbruin oë, ‘n wipneusie en twee vol lippies wat pers om die hoeke is van die koue reën. Die rokkie kleef aan haar en hy sien twee harde bultjies op haar vol borste (sy het ooglopend nie ‘n bra aan nie). Sy’s vir hom beeldskoon en hy besef skielik dat hy besig is om kliphard te word in sy kortbroek!

“Relax nou en sê my wat’s fout en hoe kan ek help. Ek’s Werner.” Hy steek sy hand uit.

Sy gryp sy hand styf vas met albei hare en stotter “D-d-ankie dat jy gestop het, hoe kan ek jou ooit vergoed?”

“Los dit vir later, nou moet ons die naaste garage kry, jou droog kry voor jy siek word, OK? Waarheen is jy op pad? Hoe lank staan jy al hier? Is jy honger?”

Hy sien hoe sy haar hande wring op haar skoot. Sy’t nou al twee haar bene onder haar ingeskuif op die sitplek en die rokkie het opgeskuif tot by haar koekie (swart g-string wat wys). Die punte van haar borste staan nog steeds parmantig uit in die rokkie wat net met twee toutjies oor haar skouers die rok bo hou.

Hy buk na agter die sitplek en kom vorentoe met ‘n Stormers-kerjakker en ‘n handdoek. Hy besef dat hy nou byna ‘n vol ereksie het wat uit sy kortbroek wil klim en hy merk dat sy dit moes raakgesien het toe sy haar oë vinnig lig met ‘n glimlag toe hy die baadjie om haar skouers wikkel en die handdoek op haar borste neersit en sê: “Kry jouself droog as jy kan – ons gaan nou ry.”

Met dié dat hy die 4x4 weer aanskakel en wegtrek, druk hy met sy een hand op die kortbroek tussen sy bene om die ereksie te laat bedaar.

“Ek is Sandy, ek is vrek honger en ek het al ‘n uur gestaan voor jy genadiglik gestop het. My karenjin is morsdood, ek dink hy’t sy gat gesien …. E-ek wee-et nie waarheen … [snik] ... ek gaan nie.”

Hy kyk vinnig na haar en sien hoe die trane oor haar wange stroom.

Soos hy sy hand op haar bene sit en ‘n drukkie gee, kyk sy op, maar gluur deur die reën by haar ruit uit, terwyl sy die trane ergerlik afvee en die nat krul uit haar oë veeg, haar ken lig, en die handdoek op haar borste gryp en haar hare dringend begin droogvryf.

Met haar kop verberg onder die handdoek, kan hy vrylik kyk hoe die pragtige tieties rondskommel saam met die bewegings.

Bliksem, sy maak my jags ... Bedaar Werner, bedaar, sê hy vir homself.

Op daai oomblik sien hy ‘n bordjie na links: “Garage/Kafee en Rondawels – 200 meter”.

Hy trap rem en swaai bykans onmiddellik af. Sandy gee ‘n gilletjie en sê: “Wat nou?”

Hy lag en antwoord: “Nou gaan ons eet, droog word … (kyk op sy horlosie) en rus. Dis al flippen vieruur!”

Die enkele brandstofpomp staan voor ‘n kafeetjie met twee aangrensende rondawels. Die reën giet nog steeds neer.

As hy stilhou kom ‘n swart man met sy kop onder ‘n swart plastiekvullissak aangehardloop.

Hy maak die kantruit halfmas oop en vra: “Baba, is die mechanic hier en is daar ’n rondawel oop?”

“Morena, hy kom eers after six. Daar is 'n rondawel oop, number 1 (hy wys na die naaste rondawel). Die sleutel is aan die binnekant van die deur.”

“Dankie Freedom (naamplaatjie op sy bors), sy sal soontoe gaan terwyl ek kom kyk watse kos het jy.”

“Moet ek jou aflaai?” vra hy vir Sandy.

“Nee wat, ek hardloop sommer gou, kry jy kos en koffie.”

Sy spring uit en hardloop deur die plasse en reën na die rondawel toe.

Hy klim uit en drafstap in die winkeltjie in.

Die voorraad is uiters vars en divers vir so ’n klein winkeltjie in die middel van nêrens en hy koop vars broodrolletjies en verskeidenheid koue vleis. “ Maak julle koffie hier, Freedom?”

“Baie lekker plaaskoffie, Meneer. Ek sal kamer toe vir jou bring met melk en suiker apart en bietjie botter vir die rolls.” Hy glimlag goediglik.

“Dankie Baba, hier’s R100 … jy kan die kleingeld hou. Moet ek vir die rondawel ook betaal?”

“As julle gaan oorslaap dan kan ons more geld vat. Baie dankie Morena!” Die tandlose mond lag breed.

Hy stap uit en hardloop rondawel toe, want die reën val nou met mening.

Met die inkomslag skop hy die deur toe agter hom en sit die kos op ‘n lessenaartjie neer aan sy regterkant en stroop sy nat hemp oor sy kop. Hy neem die keurige rooiswart gordyne met bypassende duvet oor ‘n dubbelbed waar, en die wynrooi volvloermat. Daar is ‘n kapstok aan sy linkerkant waar ‘n kort wit handdoekstofkamerjas hang met “His” in swart gemerk op die linkerbors.

Hy sien twee glasskuifdeure aan die agterkant net toe een met ‘n wirrr oopskuif en Sandy uitgestap kom. Sy het “Hers” om haar lyf geknoop en die hare in ’n wit handdoek gekopdoek op haar kop.

Die japon bedek net-net betaamlik en hy sien weer die pragtige bene met ‘n fyn goue kettinkie om die een enkel.

Die lug ruik na jasmyn om haar en die groot amandels kyk na hom en oor hom toe sy blosend sê: “Ek het gou gestort om warmte in my lyf te kry. Ek sien jy’s ook al halfpad uitgetrek.” Haar oë dwaal vinnig oor sy nat skouers en mooi biceps met die six-pack daaronder waar ‘n strepie hare verbreed en in sy kortbroek verdwyn.

“Maak jy vir ons rolletjies, Freedom bring nou die koffie.”

Soos hy die stort oopdraai, hoor hy Freedom by die voordeur en “Lekker rus,” en dan die deur wat toegaan en gesluit word. Hy glimlag met ‘n moontlike vooruitsig, terwyl hy afdroog en sien sy penis is al weer halfpad hard. Dan besef hy dat hy die kamerjassie in die binnevertrek vergeet het en verdomp of hy weer die nat kortbroek gaan aantrek. Hy draai die handdoek om sy middellyf met een knoop en stap uit.

Sandy sit bene gekruis in die middel van die bed en kou behaaglik aan ‘n broodjie. Die onderpunt van die kamerjas is ingevou in haar skoot en die kopdoek is af, maar die een skouer van die japon het afgeskuif en ontbloot amper haar hele melkwit linkerbors met ‘n tatoe van ‘n swaeltjie daarop.

“Kly vir jou blood oppie des,” mompel sy deur die gekouery deur. Die amandels skater daaragter.

Hy stap lessenaar toe en neem ‘n broodjie en ruik die aroma van die vars koffie.

Soos hy omdraai en weer bed toe stap, glip die handdoek van sy lende af tot op die vloer ...

[word vervolg]

The post Hygliteratuur: Reën in die Vrystaat appeared first on LitNet.

Hygliteratuur: Meer reën in die Vrystaat

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Vir ‘n oomblik is die beeld gevries.

Werner staan met ‘n broodjie in een hand en ‘n koppie koffie in die ander, nakend, met ‘n nat handdoek op die vloer voor hom en staar na Sandy asof hy wil verduidelik ... en voel ‘n blos opstoot teen sy nek.

Sandy sit versteen, met ‘n broodjie halfpad na haar mond. Haar japon het aan die linkerkant heeltemal oopgeval en ontbloot haar een volle mooi bors met die wynrooi tepel wat orent spring, want in een oogopslag het sy Werner se pragtiggevormde liggaam gesien en sy beaarde, onbesnyde penis wat soos ‘n dik wit salami tussen sy bene hang ... en sy voel ook ‘n blos wat haar hals verkleur soos sy die jurk weer oor haar ontblote bors trek en die swaeltjie verskuil, en effens verbouereerd haar sit verskuif. Die broodjie het uit haar hand geval.

Hy skud sy kop heen en weer, draai om, vat ‘n sluk koffie en sit alles weer neer op die lessenaartjie (verdomp of hy verder charades gaan speel, dink hy by homself).

Hy draai weer na Sandy en sê: “Luister, ek weet ons ken mekaar skaars, maar met alles wat ons nou al saam deurgemaak het, is ons vriende en ek sal dit graag verder wil neem. Jy’s vir my baie aantreklik en jy is so pas wreed uit ‘n verhouding en ek het geen meisie nie ...” Hy stap nader na die bed, voel hoe sy voël heen en weer swaai, besig om te swel.

Die amandels kyk diep in sy fletsbloues asof sy wil seker maak hy is opreg. Dan lig sy haar op dat sy op haar knieë staan en die japon val heeltemal oop en ontbloot die verruklike borste, die plat magie en die gladgeskeerde bultjie van haar vroulikheid.

“Hou my eers styf vas voor ek jou antwoord.”

Soos hy sy arms om haar vou, rus sy met haar kop teen sy bors en omarm hom styf om sy middellyf.

Hy voel hoe sy voël (nou ten volle styf) platdruk asof dit pas, tussen haar borste. Hy druk haar baie styf en soen haar op haar hare en draai dan haar gesig op na hom en bring sy lippe af na haar mond.

Hulle soen is soekend maar dringend, en hulle tonge verstrengel in mekaar.

Haar hande het afgeskuif en elke hand hou nou ‘n wang van ‘n boud vas en beweeg hulle stadig op en af ... op en af. Sy hande knie en masseer haar skouers.

Dan bring sy haar hande vorentoe en plaas elkeen aan die buitekant van haar borste en begin sy penis, wat nog steeds tussen die borste lê, op en af vryf met haar borste. Elke slag as sy voël opkom en die pers kop uit die voorvel wil spring, lek sy die slootjie van sy penis met haar tong.  

“Uhhhh, uhhh ... sjoe, dis ontsettend lekker, geen lover het dit nog ooit met my gedoen nie,” sê Werner skor.

Sy kyk op na hom en sê : “Ek’s dom met oraal want Antho ... [sug] ... my vorige ou ... wou niks weet daarvan nie. Ek self het dit ook nog nooit ontvang nie.”

Hy vat haar aan haar elmboë en trek haar teen sy lyf op. Hy soen haar op haar voorkop en knibbel aan haar oor. “Kom ons kyk of jy dit laaik,” fluister hy in haar oor. Hy sit sy een hand agter op haar rug en met sy ander hand lig hy haar boudjies en sit haar sagkens op haar rug op die bed neer. Terselfdertyd vat hy een kussing uit onder haar kop en skuif dit onder haar boude in.

Hy kyk ‘n oomblik weer na haar ongelooflike liggaam, dan sak hy af en neem haar een tepel in sy mond en rol dit met sy tong terwyl sy hand die ander tepel met die palm opvryf tot dit stokstyf is. Hy beweeg met sy lippe strelend tussen haar borste af tot by haar naeltjie terwyl sy ander hand nou ook ‘n tepel knyp en streel. Toe sy tong haar naeltjie om en om kielie en hy laer wil sak, voel hy haar lyf ruk en saamspan. Hy stop en loer vinnig op na haar gesig. Haar kop swaai stadig heen en weer, haar oë toe en die mond halfoop terwyl sy vinnig asemhaal. Hy skuif sy arms af en masseer die holtes van haar bekken terwyl sy lippe nou by haar koekie is. Soos hy haar bene nou oopskuif van mekaar, raak hy net met sy tong aan haar koekie voordat sy tong haar binnebeen streel, raak aan haar koekie en oor na ander binnebeen. Hy herhaal dit weer en weer en sit dan sy vingers weerskante van haar spleetjie en sper haar dosie oop. Die binnelippe wys nou pienk en die klit staan regop aan die bokant. Alles glim sopnat.

Hy stoot sy tong stadig op en af in die slootjie en proe haar sap, wat soos heuning proe op dié stadium. Hy sit sy tong vinnig binne-in haar in, maar skuif dan sy lippe op na haar klit terwyl sy een vinger aan die onderkant van sy mond ritmies in en uit beweeg in haar koekie.

Hy voel haar vingers streel oor sy hare en sy skree: “Wat doen jy aan my, jy maak my mal!” Sy lippe rol en rol haar harde klit terwyl sy tong die heeltyd haar klit prik en tintel en sy vinger al in die rondte vinniger in haar koekie beweeg.

“W-w-erner ... ek weet nie of ek meer kan terughou nie ... ek’s baie naby!”

Hy kom regop op sy knieë tussen haar wydgesperde bene en neem sy stywe voël in een hand en sien die prekom op die pers akkerkop blink. Hy sien haar bene bewe en kyk op na haar gesig. Sy staar af na sy penis en haar asem jaag baie vinnig. Hy bly in haar oë kyk en vryf sy voël druk-druk teen haar geswelde klit. “ Asseblieeef, sit hom nou in!” grom sy.

Soos hy dit stadig begin indruk, gee sy kermgeluidjies en dan druk hy hom ten volle in. “Oooooeee!” gil sy.

“Maak ek jou seer?” vra hy en verpoos ... Haar liggaam begin klaar op en af beweeg as antwoord en dit voel asof sy hom vassuig.

“Nee, hy’s net baie groot, maar ek’s mal daaroor ... die lekkerrr oorwin die eina ... move nou saam met my!”

Hy leun vooroor op sy voorarms weerskante van haar lyf en begin saam met haar ritme beweeg ... in ... uit ... in ... uit ... Hy versnel die pas en terselfdertyd begin hy sy voël in die rondte draai in haar soos hy in en uitgaan. Sy eie asem jaag van pure opwinding en hy hoor hoe sy vol skrotum teen haar boude klap.

“W-w-wernerrr ... d-dis sooo lekkerrr ... moenie ophou nie ... aaaa ... aaaa ... Hoe ver is jy? E-e-ek’s bang ek gaan kommm ... aaa ... aaa.”

Hy antwoord soos hy nog vinniger pomp. “Solank jy kom, kom ek ook ... It takes two to tango.”

Hy voel die saad opbou in sy eiers en na sy skag vloei ...

Dan ontplof sy met ‘n gil en haar vingers grawe in sy rug in en haar hele lyf ruk aanmekaar. Haar kop is agteroorgegooi soos sy kreun en gil. Hy skiet sy saad in strome in haar in en voel die warmte daarvan, om sy voëlkop, binne-in haar.

Hy sien sy sweet drup op haar borste, wat ook papnat is van sweet. Hulle gaan nog voort, maar die tempo begin afneem. As hy wil uittrek, druk haar hande hom terug in en sy fluister: “Lê net eers bietjie binne my tot ek tot verhaal kom. Dis ‘n herinnering wat ek suiwer wil wegsluit vir die res van my lewe.”

Hy voel haar vinnige hartklop teen sy bors en hy vee ‘n nat krul uit haar oë. Hy soen haar eers liggies op haar neus en sê dan: “Dankie dat jy jou met my gedeel het”, en streel sy lippe oor hare.

“Ek het nog nooit iets so intens en diep in my ervaar nie. Ek sê ook dankie. Jy’t nie net my liggaam geneem nie, maar ook aan my siel geraak,” sê sy saggies.

Hy voel haar hart klop rustiger.

Hy trek uit en rol op sy rug langs haar. Terselfdertyd steek hy sy arm onder haar nek deur dat sy teen hom lê. Hy sit sy hand amper werktuiglik op haar een bors en vryf die tepel saggies.

Haar hand vou om sy nou sagte penis en druk dit saggies.

“Die reën het opgehou,” sê sy.

Hy glimlag: “Daar’s meer reën in die Vrystaat.”

 

The post Hygliteratuur: Meer reën in die Vrystaat appeared first on LitNet.

Viewing all 43 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>